‘Lesufi wen, maar kinders verloor’

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die grondwethof se onlangse uitspraak teen Fedsas bevestig net weer hoe dié hof getrou sy rol speel as die juridiese regverdiger en bevorderaar van die regerende party se ongenaakbare ideologie van rassetransformasie.

Dit is volgens Christoff van Wyk, bestuurder van die NP van Wyk Louw-sentrum vir gemeenskapstudies. Van Wyk het gesê Panyaza Lesufi se drogredenasie, dat die staat in die beste posisie is om seker te maak kinders wat in armer dele woon, kry toegang tot hulpbronne, niks anders as nog ʼn poging om Afrikaanse enkelmedium-onderwys te laat sneuwel.

“Lesufi en die regerende elite se politieke agenda geniet hoër prioriteit as kinders se behoefte aan gehalte-onderrig in hul gemeenskap. Lesufi se stryd is nie vir beter en toegankliker onderwys vir alle leerders nie, maar teen Afrikaans en haar sprekers. Sy verbete anti-Afrikaanse stryd is niks anders as sosiale ingenieurswese, waar groot getalle kinders teen hul sin buite hul gemeenskap verskuif moet word om die regerende party se ideologie van rassetransformasie te bevorder. Enige ideologie wat ras as ʼn hefboom gebruik om die samelewing te transformeer, is moreel verkeerd en onverdedigbaar.”

Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die NP van Wyk Louw-sentrum, versaak die Gautengse regering reeds jare lank hul plig om genoeg skole in armer gebiede te bou. Volgens Langner steun die NP van Wyk Louw-sentrum die noodsaaklikheid daarvan dat kinders in arm gemeenskappe uitnemende onderwys in hul moedertaal moet ontvang.

Langner waarsku “met dié uitspraak word nog hekkies in die pad van kinders in arm gemeenskappe, wat reeds talle struikelblokke moet oorkom, geplaas. Die gedwonge plasing van kinders in skole buite hul gemeenskap beteken onder andere dat kinders in arm gemeenskappe ure sal moet reis met onbetroubare openbare vervoer.

“Boonop is daar potensiële aanpassingsprobleme wat nog groter druk op die kinders en skole gaan plaas. ʼn Uitnemende skool in ʼn arm gemeenskap hef die hele gemeenskap op. ʼn Goeie skool skep ʼn gevoel van eiewaarde, eienaarskap en trots in enige gemeenskap. Lesufi ontneem arm gemeenskappe van die geleentheid deur die gedwonge verskuiwing van hul  kinders. Sy beleid hef nie op nie, maar versterk eerder die gevoel van minderwaardigheid en ontoereikendheid waarmee arm gemeenskappe dikwels sukkel.  Sy ooglopende agenda van rassetransformasie vervreem gemeenskappe van mekaar en maak die Gautengse departement van onderwys ontoeganklik vir konstruktiewe gesprek. Lesufi  wen die hofuitspraak, maar kinders verloor.”

Die NP van Wyk Louw-sentrum meen die hofuitspraak gaan lei tot versnelde privatisering van Afrikaanse skole. Die hofuitspraak laat geen ander alternatief vir Afrikaanse ouers wat hul kinders gehalte-onderrig in hul moedertaal wil bied, as om privaat skole te stig nie. Die sentrum meen “die wen-wen oplossing sou eerder wees om as saak van dringende prioriteit doelmatige skole te bou, toegewyde onderwysers op te lei, lui onderwysers wat hul leerders deur swak onderrig benadeel summier af te dank en beskikbare kundigheid van afgetrede onderwysers solank in te span om die kinders in armer gemeenskappe te help. Die Afrikaanse gemeenskap sal voor in die ry staan om kinders in arm gemeenskappe te help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hendrik ·

Ek raak nou moeg vir hierdie outjie se inmengery op funksionele skole. Wat gedoen moet word weet ek nie, maar dat die skole, ouers, Fedsas en Afriforum sal moet vasstaan die volgende paar jaar is ‘n feit. Privaatskole stig is nie so maklik nie en goeie ondewysers moet goed betaal word. Om ou afgetrede onderwysers te kry in die privaatskole is my ondervinding dat hulle eenvoudig net nie die energie en lus het om met die jonges te werk nie.

Leonard van der Dussen ·

Dankie Hendrik dat daar reguit gepraat word oor dringende sake en dat sentiment en opoffering alleen nie voldoende is vir ‘n moderne skoolbehoefte nie. Ons wil immers ons Afrikanerkinders uitnemendheid leer en ‘n voorsprong gee, en nie net ideologies afsonder en dan Afrikaans en Christelik, maar nie weerbaar in die werksplek, laat nie.

Het al oor soortgelyke dinge op saonderwys-blog geskryf http://www.saonderwys.wordpress,com

Leonard van der Dussen ·

Die beweging na privaatskool-opsie is waarskynlik, wat goed is, maar sy eie uitdagings het. Daar is ‘n groot verskil tussen werklike privaatskool wat vir sy eie grond, geboue en al die personeel moet betaal, teenoor ‘n staatskool waar die aanvanklike kapitaalbelegging deur die staat gemaak is in die terrein en geboue, en ‘n basiese personeel se salarisse deur die staat befonds word, en dit kan nie van huidige beheerraadslede verwag word om sommer net so aanpas om bestuurders van werklike privaatskole te word nie.

Daar is reeds opsies beskikbaar, wat wisselend in gehalte en aanbieding is, en elkeen op meriete oorweeg moet word. Die Afrikaanse privaatskoolwese moet verdere momentum kry.

Afrikaners in Centurion kan kom kyk wat doen die privaatskool Laerskool Raslouw (gewone naam, maar heeltemaal privaat), asook Hoërskool Raslouw, op die hoek van Baard- en Witpensstekelstertstraat.

HEVW ·

Inderdaad ongenaakbare ideologie wat alle gesonde verstand en beredenering oortref. n Uiters sensitiewe saak wat die ganse toekoms van volk en nasie verwoestend gaan tref word op n gevoellose gorilla wyse hanteer. Behalwe die negatiewe psigiese gevolge wat dit inhou wanneer kinders met ongelyke vermoeens en lewensstandaarde saam gevoeg word, is die hoe onkoste wat dit gaan meebring ook te bereken.

Disselboom ·

Dit krap Disselboom se hele wa vol vraagtekens dat Fedsas die ding nie sien kom het nie – dis so asof daar ‘n verslae stilte gedaal het na die uitspraak verlede Vrydag – paar tipiese algemene verklarings om skok en teleurstelling uit te spreek, maar geen aankondigings en leierskap nie.

Dit laat dit nou maar vir ons gewone ouens om die sake hier op grondvlak te bespreek.

M'Lady ·

Hierdie man het n haat vir alles Afrikaans en Afrikaner en n hovaardige houding. Hy moet net onthou “hoogmoed kom tot n val”.

Koos ·

Vriende daar is niks wat ons aan die huidige situasie kan doen nie ons sal ons eie instellings moet bou ,Afriforum se bou saam klink vir my die beste opsie maar elkeen van ons sal moet help met die finansiering en werf van nuwe lede totdat ons sterk genoeg is om mense soos Lesufi die middelvinger kan wys.

Theresa ·

Laat hom self die vinger kies – anders is jy voorskriftelik… Ek stem saam met jou.
Dit laat mens sidder om al die onregverdige besluite wat dan op hoë vlak goedkeuring geniet, te sien. Dis skandalig dat hierdie regering en al sy makkers soveel vryheid geniet om bloot voort te ploert.

Andrea van Vuren ·

Nee my vriend. Daar is skole wat hoë standaarde handhaaf. As leerlinge daar wil gaan leer wat Lesufi gestuur het, moet hulle voldoen aan daardie standaarde. Ek voorspel groot uittogte na die eerste kwartaal. Hoop nie hul wil dan daardie skool afbrand nie!

Veritas ·

Hoe gouer die Afrikaner besef dat die totale vernietiging van sy taal, godsdiens en kultuur, die mikpunt van die ANC en EFF is, hoe beter. Die haat waarmee die vyand die Afrikaner haat, word daagliks bewys. Dit is ‘n ou haat wat hulle verteer en hulle denke en handelings irrasioneel maak. ‘n Haat wat nie gaan wyk voordat die laaste Afrikaner vernietig of verdryf is nie. Ons moet ophou om onsself te bejammer en te hoop vir die beste. Die tyd vir daadwerklike aksie is hier. Hoe ons dit gaan doen, bly ‘n ope vraag maar laertrek gaan nie werk nie. Deur dit te doen, isoleer die Afrikaner homself en maak sodoende ‘n makliker teiken vir die vyand. Dalk is die beste opsie die VN. ‘Menseregte’ is mos deesdae die internasionale modewoord.

hans ·

Het verneem dat Onderwysdepartemente het baie skole gesluit het aangesien ouers hul kinders na ander skole oorgeplaas het. Met inagneming van voorafgaande behoort daar op baie plekke skoolgeboue bestaan wat weer ingebruik gestel kan word deur van bevoegde en toegewyde onderwysers gebruik te maak.

Jaco ·

Word wakker mense. Wees bly Afrikaans word met Engels vervang. Dis darem n algemeen verstaanbare taal en dit word wereldwyd gebruik. Wat op aarde sou julle gemaak het as dit met Tswana of Zulu vervang is? Sprekers van daardie twee tale kla nie oor alles met Engels vervang word nie. Meeste organisasies wat so kla oor Afrikaans misken word, se lede en ondersteuners is ook erg wit. Daars bitter min gekla vanaf Kleurlinge wat Afrikaans as moedertaal het. Waarom is net die wit afrikaanssprekendes so dwars? Pas aan en bly stil. Hoe meer ons oor allerhande goed kla, hoe meer gaan ons geviktimiseer word en uiteindelik word ons almal “gestraf“ net omdat ons wit is.

In die ou Turkse Ryk was die Jode sulke “second class citizens” soos wat die wit mense tans in Suid-Afrika is. Hulle mag het op sekere plekke gebly het en hulle mag net sekere soorte werk gedoen het. Hulle is ook anders (dikwels meer) as die Moslems belas. Hulle het eenvoudig hulle lot aanvaar, die beste van ‘n sleg saak gemaak en die meeste van hulle het skatryk geword.

JC ·

Ag nee nie weer jy nie …jack…hou tog asb net jou sinlose opinie vir jouself

Cherokee ·

Jack, iemand in ‘n sielkundige inrigting het dit geskryf en jy het dit gecopy en paste. Dit is die tweede keer wat jy dit nou plak en sal dit verseker weer doen. Maroela, as julle ordentlike kommentare kan verwyder, waarom laat julle jack se storie bly staan? Verwyder dit!

vermeende ·

Dit is julle wit liberaliste wat ons in die gemors het. Emigreer tog net. Aanvaar tog net!
Groei tog n ruggraat.

anne ·

Nou wonder ons hoekom Jaco dan nog afrikaans lees en skryf as hy so voorstaander is vir engels.

Leeukuil ·

Net drie opsies vir ons volkie: ARSO ,CVO of tuis skool. My hart gaan uit na burgers wat nog kinders deur skole moet kry. Sterkte aan alger wat hiermee worstel.

Leonard van der Dussen ·

Daar is meer as net die organisasies: daar is voluit onafhanklike skole – leer ken jou buurt – daar is meer van hulle as wat mense dink. En dis dalk waarin een van die strategiese oplossings lê as daar privaatskole is wat nie in ‘n groep deur die staat aangevat kan word nie. Die Engelssprekende gemeenskap is hier al goed ingegrawe met die “Independent Schools Association of South Africa” (ISASA) wat gesamentlik optree waar nodig, maar nie ideologies ingestel is nie en dus ‘n gesamentlike onderneming van vrye skole is (en sommiges wat selfs bv in die ARSO (deesdae ICO) stal is.

Daar is baie meer as ICO, CVO en tuisskool in onderwys aan die gang. Daar is selfs ‘n vrye Afrikaanse laerskoolkurrikulum (indicato) beskikbaar wat heeltemaal los van die staat staan. Dit hoef nie van Amerika ingevoer te word nie.

Leendert van Oostrum ·

Skole hoef nie aan organisasies te behoort nie. Die aanname is dat sulke organisasies “hulp” verskaf aan skole deur funksies te sentraliseer, ekonomie van skaal, ens. Die teendeel is egter waar. Die organsiasies funksioneer op die ou einde maar net as nog ‘n burokrasie wat in almal se pad kom.

Onderwysers is veronderstel om professionele mense te wees. Dit beteken dat hulle in staat behoort te wees om as onafhanklike praktisyns te funskioneer.

Ongelukkig is daar geen navorsingsresultate wat toon dat kinders wat onderrig word deur mense met onderwyskwalifikasies enigsins beter presteer as kinders wat onderrig word deur mense wat NIE onderwyserkwalifikasies het nie. Ten spyte daarvan dat daar oor verskeie dekades honderde wetenskaplike ondersoeke was om te bepaal of daar ‘n verskil is nie.

Waarop die neerkom is dat ons die ruimte kan en moet skep vir enigiemand wat iets kan doen om dit vir ander te leer.

Ek dink die grootste blok aan ons been is dat ons vasgevang bly in ‘n paradigma wat “skool” assosieer met bakstene. Onderwys is die enigste bedryfsektor wat nie betekenisvol verander het sedert die negentiende eeu nie.

Totdat ons ander begin dink aan onderwys sal ons draf aan die leibandjies wat Mnr Lesufi vashou en stuur soos hy wil.

neelsie ·

Kommunisme i.p.v. demokrasie.
Afrika- demokrasie= kommunisme.
Hierdie gesig bederf my hele dag!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.