Lewenslank vir ‘obsessiewe buurman’

Argieffoto

Mlangeni Lindokuhle (25) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 18-jarige slagoffer en vyf jaar tronkstraf vir ontvoering. Hy het op 9 Februarie in die Verulam-streekhof in KwaZulu-Natal verskyn.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die slagoffer was op 2 Februarie 2019 omstreeks 20:30 op pad huis toe, toe sy Lindokuhle teëgekom het. Hulle het mekaar geken, omdat hulle in dieselfde gebied gewoon het.

“Hy het haar handsak gegryp en sy liefde aan haar verklaar. Die slagoffer het gesê sy stel nie belang nie en geëis dat hy haar handsak teruggee. Die beskuldigde het aggressief geword, die jong vrou gegryp en haar in die bosse verkrag.”

Die jong vrou het om hulp geskree, maar haar stem was te sag en niemand het haar gehoor en tot haar redding gekom nie.

“Die beskuldigde het haar gedreig en toe na sy huis in KwaBhanoyi-gebied in Ndwedwe geneem waar hy haar weer verkrag het. Hy het haar die volgende oggend vrygelaat en aangesê om nie vir enigiemand te vertel wat gebeur het nie.”

Die vrou het vir haar lewe gevrees en was verlig toe sy vrygelaat is. “Sy het die voorval by Indwedwe-polisie aangemeld en klagtes van verkragting en ontvoering is aanhangig gemaak. Die polisie se eenheid vir familiegeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het die beskuldigde in hegtenis geneem. Hy het ʼn paar keer in die hof verskyn voor hy skuldig bevind en gevonnis is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blomme ·

Soveel disrespek vir ń vrou.. Hoop hy kom nooit in aanmerking vir parool nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.