Lewenslank ná polisieman dogter verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige polisiebeampte van Krugersdorp in Gauteng is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy sy dogter, wat in daardie stadium nege jaar oud was, verkrag het.

Die burgerlike organisasie Sanco het Saterdag die vonnis verwelkom. “Geen ander kind sou veilig wees by ʼn pa wat só afstootlike misdaad gepleeg het nie,” het Jabu Mahlangu, woordvoerder van die organisasie, gesê. “Die uitspraak is ʼn behoorlike vonnis vir ʼn pa wat die vertroue van sy eie dogter verbreek het deur haar van haar kindwees en onskuld te ontneem.”

Volgens Mahlangu dien die vonnis ook as ʼn afskrikmiddel vir oortreders van seksuele geweld.

“Dit moedig ook slagoffers aan, wat in stilte ly, om daaroor te praat sodat die gereg sy gang kan gaan,” het hy bygevoeg.

Die voormalige polisiebeampte van Krugersdorp, wie se naam weerhou word om die identiteit van sy dogter te beskerm, is Woensdag gevonnis nadat hy skuldig bevind is dat hy sy dogter herhaaldelik verkrag het tussen 2009 en 2010.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag het die beskuldigde skuld ontken en elke aspek van die kind se getuienis teengestaan. Dit het tot ʼn uitgerekte vyf jaar lange hofsaak gelei en die slagoffer ly as gevolg daarvan aan erge depressie en het al ʼn paar keer probeer selfmoord pleeg.

“Die slagoffer het verskeie konsultasies en assesserings deurgemaak met betrokke professionele persone,” het Phindi Louw, woordvoerder van die NVG, gesê. “ʼn Impakverslag is ook opgestel en dit het ʼn belangrike rol gespeel om die hof te help om ʼn behoorlike vonnis te bepaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Irene ·

Dankie Liewe Vader dat daar een saak is
wat reg veroordeel word

Stem saam ·

Stem saam Irene! Aan hierdie jong tiener dogter baie liefde en sterkte ons salueer jou dat jy opgestaan het vir jou reg, jammer dit kon nie voorkom word, jy kan nou jou lewe voor begin – dit gaan jou n tydjie neem, maar hy is vir ewig verlos van die bose gees! Sy Vaderskap het in 2009 gesterf, begrawe dit liewe kind en word mens, ons bid vir jou!

Veritas ·

Die lae gemors. Wat ek nie kan verstaan nie is dat, enigiemand seksueel gestimuleer kan word deur ‘n negejarige kind. Só ‘n skepsel is nie die naam ‘mens’ waardig nie en behoort dus nie te kan aanspraak maak op enige ‘menseregte’ nie. Lewenslange gevangestraf is nie naby genoeg nie. ‘n Hond wat sy baas byt word uitgesit, maar dié stuk gemors mag bly lewe. Dit maak mos nie sin nie. Dit is jammer mens kan nie die kind se geheue skoonvee sodat sy niks hiervan kan onthou nie.

Sarel Strydom ·

Lewenslank = 25 jaar ( sover ek weet) waarvan hy moontlik 10 – 15 jaar sal uitdien voor hy Parool kry. Is die straf regverdig.

Sarel Strydom ·

Ek stem saam bevel moes gewees het GEEN MOONTLIKHEID VIR PAROOL ek hanteer baie sulke sake en ons Regstels vaal ons gemeenskappe. N man wat n 3 jarige verkrag loop vry oor kind te jonk is om te getuig. N krimineel betrokke by verskei misdade na waarskuwing en word gevang kom uit op borg en elke keer vry op voet. Ons kinders moet weet hul het die reg om NEE TE Sé daar moet meer bewusmaking wees veral by skole en gemeenskappe . Die gesgte an die barbaarse mese moet op melk bokse verskyn. Ek is dankbaar vir die straf en hoop soos hul sê waarskuwing wees vir ander .

Ella ·

Wie kan onthou dat jare gelede is daar “rottanghoue” opgelê as straf. Die man moet bo en behalwe die lewenslange vonnis (herroep asb. die moontlikheid van parool!) elke dag ses van die bestes kry….ook lewenslank!

Roy ·

Dit is nie soseer ons regstelsel nie maar wel sekere prokureurs wat sulke sake aanvat want hy kan nie beter nie. Hy sal toe sien dat ‘n kind wat bang is om te getuig ten gronde gaan net sodat sy sak gevul kan word. Beskuldiges in sulke sake moet nie eers regshulp kry nie want meeste van die tyd gebruik hulle die staat se regshulp

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.