Lewenslank vir boetie se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man van Empangeni in KwaZulu-Natal wat sy 10-jarige stiefboetie verkrag het, is vandeesweek tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die verkragting het in Mei verlede jaar plaasgevind.

“Die slagoffer het geslaap toe die verdagte sy kamer betree het,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die man het sy stiefboetie aangesê om nie te skree nie, en het hom verkrag.”

Die kind het sy ma twee dae later van die verkragting vertel en sy het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

Die provinsiale polisiekommissaris, Mmamonnye Ngobeni, het die vonnis verwelkom. “Ons hoop dat die vonnis ʼn sterk boodskap aan alle seksuele oortreders sal stuur,” het sy gesê. “Ons sal seker maak dat hulle in hegtenis geneem word en lewenslank agter tralies sit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tammy ·

Dankie vir n gepaste vonnis. Dis sal n les wees vir verkragters wat met slegte gedagtes rondloop. Die artikel verdien om op die voorblad van alle koerante te wees. Baie dankie vir die sterk standpunt teen verkragters, Maroela, dit verdien n pluimpie.

AmY ·

Die doodstraf sou beter gewees het, maar lelewenslank is goed genoeg!

Susan ·

Stem saam. Doodstraf sou baie beter gewees het!!!!!!!!!!!!!!!!!

Theresa ·

Die ma was regtig baie dapper om dit te doen – die jong seun sal haar daarvoor dankbaar bly. Daar is te veel ouers wat bang is om ‘n familielid aan te kla vir die vieslike dade wat hul pleeg. Hoop hy kry goeie berading na hierdie onnodige “moord” op sy jong lewe. Verkragters is gewetenloos. Dankie ook vir die vonnisgewer. Indien tronke oorvol raak, want dit wemel van die verkragters en moordenaars, kan daar spesifieke tronke vir die mense wat bo twyfel skuldig bewys is, gebou word. Kleiner vertrekke met slegs ‘n bitter klein stortjie en toilet – met ‘n venstertjie so groot soos ‘n baksteen. Dit moet glad nie lekker wees om soontoe te gaan nie. Die dag as jy iemand verkrag het, moet jy weet jy het ook jou eie lewe prys gegee.

lynette ·

Dit is die beste nuus ooit . Hoop dit sal help om hulle laat dink . Teveel het al losgekom of met ligte straf gekry .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.