Lewenslank ná negejarige se verkragting, moord

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Oos-Kaap verwelkom twee lewenslange vonnisse vir Andile Mbele (42). Hy is Maandag in die Gqeberha-hooggeregshof gevonnis.

Genl.maj. Thandiswa Kupiso, waarnemende polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom vir die verkragting en moord op Aqhama Tom (9) en vyf jaar tronkstraf vir haar ontvoering in Hankey twee jaar gelede. “Alhoewel die vonnisse haar nie sal terugbring nie, sal dit hopelik berusting bring vir haar gesin en die gemeenskap van Hankey.”

Die eenheid in Humansdorp vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het die saak aan die hof voorgelê. Dit het tot Mbele se skuldigbevinding en vonnis gelei.

Mbele is lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en lewenslange tronkstraf vir die verkragting van Tom. Hy is ʼn bykomende vyf jaar tronkstraf opgelê op aanklag van ontvoering.

Dit kom ná die hooggeregshof gehoor het hoe Mbele haar op 13 September 2020 ontvoer het. Mbele is die volgende dag in hegtenis geneem en hy het die polisie later na die toneel in Weston, Hankey, gelei waar hy haar liggaam uitgewys het.

Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

whatever ·

Die verkragting alleen is alreeds moord – ‘n kind so jonk se liggaam is nie fisies reg vir ‘n volwasse man nie. Die arme dogtertjies met wie dit gebeur! Hoop hy word mee afgereken in die tronk!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.