Lewenslank vir Alldays-plaasmoordenaars

Johan Kruger en sy vrou, Fiona. Foto: Verskaf

Meer as drie jaar ná Johan Kruger (60) op sy plaas in die Alldays-gebied, Limpopo, doodgeskiet is, is sy moordenaars lewenslank tronk toe gestuur.

Kholofelo Mitileni (23), Motame Ramohadi (29) en Mohale Edmond Malatjie (37) is op 11 Februarie in die hooggeregshof in Polokwane, Limpopo, tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Luidens die klagstaat is die drie aangekla vir moord, roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Hulle het op al die aanklagte onskuldig gepleit.

Die drie het op 13 Desember 2018 op Kruger en sy vrou, Fiona, se plaas toegeslaan en Kruger in die kop geskiet. Fiona is ure lank gemartel. Die mans het bankkaarte en PIN-nommers by die egpaar geëis.

Regter Ephriam Makgoba het in die hof aangedui dat lewenslange tronkstraf die gepaste straf sal wees weens die ernstige aard van die misdrywe.

Die staatsaanklaer, adv. Kobus Jacobs, sê hy is tevrede met die straf en sê plaasmoorde is ’n groot bekommernis in die samelewing. “Dit moet aangepak word,” het Jacobs aan Maroela Media gesê.

Maroela Media het vroeër berig Kruger, die eienaar van Makoppa’s Nest Safari Lodge, is omstreeks 01:00 voor Fiona doodgeskiet. Hy is by die huis se voordeur in die kop geskiet.

Die aanvallers het Fiona gegryp, vasgebind en gemartel. Hulle het aanhoudend kontant geëis en met R250 en ander waardevolle items soos juwele, ou muntstukke en gewere op die vlug geslaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

domheks ·

Hoog tyd vir ‘lewenslank” maar dit is soos ‘n vakansie oord vir die gemors!

Renier johannes ·

Bring die doodstraf terug ons moet betaal om die gemors in die tronk te hou

...M... ·

Ek stem saam!
Hulle gaan sit lekker daar en doen niks heeldag – eet verniet! (met ons geld) en die arme man se familie moet met al daardie seer en verlies sit.
Maak ‘n mens regtig bloediglik kwaad

Chantel ·

Hoe de…. pleit hulle onskuldig? Was seker nie hulself nie.
Ek is bly dat hulle lewenslank gekry het. Sterkte aan jou vrou!!

marius ·

Hulle het die man met die dood gevonnis en die vrou vermink . Hoe kan die straf gemeet word teen dit ?

SlinkseKoljander ·

Our people, hoekom is dit altyd hulle wat moor en roof???
Wie gaan dit stop sit?? Vir seker nie die ANC of die polisie nie.

Fran ·

Lewenslank is nie lewenslank in Suid Afrika nie. Dit beteken 25 jaar voor in aanmerking kom vir parool.
In uiterste gevalle kan ‘n Zaber bv ‘n duisend jaar kry dan is daar geen kans vir parool nie en hy sal in die tronk vrot.

Marianna ·

Hoe lank is lewenslank? Vir sommiges kan dit net 12 jaar wees. Vir ander amper 30 jaar. Albei het moord gepleeg. Hoekom die verskil? Januz Waluz –

Swanie ·

Dankie vir die regter , dat dit nie vir hom oor kleur gaan nie en die gepaste vonnis vir dir gepaste misdaad gegee is

Martie ·

“Lewenslank” is 25 jaar – op papier . Dit klink lank, maar op 25jr maksimum sal hulle onderskeidelik 48, 54 en 62 wees wanneer hulle na 25 jaar uitkom – en dan is daar nog altyd die opsie om na 10 jaar (of selfs minder) uit te kom op vroeë parool insluit.

Dit maak my siek

Strandloper ·

Dan kry hul na 2 jaar amnestie om die land se totale ondergang te vier.

efjy ·

Ek dink as die doodstraf nie her ingestel kan word nie moet die persone wat moor ten minste met ‘ n sekere merk gelaat word sodat almal dit kan weet as hy oor 7 jaar vrygelaat word. As voorbeeld kan sy duim en wysvinger geamputeer word. Dit sal hom ietwat strem om weer die daad te pleeg. Ek glo dit sal ook toekomstige moordenaars 2 maal laat dink.

Erika ·

So die Die Aanvallers Pleit “onskuldig asof hulle die “victims ” was toe hulle verantwoordelikheid moes aanvaar vir hulle dade..
Tronk gaan nie verskil maak in hulle karakter nie… – Nee wat.
Bring die Doodstraf terug..

AW ·

Daar is NIÉ so iets Soos Lewenslank Nié !!!

25 jaar pf minder, dan Parool !!

Swerwer ·

Hartverskeurend om te dink waardeur die 2 mense moes gaan en dat die gemors na 15 jaar weer op straat rondloop. Die strafreg moet so verander dat dieselde straf hul opgelê word wat hul aan hul slagoffers gedoen het. Dieselfde marteling moet hul deurgaan voor hul ook koelbloedig geskied in die kop geskied word.

Danny ·

Dankie Vader dat daar EEN geregtigheid mag seëvier.. Mag dit die voorbeeld wees vir vele, VELE ander!!!!! Sterkte aan die naasbestaandes, tragies !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.