’n 43-jarige man is Woensdag lewenslange tronkstraf in die Stilfontein-streekshof in Noordwes opgelê vir die wrede moord op sy niggie en haar 12-jarige kind, tien jaar gelede.
Die voorval het op 29 Mei 2012 in Tigane naby Hartbeesfontein plaasgevind. Dit is nie duidelik waarom die saak so lank gesloer het nie.
Volgens die polisie het David Khoza destyds by die huis waar die ma en dogter gewoon het ingebreek en hul kele afgesny. Hy het van die toneel gevlug, maar is kort ná die voorval deur die polisie aangekeer.
“’n Vinnige reaksie deur die polisie het hulle na Khoza se huis gelei waar bloedbevlekte klere ontdek en vir DNS-toetse gestuur is. Die uitslae het Khoza positief met die moorde verbind,” sê Henry Mamothame, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes.
Khoza het skuld op die moorde ontken, maar is deur die hof skuldig bevind.
“Die staatsaanklaer, adv. Christoffel Kok, het die hof versoek om nie van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk nie, gegewe die wreedheid van die misdaad. Hy het verder aangevoer dat Khoza ’n gewetenlose individu is wat nie die lewens van vroue en kinders waardeer nie.
“Die hof het dieselfde sentiment gedeel en Khoza tot lewenslange tronkstraf gevonnis.”
Dr. Rachel Makhari-Sekhaolelo, direkteur van openbare vervolging in Noordwes, meen die skuldigbevinding en vonnis is ʼn “stap in die regte rigting” in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en die mishandeling van vroue en kinders.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ek sal daarvan hou om te weet, om watter rede dié saak 10 jaar gevat het om fonnisoplegging te doen.
Saak sloer 10 jaar voor hy gevonnis word? Dis abosluut skokkend hoe als in hierdie land dekades vat om afgehandel te word. Skuus, het vergeet dis die nuwe SA!
Dis nie duidelik nie is baie duidelik . Dis ‘n mishoop en daar is geen onduidelikheid daaroor nie .
Die rede waarom die saak so lank gesloer het, is welbekend: Regstellende Aksie.
Die ,,Lewenslank ,, vonnis moet verander word na ,,Tronkstraf tot die dag van sy dood , sonder parool. ,,