Lewenslank vir kindermoordenaar

(Argieffoto)

Die moordenaar van ʼn 12-jarige seun van Athlone wat in 2018 tydens ʼn dwelmtransaksie doodgeskiet is, is lewenslange tronkstraf in die Kaapstadse hooggeregshof opgelê.

Jerome Cupido, bekend as Rompie, het Aseef Mitchell in April 2018 doodgeskiet. Aseef en nog twee mans, Samuel Brown en Clint Scholtz, het langs ʼn vuur voor die huis gesit toe Cupido en nog ʼn man daar opgedaag het.

Cupido het gevra om dwelms te koop, waarna Brown in die huis in is om dit te gaan haal, het kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, gesê. Hy is terug na buite waar hy die dwelms vir Cupido gegee het.

Dié het die dwelms geneem, ʼn vuurwapen uitgepluk en op Aseef en die ander twee losgebrand. Al drie is gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Aseef het dieselfde aand weens die skietwond gesterf.

Cupido is vroeër skuldig bevind aan die seun se moord en is Dinsdag lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool opgelê.

Hy is agt jaar tronkstraf opgelê vir die poging tot moord op Brown en Sholtz, asook 15 jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Hy is 18 maande tronkstraf opgelê vir die besit van ammunisie, het Van Wyk gesê.

Die Wes-Kaapse polisiebestuur het die vonnis verwelkom en sê dit stuur ʼn sterk boodskap aan misdadigers. “Die ondersoek- en vervolgingspan moet geloof word omdat hulle uitstekende werk verseker het dat die skuldige aan die pen ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.