Lewenslank ná 12-jarige se verkragting

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

Die polisiekommissaris in Limpopo, lt.genl. Thembi Hadebe, het die lewenslange tronkstraf verwelkom wat ʼn 43-jarige man Dinsdag opgelê is vir die verkragting van ʼn 12-jarige meisie.

Die streekhof in Mahwelereng het bepaal dat die man op 8 Augustus 2019 omstreeks 16:00 die meisie verkrag het toe sy by sy huis in Mapela buite Mokopane (Potgietersrus) aangeklop het om water te vra, sê Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie.

Die meisie was ʼn graad 6-leerder en was op pad huis toe ná sy saam met haar maats gespeel het.

“Die saak is toegeken aan sers. Khomotso Rammutla van die Mokopane-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings. Deur ʼn deeglike ondersoek is die beskuldigde ʼn maand later, op 23 September 2019, in hegtenis geneem. Hy was sedertdien in aanhouding.”

Hadebe meen dié tipe vonnisse stuur ʼn sterk boodskap dat die polisie toegewyd is om sulke oortreders agter tralies te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SjN ·

Hoekom neem dit meer as 2 jaar om te vonnis? Seker telkens weer uitgestel.

Tania ·

Ons regstelsel is…. En dan natuurlik word die kind onder vraag en “herleef” dit oor en oor. Soos in my ge al word net vertel te min “evidence” Bly die kind kry “justice” en hoop vir herstel en “healing”

Waarnemer ·

en na 3 maande word hy vrygelaat op menslikheids redes agv terminale siekte soos Schabir en Zoempie…Knip dit wat pla eerder af en los hom vir die boendoe hof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.