Die EFF is allermins ingenome met die openbare vakansiedag (tydens ʼn vakansietydperk én die dag voor ʼn reeds bestaande vakansiedag) wat pres. Cyril Ramaphosa verklaar het.
“Cyril Ramaphosa het hom op tipiese ANC-manier daartoe verbind om die mense van Suid-Afrika ʼn openbare vakansiedag te gee indien die Springbokke in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk seëvier, en noudat die tyd aangebreek het om sy woord gestand te doen, het hy sy eie beloftes verbreek soos die leuenaar wat hy is,” sê die EFF.
Die party sê 15 Desember val reeds binne ʼn vakansietydperk vir die meeste arbeidsintensiewe bedrywe. Skole het teen daardie tyd boonop reeds gesluit.
“Om sake te vererger, val die 15de Desember voor die 16de Desember wat as die Dag van Versoening in Suid-Afrika beskou word en reeds ʼn openbare vakansiedag is.
“Ramaphosa het op tipiese wyse die golf van die Springbokke se oorwinning probeer ry en homself nou blootgelê as ʼn kansvatter wat sportoomblikke gebruik om homself en die ANC te bevorder deur hulself met leuens in die middel van ʼn sportoorwinning te plaas.”
Die EFF sê ook Suid-Afrikaners moet die president se “valse verskoning” oor die matrikulante wat eers op die eindeksamen moet konsentreer, verwerp.
“Indien hy werklik omgee vir die welstand van die leerders wat hul eindeksamen skryf, sou hy en sy onbekwame regering beurtkrag opskort sodat leerders kan studeer en hulle nie ʼn valse vakansie belowe nie.
“Die leuenaar moet saam met sy pretensieuse vakansiedag verwerp word omdat hy vir die nasie gelieg het en ʼn opportunis is wat nasionale viering uitbuit vir politieke opportunisme.”
Die EFF is nie die enigste party wat ongelukkig is met Ramaphosa nie.
Die VF Plus en ActionSA het gekap na die lang toespraak wat Ramaphosa vóór die verklaring van die vakansiedag oor die ANC se “vordering” die afgelope 30 jaar gelewer het.
Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het Ramaphosa versoek om politiek uit sport te hou, het Maroela Media vroeër berig.
Herman Mashaba, president van ActionSA, het gesê Ramaphosa het in plaas daarvan om die toespraak te gebruik om die Springbokke se ongekende oorwinning te vier, dit gebruik “om uit te lig hoe die ekonomie omgedraai word wat in die eerste plek deur die regerende party oor dekades vernietig is”.
Hoekom “worry” hy, Hy se mos sy comrades moenie rugby ondersteun nie, dis n sport vir wittes. Hulle moet nie eers die vakansie dag kry nie. Hy weet self nie waarvoor hy en sy party staan nie.
Die EFF is elke dag met vakansie. Nog nooit gehoor dat een van hulle vaste werk het nie.
Hy, CR, is ‘n leuenaar. Sy teenwoordigheid by die rugby Wêreldbeker eindstryd en oorhandiging van die trofee, was niks meer as ‘n politieke foefie wat die kaptein en spelers van die wenspan gedwing het om erkenning aan hom te gee en by verstek sy hopelose regering legimiteit te gee nie.
Kon dit nie beter verwoord het nie Samuel! Hy het absoluut niks op daai podium uit te waai gehad nie!
Indien sy span hom weggejaag het sou hulle my respek teruggewen het. Vir nou bly ek anti-SA sport.
Korrek .
Ek sou dink dis ‘n pluspunt om twee vakansiedae saam te groepeer.
Ek is gladnie n Julius fan ni maar hier moet nogal met hom saamstem – wat n teleurstellende spoedbreker v n toespraak ht n demper op ons goeie gees geplaas en n totale onvanpas vkansiedag meeste mense reeds mt vkansie
Daar stem ek 100% saam met jou!
Die land het ‘n wonderwerk nodig ! Nie nog ‘n vakansie dag nie !
As die oorwinning versoening moet bevorder en ontwrigting verminder is die perfekte dag gekies
Dit is n ekstra vakansie dag ongeag of dit in n “vakansie tyd” val al dan nie.
Juliaas Dis nou matriek eindeksamen. Daar is nie nou tyd nie , maar hoe voel jy oor die 31 e Februarie??. Dis lekker net na payday, en vroeg in die jaar. Sê net die woord dan bly ons alamal by die huis
Ai Phillip, hoe lekker lag ek nou.
Jy maak my dag. Dankie man.
Baie werk nog van die huis af selfs op ‘n vakansiedag. Maar soos hier al klaar berig is elke dag vir die EFF is ‘n vakansiedag. Weet nie van een din wat hulle al gebou of opgebou het nie. Sal eerder stem vir GOtG voor ek ooit vir die EFF stem!
Ek stem saam
Dit voel na n fake vakansie dag en om stemme vd anc te wen?!
Ek is verstom dat Suid-Afrikaners van alle tale en kleure dink ons land kort vakansie dae. Julle moet begin werk en self verantwoordlikheid neem vir die omstandighede. Almal staan terug en moan, bitter min bereid om iets te doen.
Gelukkig hoef ek my nie te bekommer oor vakansiedae nie,want ek is elke dag met vakansie.Lekker om pensionaris te wees.
Praat die een van matikulante wat moet leer, juis sy party wat na skole opruk en leerder uit hulle skool werk hou….
Ja, nê. Wat ‘n klomp bog. Gaan daar ‘n vakansiedag afgekondig word as die krieket ook hulle wêreldbeker wen? Die land het genieg verkeerde vakansiedae. Wys nou maar net wat word gedink van kinders wat vir 12 jaar voorberei het vir hierdie eksamen! Wys net hoe ongeletterd julius en sy maatjies is. Skande.
Die aandag is nou weer nie op hom nie. Hy is seker die negatiefste mens wat ek ken.
…Julius is ‘n meeloper van CR, en die ANC/EFF-koalisie ná die verkiesing,sal dit bewys.
Ek stem heelhartig saam met jou.
Waarom noem hulle hul party Economic freedom fighters. Hoe kan hy praat oor ekonomiese vryheid. Hy wil dan alles staatsbesit maak. Watter freedom is daar dan………. sorry Julius, ek verstaan nie mooi nie. Ek is dal so bietjie stupid. Verduudelik.
Miskien moet die EFF opportunis dalk terug keer na sy geboorte land aangesien hy SA sien as ‘n “opportunity” om vuil te speel en te “stir” so ver as wat hy gaan. Wens hy en AL sy ANC makkers wil van die aardbol af verdwyn ????
Wonder of die kastige vakansie net eenmalig is en of dit ń jaarlikse instelling gaan wees. Ou cr sal moet duidelikheid gee daaroor voor hy dalk met betogings op hande sit… Eish