Lewenslange tronkstraf vir transitorowers

Argieffoto.

Vier transitorowers is lewenslange tronkstraf opgelê ná ʼn transitorooftog in 2013 wat die lewe van ʼn veiligheidswag geëis het. Een van die beskuldigdes het egter tydens die verhoor uit aanhouding ontsnap.

Siyabonga Tshayela, Zimasa Diniso, Xolisa Mazizi en Zibuzele Booi het Vrydag in die hooggeregshof in Butterworth, Oos-Kaap, verskyn, waar hulle elkeen tot lewenslank gevonnis is op aanklag van moord.

Hulle is elkeen ʼn bykomende 20 jaar gevonnis vir roof met verswarende omstandighede, asook vyf jaar vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en nog vyf jaar vir die besit van ammunisie opgelê. Die rowers is ook ongeskik verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê altesaam ses mans het in Julie 2013 by ʼn winkelsentrum in Butterworth toegeslaan.

“Die ses gewapende mans het veiligheidswagte van Coin Security, wat besig was om geld by die winkelsentrum af te lewer, oorval en kontant ter waarde van R300 000 en twee vuurwapens gebuit,” vertel Mgolodela.

“Die mans het op die wagte geskiet en een doodgeskiet.”

Al die mans is opgespoor en in hegtenis geneem. Hulle het tydens hul verhoor in aanhouding gebly totdat hulle skuldig bevind en gevonnis is. Hul een makker, Simthembile Mwahla, het tydens die verhoor ontsnap. Hy is steeds op vrye voet.

Die sesde verdagte, Edwin Lechoka, dien reeds sy vonnis uit nadat hy in 2016 skuld beken het en tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, die nasionale hoof van die Valke, het die ondersoek- en vervolgingspanne geloof vir hul goeie werk om te verseker dat die verdagtes skuldig bevind word. Hy het ook die spanne aangemoedig om alle beskikbare hulpbronne te gebruik sodat Mwahla vasgetrek kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Baardman ·

Lewenslank, gemeet aan die lewensverwagting van ‘n rot (4 jaar) ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.