Lewenslank ná bylmoord op swanger vriendin

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis in die Durban-streekshof in KwaZulu-Natal nadat hy sy swanger vriendin met ‘n byl vermoor het en haar liggaam toe opgekap en aan die brand gesteek het.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Lwazi Sanele Gumede (24), wat skuldig gepleit het op aanklag van moord, is deur landdros Anand Maharaj tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Sanelesiwe Mkhize was nege maande swanger toe Gumede haar twee keer met ‘n byl teen die agterkop geslaan het, haar liggaam opgekap en aan die brand gesteek het.

Mkhize sê kop en bolyf sowel as die fetus is nooit gevind nie. Die ander liggaamsdele is in ‘n beboste gebied in Chesterville gevind.

Gumede en Mkhize het glo ‘n uitval gehad aangesien Gumede werkloos was en Mkhize wou weet hoe hy vir hulle ongebore kind sou sorg.

Gumede het saam met vriende en familie na Mkhize gesoek toe sy in Februarie as vermis aangemeld is.

Ramkisson-Kara sê die NVG verwelkom die vonnis en hoop dit stuur ‘n sterk boodskap aan “eendersdenkende oortreders dat sulke gruwelike misdade nie geduld sal word nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.