Lewenslank vir polisieman wat bevelvoerder doodskiet

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Voormalige polisiebeampte is lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die moord op ’n kollega.

Konst. Sithembiso Innocent Nhleko (31) is Maandag in die Durbanse hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis nadat hy verlede jaar ’n kollega by die polisiestasie op Ekhombe doodgeskiet het.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, sê die slagoffer, sers. Melusi Thokoza Sibisi, was op die noodlottige dag in bevel van die gemeenskapdienssentrum by die polisiestasie.

Nhleko het Sibisi op 24 Mei verlede jaar, die dag van die moord, ingelig dat hy siek is en nie by die werk gaan wees nie. Hy is egter later die dag opgemerk waar hy glo by die polisiebarakke gesit en drink het.

Sibisi het na bewering foto’s of ʼn video van hom probeer neem terwyl hy gedrink het. Nhleko het dit agtergekom.

Die woedende Nhleko is daarna weg om sy dienspistool te gaan haal en is na die polisiestasie waar hy Sibisi doodgeskiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Plaaskind ·

Wreedaardig, laat mens wonder hoe veilig mens in polisie teenwoordigheid is.

Persheks Adri ·

Glad nie veilig nie Plaaskind ons moet na onsself kyk en die klomp word betaal dis die ergste van alles!

Nie Verbaas ·

Ai, Cele seker trots op sy mense wat amper weekliks in media blootgestel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.