Lewenslank gevra vir plaasmoordenaars

Argieffoto

Argieffoto

Die twee mans wat Peter Hackland, ʼn boer van Ixopo in KwaZulu-Natal, vermoor het moet lewenslank tronk toe gestuur word, het die hooggeregshof in Pietermaritzburg gehoor.

Staatsaanklaer Elsa Smith het aangevoer dat Mkosinathi Mngadi (29) en Sifiso Ngubane (25) lewenslank tronk toe moet gaan nadat hulle Vrydag skuldig bevind is aan die moord op Hackland.

Hackland (61) is in Mei 2013 op sy plaas doodgeskiet en sy dogter, Louise Hartwig, is erg aangerand terwyl sy haar pa probeer beskerm het.

Koos Marais, van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie se veiligheidslessenaar, het ter verswaring van vonnis getuig dat elke plaasmoord ʼn invloed op nagenoeg 100 mense het en enorme gevolge inhou.

Marais het getuig dat daar sedert 2001 128 mense in 665 plaasaanvalle in KwaZulu-Natal vermoor is. Hy het gesê boere is kwesbaar vir aanvalle omdat plase oor die algemeen oop en geïsoleerd is.

Die moord op Hackland het tot gevolg gehad dat 60 mense sonder werk sit en nie hul families kan ondersteun nie. Mngadi en Ngubane het gesê hulle is jammer oor wat gebeur het. Hulle sal op 31 Oktober gevonnis word.

Klik hier om vorige berigte oor die saak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

frik0 ·

Dit moet met elke kanidaad wat by plaasmoorde betrokke is en skuldag bevind word gebeur.Dis net jammer die regters doen die regte besluite ma dan laat die regering hulle perongeluk ontsnap soos nou onlangs.Die vangwa is glo perongluk in n struk gelei.Slapgat poliesieheering sou ek dit noem,ek hoop al die betrokke poliesie word aangekla.O sorry hulle is mos kroon wild,te slap om te werk ma hulle broers help nom een.

Marco Pretorius ·

Vir my is dit niks minder as reg dat moordenaars lewenslank tronk toe gestuur moet word, alhoewel, doodstraf sou meer van pas wees.

Salome ·

Verseker Lewenslank vir Moord! Enige Moord.
Verkragters kry lewenslank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.