Lewenslank vir pa wat dogters verkrag

(Argieffoto)

ʼn Pa van Carolina in Mpumalanga wat sy twee dogters verkrag het, is twee lewenslange vonnisse opgelê, terwyl hulle ma – wat geweet het van die verkragtings maar stilgebly het daaroor – tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is.

Die 44-jarige man is Woensdag in die Carolina-streekhof gevonnis nadat hy vroeër aan die twee verkragtingsklagte skuldig bevind is, het brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in die provinsie, gesê.

Die pa het die dogters in Augustus 2017 verkrag.

Een van die kinders se onderwysers het bekommerd geraak toe die kind skielik sleg by die skool begin vaar het. “Nadat sy uitgevra is, het die meisie vertel wat gebeur het en ook gesê dat haar sussie dieselfde oorgekom het,” het Hlathi gesê.

Die kinders is in ʼn plek van veiligheid geplaas terwyl die polisie hul ondersoek gedoen het. Albei ouers is kort daarna in hegtenis geneem.

Streeklanddros Ricardo Cloete het tydens vonnisoplegging aan die pa gesê hy was veronderstel om sy kinders te beskerm, maar was in werklikheid die een wat hulle leed aangedoen het.

“Die ma is ook nie gespaar nie. Mnr. Cloete het aan haar gesê sy was ook veronderstel om haar kinders te beskerm en die voorval by die polisie aan te meld, maar sy het gekies om die gebeure onder die mat in te vee,” het Hlathi gesê.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiehoof, het die vonnisse verwelkom en gesê dit dien hopelik as afskrikmiddel – veral weens die hoë voorkoms van geslagsgeweld in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dunsie ·

Presies wat ek ook sê. Sy moes ten minste 30 jaar gekry het. Die dogters gaan nie oor 5 jr oor dit wees nie. As daar nie plek in die tronke is nie, gee hulle vir die samelewing om met hulle af te reken.

Nozi ·

5 Jaar vir die ma? Regtig, dit is net so goed sy het die dogters self verkrag aangesien sy bewus was daarvan. Die deler is net so sleg soos die steler. Sy moes ook lewenslank gekry het. Mag daardie 2 dogters hul ma nooit weer sien nie. Hoe kan sulke mense kinders wil grootmaak? Die vure woed hier binne in my as ek hierdie tipe nuus lees. Sterkte aan die 2 dogters, ek glo en vertrou die Here sal jul sommer gou van binne genees en dat jul weer normaal met ‘n nuwe lewe sal begin.

Sarel ·

Twee Lewenslange vonisse beteken niks want dit word gesamentlik.of aaneenlopend uitgedien en hy kan kwalifiseer vir Parool. Dit gaan lekker un SA

Sarel ·

Ma- medepligtig maar kry net 5jr. ? Wat vir ‘n vonnis is dit?

Genis ·

Skokend! Hoe durf mens? Walglik om die minste te se… Kinders se lewens verwoes…

Louise ·

Ek wonder hoeveel ‘Moeders’ kyk ander pad? Sy het net ‘n slap on the wrist gekry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.