Lesufi wil ‘ras-landskap’ van onderwys in Gauteng verander

Panyaza Lesufi. (Foto: Verskaf)

Die Gautengse onderwysdepartement gaan ʼn konsep-dokument uitreik wat ten doel het om die “ras-landskap” van onderwys in Gauteng te verander.

“Ons sal streef na verskillende modelle van skoolopleiding om toegang te bevorder, waaronder die moontlike kampus-skoolmodel waar verskeie skole onder leiding van een skoolhoof sal staan,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, Donderdag tydens sy begrotingsrede in die provinsiale wetgewer gesê.

Lesufi wil hê dat elke skool minstens drie tale vir leer en onderrig het.

“Ons sal gelykheid afdwing ten opsigte van personeelwerwing en leerderprofiele en ook toesien dat al ons kinders alle nasionale gedenkdae vier.

“Dit kan nie wees dat ʼn deel van die huidige geslag dalk nie weet wie Hector Pieterson was nie. Elke leerder moet ten minste al die nuwe nasionale erfenisterreine gedurende hul skooljare besoek het.”

Volgens Lesufi sal die konsep-dokument die weg baan vir ʼn ware “nie-rassige onderwysstelsel” in Gauteng.

“Ek haat rassisme met ʼn passie, maar ek is verslaaf aan nierassigheid. Ons moet nie van stryk gebring word in ons verbintenis om die Suid-Afrikaanse geskiedenis verpligtend te maak vir al ons kinders nie, ook die kinders van die rassiste.

“Of hulle nou in Orania of Ficksburg is; hulle moet leer oor die Boipatong-slagting, hulle moet weet wie Charlotte Maxeke was of Helen Joseph, Beyers Naudé, Steve Biko, Sabelo Phama, Joe Slovo en nog vele meer van ons leiers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Jack ·

Ja glo my ons sal ons kinders vertel van die spul kommuniste en idiote van die verlede.Maar droom maar voort Lesufi.Droom maar voort.

B-Man ·

Terwyl plafonne op swart leerlinge val hou hy homself besig met die snert! Volgens hom het Suid-Afrika in die 50’s ontstaan en is die ANC-geskiedenis al wat kinders moet leer. Hy is #rasmal.

Hannes ·

Sê die grootste rassis in die land. Meskien moet alle kinders ook leer van die Kerkstraat bom, en al die terrorisme van die 80’s, of jou pa nou lid is van uMkhonto we Sizwe of die ANC.

Nie Verbaas ·

“Ons sal gelykheid afdwing ten opsigte van personeelwerwing en leerderprofiele en ook toesien dat al ons kinders alle nasionale gedenkdae vier” Wie en wat dink Lesufi rassis is hy? Moet almal nou hulle standaarde verlaag omdat hy so se?

Jan Seerot ·

…en Piet Retief, die Slag van Bloedrivier, 31 Mei 1961, Paul Kruger, 6 April 1652 en al daardie vervlakste dinge wat weggesteek word. Hoekom die manne wat julle so vereer nie na drie dae weer opgestaan het nie.

quartus ·

Dink eerder die kalant moet n boek vrystel..terroriste vd 20ste eeu,,al sy helde wat hy so opnoem sal daarin wees!

Martie Smartie ·

Grapkas, vir wat moet alle leerlinge van jou nasie se helde leer? Gaan jou nierassige leerplan verseker dat almal ook leer van Boerekrygers en Boere geskiedenis? Nee. So jy is ‘n rassis.

Fran ·

Geen regdenkende mens kan kommentaar lewer op sulke dwase uitsprake nie.

DIABLO ·

JY, Lesufi is die grootste rassis! My kinders moet leer van die slag van Bloedrivier, die Groot Trek, Geloftedag, die Anglo Boere-oorlog. En ek sal hulle dit met die grootste liefde en passie leer. Loop bou meer skole en laat daardie skole die onmiddelike omgewing se kinders in ag neem. Leer hulle Wiskunde, Wetenskap, Rekeningkunde. Al die vakke wat jy en jou kaders nooit onder die knie kon kry nie. Hou op met jou ras twak! Tsek, man!

Eiervrug ·

Plaas jy die dak regmaak wat op jou Mamelodi leerders ingeval het. Daai is jou werk….

NEO ·

Wonder of hulle Marikana dag ook gaan vier waar die ANC polisie verantwoordelik was vir 34 mense se dood.

Misky ·

Nuwe manier om sy agenda uit te voer en ons afrikaners te vernietig. Ek wil sien dat hulle die slagting en moord van Piet Retief aan die kinders dan ook leer. En die ware gebeure, nie sy opgemaakte leuens nie

Dup ·

n Mens hoor selde iets van die ander provinsies se onderwysdepartemente.Lesufi is egter amper elke dag in die nuus oor sy doen en late in Gauteng.Lyk my die man is baie lief vir die kollig maar hy haat rassisme(lees blanke leerlinge), met ñ passie.Miskien moet die regering vir hom ñ ambassadeurspos in Bapedikosweti aanbied.

Bertie ·

En daar maak hy sommer weer die aanname dat as jy wit is, is jy by voorbaat ‘n rassis. Hoe lank nog voor hy gaan agterkom dat ons nie in sy swart geskiedenis belangstel nie? Ook nie in die geskiedenis soos deur die ANC verkrag word nie.

Samuel ·

Wie is die grootste rassis in die land? Lesufi jy is totaal ras behep. Jou planne gaan nie slaag nie.

Skillie ·

Oor hy n rassis is stem ek saam maar moet nie die klomp kommuniste se planne te ligtelik vat nie kyk hoe is die eerste wereld land in n gemors verander deur hulle

Danie ·

Gaan jy jou kinders leer van 16 Junie 1900, lank voor arme Hector Pieterson, waar die Engelse die verskroeide aarde beleid ingestel het en hoe die Afrikaner volk na niks terug gekeer het en met die eelte op hul hande en bloed op hul klere, alles herbou wat jy vandag as selfsprekend vat en weer stelselmatig afbreek. Waar die Boere nie op n hoop gaan sit het en vinger gewys het en heeldag die Engelse blameer het vir die positisie waarin hul was nie, maar eerder opgestaan het uit die as van hul bestaan en voorentoe beweeg het met n krag en passie wat jy Mnr Lesufi, nooit sal verstaan nie.

Hoekom ·

Ek het nou lekker gelag vir hierdie blinde man…

Hoekom noem hy nie een heldhaftige boer naam wat geveg het teen die einste britse rassiste nie!?

Want hy sien hulle nie raak nie, want hy is ‘n RASSIS…

Ek het in my jonger dae as onderwyser gedien, hierdie nuwe generasie van hom weet nie eers wie was Shaka Zulu, Mzilikazi(Silkaats) of Mansa Musa nie, volgens die ANC het die geskiedenis eers begin met die onstaan van die ANC…

Alexander ·

Wanneer gaan ons ou volkie besef hulle moet vry raak van die staatskole? Iewers sal die Groot Trek uit die staatskole moet begin – dit is nie meer ons skole nie.

Alet ·

Gelukkig het ek my kind self geleer van die Groot Trek, Bloedrivier, Anglo boere oorloë, verskroeide aarde beleid asook die kerstraat bom. Want op skool het hy net geleer van Nelson Mandela en Ghandi. Dit is net so ongelyk. Suid Afrika se geskiedenis het begin toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het en nie toe die ANC gestig is nie.

Jr ·

Ons kinders moet daai kommuniste klasse net eenvoudig boycott.

Kokerboom ·

Staan opsy Ramaphosa hier kom Lesufi. Die man se arrogansie ken geen perke!. As hy eendag van sy houding afval hoop ek hy val op sy IK..Onderwys in Gauteng is gedoem onder die kader..

Pablo ·

So nou is Geskiedenis ewe skielik weer n hoof vak nadat Kadawer Ismail dit in 2000 van die rak af gehaal het. Kan net dink hoe die vak inhou nou lyk en wie die skrywers daarvan is.

koos10 ·

Bou skole en stel dan jou beleid daar op.
Gaan jy die skolewet ook verander, die wet bepaal dat die Beheerligame die taal en toelating mag bepaal.
OF trek jy nou net weer die aandag af van die feit dat jou ANC weereens gefaal het om duisende kinders in graad 1 en 8 geplaas te kry?

Hendrik ·

Soos die foto wys is dit goed as sy mond gesnoer is. Miskien met hy net sy aandag gee aan die disfunksioneel skole in Gauteng. Soos alles sal enige iets wat hy se nie uiteindelik uitgevoer kan word nie want dit is nie in pas met die werklikheid nie.

Pieter ·

Ah Shame, hy voel bietjie afgeskeep en moet nou lawaai maak om weer “in” te voel. Gee die mannetjie tog maar ‘n stokkielekker.

Hein ·

Waarom moet hulle slegs van die swart geskiedenis leer? Leer hulle dan ook van die boere se helde anders is dit rassisme

Ben ·

Ek is seker “Lepufi” is nie heeltemal vyf vyf nie.
Ek wil eintlik nog baaaaaie sê oor die man. Maar bly liewer stil. Ai!!!!!

Anna-Marie ·

Miskien moet Geskiedenis eerder vervang word met Probleem oplossings vaardighede as vak, waar alle kinders geleer en geoefen word om probleme (eie aan elke kind / kultuur) op te los. Al wat die Geskiedenis ons leer is dat niemand uit die Geskiedenis uit leer nie. Hier probeer hy nou iets wat nog nooit gewerk het nie, nl. om iemand te forseer om iets te doen wat hulle nie wil nie en geen doel vir die persoon inhou nie.

Frikkels ·

Hierdie kommunistiese rassis hoort glad nie op die suid afrikaanse politieke landskap nie. Hy moet in kuba gaan praktiseer waar hy al sy verregaande drogbeelde kan gaan uitleef!

Johan ·

Wat bedoel jy? Na covid dictator-counsel is ons 110% kommunisties.

Nie Verbaas ·

“Of hulle nou in Orania of Ficksburg is; hulle moet leer oor die Boipatong-slagting, hulle moet weet wie Charlotte Maxeke was of Helen Joseph, Beyers Naudé, Steve Biko, Sabelo Phama, Joe Slovo en nog vele meer van ons leiers.” Leer hulle terselfdertyd van ANC se korrupsie en diefstal en ook oor die R400 mil wat gemors is deur sanitasie van skole. Leer hulle ook van bomme wat geplant is om onskuldige mense te dood.

quartus ·

Le Foefie is eintlik die grootste rassis in die land Hy haat witmense met n passie.

Hennie ·

Hierdie Soufie nar hardloop nooit uit grappies uit nie! By interpretasie wil hy ‘n wond, waaraan hy aandadig is, met vars rioolwater ontsmet en hoop dit sal ‘n spoedige herstel veroorsaak.

Genis ·

Daar is n paar oplossings… Leer jou leerders maniere en dissipline.. Bou julle eie skole, met jul eie sport, klipgooi, brand stigting, ents… Ek dink dit moet erg wees om vandag saam met hulle in n skool te wees… Die gaping van respek is net te groot….

Johann ·

Die man se insig is werklik vreemd. Terwyl daar voorbeelde is van skole wat uitstekend werk met uitstekende resultate hoe minder hulle van die staat afhanklik is, hoe meer wil hy dit verander.
Wat is die doel van so ‘n persoon in beheer?

Blikkies ·

Hierdie ou moet sy kop laat lees. Ek leer my kinders die regte en korrekte Geskiedenis. Ek verwag nie van hulle om terroriste se name te ken en te weet wie hulle was en wat hulle gedoen het nie. Dit is teen my Christelike Beginsels. Sy stupid plan sal in elk geval nie die rassehaat stop nie.

Witwolf ·

Nogal ” al die nuwe nasionale erfenisterreine gedurende hul skooljare besoek het”! Maak klaar onderskeid! Ek sal graag wil sien hoe die rassis Pancake Lucifer dit gaan afdwing!

Gerhardus ·

So, Lesufi “haat rassisme”? Verkeerd. Hy haat witmense. Hy is self ‘n rassis, wat al verskeie rassistiese dinge kwtgeraak het. Hy het ook al sekere dinge veroordeel, sonder om homself van feite te verwittig (ek verwys ondermeer na die vlag kwessie waar hy dit as apartheid vlag “veroordeel” het, sonder om die hele prentjie te gesien het. En die klas foto debakel wat heeltemal uit verband geruk is). Ek kan aangaan, maar die spasie gaan my nie toelaat nie.

Hulle het ‘n mislukte curriculum en géén plan om die gehalte van onderwys te verbeter nie. Punte word aangepas om die slaagsyfers te verhoog, in stede om beter onderrig te gee. Hy is “obsessed” met die wittes en sal alles in sy vermoeë doen om die blankes te onderdruk. As hy sê dat hy rassisme haat, dan moet hy homself die meeste haat.

Homeschooling en privaat skole is die beste opsie om weg tekom van hulle propaganda en agteraf motiewe.

Saartjievandiebosveld ·

Gaan praat asseblief op ‘n ander plek nonsense. ..

Leeuwyfie ·

‘n Engelse skool moes die kinders na die hector peterson memorial vat. Laerskool kinders wat heel opgewonde was vir die uitstappie het die bus uitgeklim as oulike 12 jariges en die bus ingeklim as rassiste met ‘n openlike haat vir wit onderwysers. Indoktrinasie. Die spreker was openlik haat gevul en het vertel van die sleg witmense terwyl hy stip kyk na die wit onderwysers. Daarna was die kinders nooit weer dieselfde teenoor die wit onderwysers nie. Hulle begin jonk met die kinders en volg die Marxistiese manifes woord vir woord.

Martie ·

Weet die nuwe generasie wie Piet Retief was? Wolraadt woltemade?

Skillie ·

Komende van die grootste rassis hoop hulle leer van Jan v Riebeeck en Piet Retief ensovoorts dan sal daar minder rasiste soos jy wees. Want nou gooi jy klaar die raskaart na Orania en Ficksburg.

Pampoen ·

Die probleem is eintlik dat LePoefie ons nie kan verdra nie.

Bernard ·

Tipiese Marxistiese babbelbek met sy oog op ‘n groter politieke pos in die kleptokrasie.

Nici ·

Die man is so verslaaf aan nie-rassigheid dat hy nie kan ophou praat van ras en ook nie ophou ras eet en slaap nie. Sy lewe bestaan uit ras en die hero’s van sy geskiedenis wat hy noem….. is almal mense wat sy storie vertel. Wat van Piet Retief en Generaal De la Rey? Of is die geskiedenis net tot die voordeel van een ras?

JohanR ·

Is dit nie amper naby die mees useless persoon in Suid Afrika nie?

Madz ·

Vrek nogal nê…. haat rassisme nogal… Could have fooled me….

Anoniem ·

Met die 1994 verkiesing was daar gesê dat almal gelyk is, geen onderskeid meer tussen rasse nie. Op elke denkbare vorm word jou ras gevra, wonder maar net wie haas die rasse stryd aan.

piet ·

Ek dink ‘n derde taal is ‘n goeie idee. Tswana by Affies klink vir my na ‘n blink idee.

Shaun ·

Goed en wel maar ek hoop hulle gaan al die kinders leer van oom Paul Kruger en Generaal Delarey en die geskiedenis wat met ons blanke volk saam kom. Ek sal eenige tyd my kind laat leer wie OR Thambo was en Sharka Zulu maar dit moet altwee kante toe gaan.

Warrior ·

Mooi Lesufi… leer dan d kinders ook d volle waarheid v Nelson Mandela, leer hulle dat sy party en hy inkluis vrouens en kinders dood gemaak het, maar later as held vereer was. Vertel hulle ook v al d ander anc lede wat nog nooit skuldig bevind is van hul dade nie.
Vertel van voor d gebeurtenis asook na d gebeurtenis, d volle waarheid. Rassis!!!

FrikkievV ·

Ja lefoefie, soos altyd kom julle met nuwe bollie idees op elke dag, maar kan die basiese goed ie eers reg doen nie. Karring maar aan die onderwys vir jou groepering is steeds n groot gemors

Jannie van Niekerk ·

Ag vader tpog Liegsufie, JY is an die grootste rassis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.