Lewenslank vir man wat tienerseun verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Empangeni is in die Richardsbaai-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 13-jarige seun.

Musawenkosi Nqhushu Mthethwa (29) is Woensdag skuldig bevind aan die verkragting van die tiener op 13 November 2011, het kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, Vrydag in ʼn verklaring gesê.

“Die seun was op pad na Nseleni en het verby die Auadene-woud gestap toe Mthethwa hom voorkeer en vra waar die beeste is,” het Zwane gesê. Die seun het gesê die beeste is in die Aquadene-omgewing. Mthethwa het hom toe in die woud in geneem en met ʼn panga gedreig. Hy het die seun se voete met ʼn tou vasgebind en hom verkrag.

“Die seun kon daarin slaag om te ontsnap en kon die hulp van ʼn huurmotorbestuurder ontbied. Die tiener en die huurmotorbestuurder het na die beskuldigde gaan soek en Mthethwa is binne ʼn paar uur deur die polisie in Richardsbaai in hegtenis geneem op aanklag van verkragting,” het Zwane verduidelik. Mthethwa het sedertdien verskeie kere in die hof verskyn en sy borgtog is telkens afgekeur. Hy is deur DNS-toetse positief aan die misdryf verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MONIKA ·

Dit is n uitstekende vonnis net jammer die tronke word so vol en ons betaal daar voor.

Tameletjie ·

Wat ek wil weet – kry hierdie arme kind berading? Hy is maar mos maar net ‘n beeswagtertjie. Waar is die ANC vroueliga wat so dans dans by die howe vir geweld teen vroue; wat van geweld teen kinders – hulle kan mos bietjie omsien na die jeug en iets doen?? Ek wens Maroela wil bietjie navraag doen of die tipe van goed opgevolg word en seker gemaak word die kind is okay. Wees verseker, as iets NIE gedoen word, word daardie kind met ‘n wrok groot wat weer tot ander dinge kan lei. Maar more het almal weer vergeet en die arme kind sit met die seer en vrae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.