Lewenslank na hy kleindogter verkrag

court-hammer_thumb‘n Man van KwaZulu-Natal is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy 12-jarige kleindogter verkrag het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die 77-jarige man van Glendale is Donderdag in die KwaDukuza-landdroshof gevonnis.

Zwane sê die man het sy kleindogter tussen Januarie 2008 en Februarie 2013 herhaaldelik verkrag. Hy het vir haar geld gegee en gedreig om haar dood te maak indien sy iemand van die verkragtings vertel. Die meisie het tyde van die verkragtings by haar oupa en ouma gewoon.

“Die saak is verlede jaar by die Glendale-polisiestasie gerapporteer nadat die meisie se tannie agtergekom het die meisie tree vreemd op en haar daaroor uitgevra het,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.