Levubu-plaasmoord: Boer het glo probeer vlug

Hennie Bonnema. Foto: Verskaf

Hennie Bonnema. Foto: Verskaf

Hennie Bonnema, die boer wat Dinsdagaand op sy plaas in die Levubu-omgewing vermoor is, het moontlik onraad vermoed en probeer vlug kort voordat hy deur sy aanvallers oorval is.

Maroela Media het vroeër berig Bonnema (62) se bebloede liggaam is omstreeks 23:00 deur sy seun en skoondogter buite sy plaashuis gevind.

Jan Bonnema, Hennie se broer, het Woensdag aan Maroela Media gesê aangesien Hennie alleen was toe hy aangeval is, is dit nie heeltemal duidelik wat presies gebeur het nie en probeer hulle nog die gebeure uitpluis. “Hy het die aand by my suster en swaer gaan eet en is omstreeks 21:30 by hulle weg. Ons het ʼn reëling dat ons altyd mekaar laat weet as die ander een veilig by die huis is, maar Hennie het nooit laat weet hy is tuis nie,” het Jan gesê.

Nadat Hennie nie sy telefoon geantwoord het nie, het sy suster een van sy seuns, Hendrik, gebel. Hendrik en sy vrou is na die plaas om ondersoek in te stel en het Hennie se liggaam op die trappe naby die huis aangetref.

“Die huis het ʼn heining en ʼn elektriese hek. Ons vermoed Hennie het ingery en by die motorhuis het iets hom gepla, hy het onraad vermoed. Hy het omgedraai en probeer om weer uit die erf te ry, maar voor die hek het hulle hom oorval. Hy is daar met ʼn skerp voorwerp gesteek en geslaan en is daar dood,” het Jan gesê. “Die aanvallers het vermoedelik daarna sy liggaam gesleep tot by die huis, waar hy gevind is. Dit is nou maar ʼn raaisel hoekom hulle dit gedoen het.”

Volgens Jan het die aanvallers vermoedelik Hennie se huissleutels gebruik om die agterdeur oop te sluit om toegang tot die huis te kry. Hulle het gevlug voordat enigiemand hulle gesien het. “Ons dink terwyl Hendrik by die voordeur by Hennie was, het die aanvallers by die agterdeur uitgevlug,” het Jan gesê. Dit is nog nie duidelik wat uit die huis gesteel is nie.

Hennie het saam met sy seuns, Hendrik en Pieter, met avokado’s, piesangs en makadamianeute geboer. Hy het alleen gebly nadat sy vrou, Nelia, in 2013 aan kanker oorlede is.

Jan woon op ʼn plaas ongeveer 2km verder. Maroela Media het verlede jaar berig oor Jan en sy vrou, Elize, wat ook op hul plaas aangeval en met pangas geslaan is. Hulle is ná die aanval in die hospitaal opgeneem, maar die volgende dag weer ontslaan.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het die moord op Hennie bevestig en gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Aster ·

Ja ek is ook al verby gatvol vir SA. Die land het klaar geval en niks sal hom kan reg maak nie. Dink om te emigreer.

vierkleur ·

My bloed kook.
My mense word uitgemoor. Hoe lank nog kan ons die vertrapping van ons volk verduur?

Theresa B ·

Ek stem Acca. Dis asof hierdie tipe optrede deel is van hul dagtaak??!!

Sydney ·

Acca, nou hoekom wil jy raai. Ons almal weet dit al lankal wie ons boere dood maak. Kom ons wees eerlik nog werklose mense wat die toekoms in gaan………..

Grassie ·

Die lafaards teiken meeste van die tyd bejaardes. Dit is in lyn met Marxisme se militêre strategie – val die weerloses meedoënloos aan en vlug skaamteloos van die sterkes.

Elize ·

Ek is bitter jammer Ligdraer maar dit is te lank om te wag vir eendag in die Hemel vir afrekening.

Tania ·

Ek moet iets sê anders gaan dit my die heeldag pla.
Die ‘boere’ het nie ‘n spesifieke kleur nie, daar is boere van alle rasse en hulle almal word aangeval.
Niks is gekoppel aan ‘n spesifieke ‘kleur’ nie.

G ·

Tania, wees asseblief so gaaf en stuur vir ons die skakels aan waar ons kan lees van die ‘anderkleurige boere’ wat omtrent daagliks vermoor word, want almal wat ek tot dusver gesien het was wit.

Gerd Lourens ·

Tania. Word wakker!!!

My innige meegevoel aan die familie.

EvW ·

Waar het jy gehoor of lees van daai ander “boerre” wat gemoor is want ek lees hoor nie dit wat jy raak sien nie.

E ·

Die arme man het ‘n gebrek gehad wat hom weerloos gelaat het en hy kon nie eers weerstand bied nie. Hy kon nie eers weg hardloop nie. Ek bid net dat jy nie so iets in jou lewe mag teëkom nie.

Jz ·

Dit is die ANC se verskuilde agenda wat hul nie wil erken nie.

Muisvoel ·

Asb Agri Forum help ons om die doodstraf terug te bring.

foxi ·

Ek sal seker nou maar weer beledig word oor wat ek gaan sê. Baie lank terug het n siener gesê dat daar baie mense vermoor sal word. Ook dat die siener gesê het dat hy rooi sprinskane op en af sien spring. En ook dat die land sal brand. Daar was ook gesé dat twee swart stamme teen mekaar sal veg en dat die witman onder geen omstandighede moet inmeng nie. Kan dit wees dat die siener wel reg was? Wat ook genoem was, is dat hongersnood almal sal tref in Suid Afrika en dat elende so geweldig sal wees, waar niemand dit ooit sou verwag het nie. Nou ja……..wie sal weet.

Theresa ·

Baie krag en sterkte word die familie toegewens. Dis vreeslik.

Hannetjie Harvie ·

Tania word asseblief wakker !!!!! Van hoeveel swart boere weet jy wat vermoor is? En hoeveel wit??? Dit gaan absoluut oor kleur. In watter land woon jy

Elizabeth ·

En dan sê die PUK student ons moet net glo liefde en drukkies oorwin alles.

PJ ·

Tania jy heel duidelik nie met ons nie….Moeg vir die moored en ons land doen niks daaromtrent nie. Botswana het die dood straf in die laaste 5 jaar 3 mense veroordeel waarvan twee van suid afrika af was. Ons moet net begin saamstaan en die ding saam aanpak, en dan alles aanpak wat ons moet…So kan n mens nie meer leef in vrees nie…

Hendrik Jordaan ·

Wie is die “Ons” in hierdie geval? Jammer, maar gegewe die multikulturele struktuur van die land se bevolking is dit blykbaar nodig om weer en weer te vra of te verduilik.

KP ·

Ek het dit al baie hier gese, dit het niks met werkloosheid uit te waai nie. Hierdie is terroriste wat wit boere van hul grond wil dryf en word deur die ANC ondersteun.

Estelle ·

Miskien tyd om die kibboets stelsel op ń manier toe te pas . Dit beskerm al ń paar dekades boere in Israel .

Hendrik ·

Well, ek is reg om terug te baklei. Al beteken dit oorlog.. Sê maar net.. En nee, ek is nie een of ander vêrregse dude nie. Net super gatvol vir die feit dat my mense en kultuur so aangeval word terwyl ons eintlik niks daaraan kan doen nie..

Ina ·

En so lag Zuma vir sy eie grappies…….soos gisteraand op die TV waar hy lag oor die “fees must fall down”. Jou tipe president sê vir jou in watter toestand jou land is………”I rest my case”

Ina ·

En so lag Zuma vir sy eie grappies. Soos gisteraand op TV waar hy lag oor “fees must fall down”. Dit hang van die president af in watter toestand die land is….I rest my case.

R Eaton ·

Ons mense sal moet ophou bang wees om die waarheid te praat om dalk n paar sensitiewe liberale oproerig te maak. Enige kritiek teenoor n ander ras dan word jy gebrandmerk as n rassis.

Manie ·

Moet nie gatvol wees vir die land. Wees gatvol vir die liberale Afrikaners en Engelse wat ons in die gemors ingekry het en heelwaarskynlik al lankal die wonderlike nuwe SA verlaat het

Peet J ·

Demokrasie nl. volksregering in die NSA het ontaard in ‘n meerderheidsregering wat die blanke kultuurmens stelselmatig van wat eie aan hom is ontneem deur die optredes van die onmense saam met wie ons moet lewe. My innige simpatie met die familie.

Theresa ·

Skandelik dat ‘n Staatspresident so giggel. Altyd onvanpas – geen van die kere wat hy so giggel en lag, is daar íets snaaks genoem nie. Wys net – onbevoeg vir die amp. Verstaan nie eers dat hy ongewens, ongewild en ongevraagd die no 1 vd land bly nie.

Ria ·

Doodstraf terug bring?!! Wens mense wil wakker word en besef in wie se hand word die mag van doodstraf geplaas……in die hand van die ANC regering!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.