
Gwede Mantashe. (Argieffoto: Werner Beukes/SAPA
Die ANC-voorsitter en minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantahse, het erken hy het aan ʼn verslaggewer van Sunday World gesê hy het ander verslaggewers van die koerant omgekoop om nié ʼn berig te publiseer nie, maar sê nou hy het hulle inderwaarheid nie betaal nie.
Dié erkenning kom ná ʼn “taai” vergadering tussen Mantashe, sy spesiale raadgewers en personeelhoof, asook die redakteur van Sunday World, Makhudu Sefara, en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef).
“Minister Mantashe het die volgende bevestig: dat hy die stelling gemaak het dat hy joernaliste omgekoop het en dat die stellings waarop hy in Sunday World aangehaal is, korrek was. Hy het egter erken dat hy joernaliste omgekoop het. Hy hou vol daar was nooit ʼn vergadering met die koerant se verslaggewer oor die uitruil van geld nie,” het Sanef Donderdag gesê.
Die forum het ʼn beroep op Mantashe gedoen om Sunday World, die mediabedryf en Suid-Afrikaners in die geheel om verskoning te vra vir die skade, pyn en verwarring wat hy met die stelling – dat hy joernaliste omgekoop het – veroorsaak het.
Sefara het gesê Sunday World se reputasie het skade gely weens die minister se bewering, om nie eens te praat van die betrokke verslaggewers se pyn nie.
“Ons verslaggewers meen hy moet om verskoning vra, nie net aan die koerant nie, maar ook vir die pyn en trauma wat hy in lewens gesaai het,” het Sefara gesê.
Sefara het, ná die herrie ontstaan het, ál die koerant se verslaggewers aan leuenverklikkertoetse onderwerp.
Sanef het gesê Mantashe het onderneem om sy samewerking te gee aan die onafhanklike ondersoek na media-etiek en geloofwaardigheid – gelei deur oudregter Kathleen Satchwell – om die omstandighede te verduidelik waaronder hy die bewering gemaak het.
Die gewraakte berig hou verband met bewerings dat Mantashe, die minister van finansies, Tito Mboweni, en ʼn 26-jarige vrou in ʼn liefdesdriehoek gewikkel is. Die vrou beweer sy het die hoof van die tesourie vir Mantashe verlaat.
Mboweni het nog nie kommentaar gelewer nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
En hy is nog nie geskors nie!!!!! Loop rond of daar niks gebeur het nie. Eish
Ja ne? ons almal bly in huise van glass! En dis verskriklik pynlik.
Geen belangstelling om in ‘n duisend see myl van hul vuil wasgoed verby te vaar nie .
Die regering is SIEK en VROT tot in die beenmurg.
Hulle sal nie geld transaksies vind nie…
No paper trail. Paid by Bossassa cash?
He he he