Lesufi/Kriel-debat: ‘Ek is nie julle vyand nie’

Kallie Kriel en Panyaza lesufi. Foto: Landi Malan

Kallie Kriel en Panyaza Lesufi. Foto: Landi Malan

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het mekaar Donderdag kaalvuis gepak in ʼn openbare debat rakende die toekoms van Afrikaans in skole.

Dit kom nadat Kriel en Lesufi mekaar vroeër op Twitter oor die onderwerp aangevat het. Willie Spies, besturende direkteur van Pretoria FM, het die gesprek gefasiliteer. Nagenoeg 150 mense het die debat bygewoon.

Kriel het gesê AfriForum “wil nie die land of regering oorneem nie, maar poog om kultuur en taal ná 1994 te beskerm”. “AfriForum wil hê alle swart kinders moet óók toegang hê tot kwaliteit onderwys,” het hy gesê.

Kriel het aangevoer dat die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) ʼn groot oorsaak is dat “80% van skole in Suid-Afrika disfunksioneel is”. Hy het hom uitgespreek teen die “mite dat Afrikaanse skole uitsluitlike wit ruimtes is”.

Lesufi het begin deur te sê “we are better off together”. Hy het gesê alle besluite word geneem aan die hand van drie dokumente naamlik die vryheidsmanifes, die Grondwet en die Nasionale Ontwikkelingsplan.

“Ek wil dit duidelik maak dat ek poog om presies die teenoorgestelde te doen as wat Hendrik Verwoerd gedoen het. Dit beteken kwaliteitonderrig vir almal. Ek en hy deel ʼn naam, Hendrik, dis al.”

Hy het verder gegaan deur vir Kriel te vra wie verantwoordelik is vir die feit dat die skole in die eerste plek disfunksioneel is.

Lesufi het die Hoërskool Waterkloof telkemale as ʼn voorbeeld gebruik en gevra waarom maak dié skool byvoorbeeld nie sy sportgrond en -fasiliteite beskikbaar vir ʼn nabygeleë skool in Mamelodi nie. “Wat is fout daarmee? Daardie skool word befonds deur al die mense in die vertrek se belasting, nie net een ras s’n nie.” Hy het verder aangevoer dat “Afrikaners skoolsport in hul eie skole geprivatiseer het”. Kriel het dit ontken.

“Ek is nie julle vyand nie en sal dit nooit wees nie. Ek sal nooit ʼn skool toemaak of teen ʼn skool diskrimineer nét omdat dit Afrikaans is nie. Nooit nie. Ek wil hê álle kinders moet kwaliteitonderrig ontvang, maar jy kan nie ʼn skool hê wat net vir ‘kleinbase’ is nie.”

Die debat het onteenseglik ʼn rassebaadjie aangetrek toe daar deur albei partye vrae uit die gehoor beantwoord is.

Daar is egter besluit dat hoewel die partye steeds nie noodwendig ooreenstem nie, dialoog verwelkom en voortgesit moet word.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Goed om te weet ·

Goed om te weet jy beplan nie om skole toe te maak nie, vergeet die storie van klein base se skool, in alle skole is gemengde rasse wat Afrikaans praat en net Afrikaans wil praat, so is daar die Engelse skole, beide stelsels bied die ander taal as 2de of 3de taal aan, so wat is nou eintlik die probleem. Nee die persepsie is ‘n opgeboude skool het in die nag uit die lig geval en mens hoef dit nie te onderhou nie. Mnr Lesufi ek hou van hoe jy dink, dit is egter nie die aangeleentheid waaraan jy aandag moet gee. Indien ‘n leerling ‘n skool het, het hy ‘n verantwoordelikheid en so ook sy ouer, maak planne, bevorder jou skool en kind. Dit is hoe Waterkloof etc begin is en voortbestaan, daar is baie goeie skole waar gemengde ouers en selfs gemengde pare dieselfde waardes en drome vir hul kinders het en dit gebeur, hoekom, hul werk hard saam en maak planne!!!!! Besoek dit, kyk na hul planne en voed die ander skole op om dieselfde te doen, moenie wag vir iemand, jy gaan jou lewe lank wag!!!!

Concerned ·

Hulle wil ons skole he, maar hulle brand hul eie af? Net sodat ons s’n ook later afgebrand kan word!

Francois le Cochon ·

@Jan. Hulle noem dit die Dunning Kruger effek.

Hendrik ·

Waar is die swart ryk sakemanne soos Tokio Sekwale wat swart skole in Mamelodi kan befonds? Hulle stel eenvoudig net nie belang nie. Hoekom moet daar druk op funksionele skole geplaas word omdat die swart gemeenskappe nie doelwitte het nie. Wat verhoed die gemeenskapsleiers van Mamelodi om by hierdie sakemanne/organisasies aan te klop nie? Hoekom kan die swart gemeenskappe nie die juk van SADOU afskud nie en behoorlike onderwysers aanstel nie? Hoekom kan in daardie gemeenskappe nie genoeg nuwe skole gebou word om die aantal swart leerdes te akkomodeer nie? Is die swart gemeenskappe aan die slaap? Lusufi kan jy nie dink nie? Ons moet nie pa staan vir hulle mislukkings nie! Skole staan julle man!

Josua Keys ·

Mnr Lusufi gaan terug skool toe want jy weerspreek jouself deur te sê jy is nie die afrikaanse skole se vyand nie, nou waarom sal dit jou dan pla dat klein “Basies” soos jy dit stel saamspeel jy verwys na “Wit Kinders” dan erken jy mos in jou eie woorde dat jy en jou regering ‘n bedryging is!!! As daar swart mense in ‘n wit woongebied woon 5KM van ‘n wit skool twyfel ek sterk of hulle daardie kinders nie daar sal toelaat nie maar julle ry kinders met busse na skole aan omdat die skole in jul eie gebiede verwoes word dan het ons mos die reg om ons gebiede daarteen te verdedig, dis ons demokratiese reg. Waterkloof se ouerse het met die skoolfonds wat betaal word asook sport byeenkomste wat hulle met die jare aangebied het vir die skoolgronde en sport geriewe betaal, hou op om te skerm vir jul swakheid en kort sigtige siening van wat julle werklik doen, hou op om skole verniet op te rig en laat die ouers vir die opvoeding betaal kry oures by Mamelodi betrokke sodat hulle vir hul eie skool en sport geriewe kan betaal soos ek reeds genoem het, sodra jy vir iets betaal dan beskerm jy dit ook, duidelik verstaan jul mense dit steeds nie en daarom sal die basies altyd basies bly want julle wil nie leer nie!

m ·

Stem saam jou Hendrik. Jy sal nooit hoor dat hierdie ryk swart sakemanne iets doen vir hulle eie skole nie, maar nee wil eerder die wit skole kom irreteer…… Hulle is te besig om hulle eie skole af te brand….

Gert du Plessis ·

Is die debat iewers op audio of video beskikbaar?

Johannes ·

“we are better of together” – ek glo nie, die realiteite BEWYS dit. Terloops, wat het geword van die reg op vrye assosiasie?

Isabella Carstens ·

‘n Baie belangrike vraag: WAAR is die swart sakemanne en vroue wat hul verantwoordelikheid ten opsigte van “community development” pioneer? Waarom is daar nie swart, privaat “elite skole” nie? Wees deel van die oplossing nie die” probleem” – sogenaamd in hierdie geval.

Klaas ·

Alles war Lesufi sê is maar ñ dekmantel en verskoning om ñ voot in die deur te hou om uiteindelik Afrikaans te breek. Teen DÍE TYD weet ons weet ons nou hoe hulle werk. Ons gaan nie val vir sy mooi praatjiws nie. Tlps, dink hy wit mense sit nie bymekaar in engelse skole nie of swartes bymekaar in gemengde skole nie? Soort soek soort. Lesufi wil net één ding hê: Afrikaans/Afrikaners moet breek. EK HET NUUS VIR HOM: #AFRIKAANSSALBLY !!!!!!!!!!!!!!!!!

Francois le Cochon ·

“Kom ons las vir ‘n bottel wyn. Ek het niks, hoeveel het julle”

JCS ·

Al wat gaan gebeur is dat daar privaat Afrikaanse gaan kom. Al die ander skole, ook Model C skole, gaan staatskole wees. Die staatskole gaan geplunder word en gaan net soos die skole in mamelodie word.
Gaan kyk hoe lyk Pta en Jhb middestede! Almal wou soo graag net in die stede bly. Toe gee ons dit vir hulle, en nou….. Dis die twee grootste rommelhope in die wereld met omtrent 10% heel toilette en geen hysbakke wat werk.

neelsie ·

Dankie Kallie vir wat julle doen vir ons Afrikaners.
Hierdie geval laat my dink aan Dingaan en Piet Retief……….Hoe vertrou mens iemand wat so baie onsin praat….onthou, dis die Anc!!

Loeis ·

Indien swart tale op skoolvlak en universiteitsvlak sedert 1994 uitgebou is (wat nie die geval is nie) sou niemand kon redeneer dat Afrikaans bo ander tale voorkeur kry nie.

Dit gaan egter oor meer as dit. Swart studente gaan gewoonlik in die taal van die kolonialiseerder (Engels) skool, wat bietjie ironies is, en verkies dan om daarna in daardie taal te studeer.

In werklikheid wil hulle:
1) Afrikaans (wat strategies as die taal van die onderdrukker gebrandmerk is) vernietig,
2) blanke + kleuring skoliere en studente dwing om saam met swartes klas te loop (gedwonge rasse integrasie – hoe is dit beter as gedwonge segregasie?).

Joernaliste soos Pieter du Toit probeer om mense te oortuig om die wit vlag te hys. Maar dit is nie ‘n nodigheid nie, dit is wel ‘n keuse, en ons generasie is waarskynlik die laaste een wat dit kan maak. Omstandighede is nie maklik nie: die ANC het die mag, maar jy het regtig verloor as jy ophou met baklei. Gaan nie gebeur nie!

johann cb ·

Francois, ek sit nou lekker en lag oor die bottle wyn! Ek gee sommer vir jou een!
Dan: help my reg – hoekom altyd Verwoerd? Wat van DF Malan voor hom? Waar het dit eintlik begin? Vra maar net!
Ek stem nie noodwendig met één van die here saam nie.
Dalk is alles Oom Jan se skuld…

Kabous ·

Tipies komminusme. Breek alles af. Dis al wat ons oorhet – goeie skole…

Theuns ·

Dankie Kalie. Ek is bly jy en AfriForum abdikeer nie en glo nie hulle lieg stories nie!

John ·

Swart ouers hou baie van dit wat wit Afrikaanssprekende onderwysliggame en skoolrade tot stand bring en sal hul kinders van ver aanry om in sulke skole onderrig te kry. Jaloesie ken geen perke nie en groei tot daadwerklike aksies om ook ontslae raak van die eende wat die goue eiers le en van die goue eiers. Die plaas van swart Engelse leerders in Afrikaanse skole is ‘n vorm van beleg. Soos plase sonder vergoeding gevat wil word, dws steel, wil hulle die Afrikaanse skole ook nou steel. Miljarde word deur munisipale amptenare verduister enoughenough die swart inwoners word vergoed deur Afrikaanse skole te beset vir geleidelike oorname, andersins bekend as plakkery. ‘n Plakkerskamp word nooit ‘n stad nie, eerder ‘n stat. En skole word uitgebrande hole, soos in die verre noordelike provinsie.

Jan maak n plan ·

Ek sal die sogenaamde LUR ook nie verstaan nie. Dink hy vir een oomblik dat dit altyd vir die skool in Mamelodi lekker en maklik is om hulle sport in Waterkloof te kan gaan doen. Dink hy nie dat dit vir hulle in Mamelodi ook lekker sal wees om hulle eie atletiek en rugby/ sokker veld te he nie. En ek weet hulle sal dit nie oppas nie maar as hulle dit het dan is daar geen verskoning dat hulle nie ook sport kan doen nie.

Johannes ·

Daar is in die apartheids jare ook baie skole en geriewe verniet aan hulle gegee. Maar dit was alles afgebrand in die gees van “liberation before education”.

Makerdush ·

Lesufi = Dingaan. Hy wil alles in sy vermoee doen om kwaliteit en presterende Afrikaanse skole te vernietig sodat hulle ook disfunksionele skole kan word. Verwys na wat in die middel eeue gebeur het toe die Rooms Katolieke Kerk ‘n edik uitgevaardig het dat slegs die kerk Die Bybel mag besit en die kerk die populasie sal vertel wat aanvaarbaar is en wat nie. Die cANCer regering stel nie belang om die skolastiese primer, sekonder en tersiere instellings met die wat wereldklas is, te laat kompeteer nie. Hulle wil alles disfunksioneel hou, sodat die SA populasie al meer ongeletterd raak en dus meet vatbaar raak vir indoktrinasie om die cANCer in beheer van die land te hou. My wekroep aan die minderheids politieke partye in SA: Laat staan en begrawe julle ego’s en werk saam terwille van die mense woonagtig in die RSA .

Valse vrede ·

Ek het ‘n paar regstellings vir die glibberige Mnr Lesufi.
1. Laat ek vir jou ‘n lugfoto stuur van ‘n voor- en na 1994 van skole, soos die arme Waterkloof wat moes deurloop. ONS almal se taks betaal beslis nie vir die wonderlike nuwe astro-hokkievelde, die uitgebreide rugbyvelde en die pragtige koshuis nie. Nee, die GEMEENSKAP van Waterkloof en ook die ander puik Afrikaanse skole het daarvoor betaal, uit harde fondsinsamelingsinisiatiewe en bloedsweet. En ons onderhou dit vir ons kinders.
Iets wat jy wel reg het, is dat ons belasting betaal. Dit kan nie altyd van almal gesê word nie…
2. Waar is jou kinders op skool? En hoekom?
3. Is Afrikaans wat so ‘n minderheidsgroep is, vir jou ‘n bedreiging, en hoekom?
4. Glen High, Willows, Boys High, is voorbeelde van Engelse skole wat net sulke uitstekende fasiliteite en onderrig het, hoekom nie hulle as voorbeeld gebruik nie?

Nee, Lesufi, ek ruik rassis. En dis nie ekself nie….

Maria van Dieweeck ·

Lees ek die grondwet verkeerd ? Se dit dan nie elke kind het die reg tot moedertong onderwys nie? W at beteken dit?

BOU NUWE SKOLE LESUFI!

Genugtig, gee mense werk, leer hul bou. Betaal mense om tronke en skole te bou! Daarna kan hul ten minste werk! Heiooooooo dis nie ‘rocketscience’ nie!

Dan sal ek ook graag wil weet hoekom spandeer hy geld op ‘e~learning` vir sommige skole as ander nie eens skole het nie?!

Skole wat dit wel kry word vinnig by ingebreek, die een na die ander.

EN waar is laas jaar se R2.4 biljoen , wat daarvoor bedoel was?!

Popeye ·

Volgens Maroela se beriggewing dus “skaakmat….” al wat ek net se as Julius Cesar vir sy “eie” met verbasing gese het ” ” et tu Brute” wees baie versigtig oor. Lesufi se woorde…..hulle wil alles, ALLES he! Die EFF is net meer uitgesproke oor hierdie agenda.

Irah ·

Mis ek die punt van model c skole? Ons as ouers betaal dan juis baie meer skoolfonds om ons skole so goed te onderhou en bitter min belastinggeld maak dit tot in die skole se koffers. So dan kan ouers in bv Mamelodi ook seker meer betaal as hulle die ekstra fasiliteite wil hê.

Theo ·

ek kan nie verstaan hoekom hy na waterkloof skool wys en n aantuiging maak dat almal vir daardie skool se sportsvelde betaal, net so betaal ek vir studente se studie lenings. in UNISA op n dag toe ek my gaan inaskryf was daar 15 blankes en tussen 750-800 swart studente, 85% van UNISA se studente voltooi nie hulle kursusse nie. my inkomstebelasting geld het gegaan vir studente lenings, studente wat nie eers toegelaat mos word by diè universiteit. Hy het n slim steling gebruik om verwaring te saai, of dit waar is en of hy dit uit sy duim gesuig het sal ek nie weet.

pasop ·

Pasop, dis die regering se slim streek. Ons kannie handevat met iemand wat n verskuilde agenda het. Hyt klaar sy mond verby gepraat deur te se daar kanie net n skool wees vir die kleinbase nie. Wat presies bedoel hy? En die arogansie het deur te se as iemand in n swart taal wil leer kan ons mos nie verwag dat hy afrikaans moet praat. Hyt klaar vir sy swart maatjies opgekom en sy mond verby gepraat. Afriforum,julle is tops,hoy aan vir ons kinders se toekoms baklei. Hulle wik die jong swart kinders van kleins af leer wies baas in skole en wil al ons skole 51% vol swartes he,dis hulle mikpunt en wil tog so graag hulle kinders in ons mooi skole he,net om spitefull te wil wees dis die rede vir hul eie skole se afbrand. Regering is n klug en kan hul nie vertrou nie. Waar het jy gesien jy kan hande vat met n kommunistiese regering nie. Baie sterkte Afriforum,ons staan agter julle.

Boerseun ·

So hoe nou? Julle kan sekerlik nie geskok en verbaas voel nie. Julle is baie male oor gewaarsku. Kom ons sien hoe lank akademia hierbo gaan hou. Cvo raak betrokke

Rooikop ·

Gaan kyk bietjie hoe lyk dit tans in plekke soos Soweto… Hulle het die duurste winkel sentrums en daar word gekoop asof dit Parys is. Wifi is oral verniet (want ons betaal mos daarvoor). Daar is “elite” clubs wat net vir die rykstes van die rykstes oopgemaak word vir partytjies. Krag en water is verniet. Ai man dis net te lekker! Van armoede is daar maar min ter sprake deesdae… Maar ooo tog, vir die wêreld word dit maar nog steeds voorgehou as die “arme bloedjies wat niks het nie”. Ek wil ook graag weet, waar is al daai ryk ouers, hoekom begin hulle nie hulle eie comunity opbou nie? Hoekom kyk hulle nie heel eerste na waar hulle hul eie kinders kan help nie? O wag, het vergeet…dis makliker om net te vat by ons, en BAIE belangriker om die nuutste blinkste kar te ry en verder worry jy nie of jou kind ‘n toekoms het nie – die wittes sal mos sorg. Ek weet nie hoe staan mens op en kyk jouself in die oë elke dag met so ‘n slap houding nie. Hulle het nou wragtag hulle “ancesters” verruil vir die “geldgod”. En dan wonder hulle hoekom daar nooit voorspoed oor hulle kom nie..

broos ·

gewoonlik is dit die skoolfonds en fonds insamelings wat die sportgronde onderhou….vanwaar die belastingbetalers??? hoe lank gaan dit vat voordat julle toitoi omdat die afrikaanse skole klas in afrikaans gee??? hoe lank gaan dit vat voordat julle ons skole ook afbrand??? kom kyk hoe doen ons dit en gaan doen dit self – jy noem dit dissipline en harde werk, die bakhandjie sindroom werk nie by ons nie

Johan Botha ·

My vraag is, hoekom moet skole soos Hoerskool Waterkloof hul sprotgronde en fasiliteite aan ander skole beskikbaar stel? Word sekere skole dan so voorgetrek deur die staat dat hul meer befondsing kry as die ander skole? Ek glo nie so nie. So as die afrikaanse skole dan nie voorgtrek word i.t.v. befondsing nie en die ander skole kry eweveel befondsing, hoe is dit dan dat die afrikaanse skole soveel meer fasiliteite het as meeste van die ander skole? Is dit nie omdat die geld deur die ander skole nie so “effektief” toegepas word nie? Die staats befondsing vir die skole is maar ‘n druppel in die emmer van befondsing wat skole nodig het. As die ouers nie ‘n verdere bydrae maak nie, dan sal die skole sukkel, maar aan die ander kant, presies hoeveel bydraes kan ouers bekostig as hul 10+ kinders het? So hoekom moet ouers wat verantwoordelik optree t.o.v. die grote van hul gesinne en die finansieele hulpbronne wat hul het boet, vir die ouers se onverantwoordelike optrede deur 10 of meer kinders te he, en in die eerste plek nie eers die finansieele hulpbronne om 2 kinders te ondersteun het nie?

hans ·

News 24 se berig oor die gesprek baie eensydig,omtrent net wat die LUR se uitlatings. Solidariteit en Afriforum moet Naspers/Beeld/Rapport en al die filiale vermy.

Ruby ·

Lesufi, om kinders te dwing om skouers te skuur gaan nie werk nie, dis iets wat van BINNE af kom.

Kinders moet van kleins af dissipline en maniere by die huis leer, julle wil dit nou anders ouers en die skool se verantwoordelikheid maak!

DIT is hoekom sekere skole werk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.