25 jaar vir seun wat ma vermoor

Ruan van Heerden en een van sy medebeskuldigdes, Colin William Phelps. (Foto: Christel Cornelissen)

Ruan van Heerden, die jong man wat meer as twee jaar gelede sy ma verskeie kere met ʼn mes gesteek het en toe sy pa getakel het, is Woensdag 25 jaar tronkstraf opgelê.

Ruan (20) het vroeër skuldig gepleit op aanklag van moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Die Pretoria-streekhof het Ruan 25 jaar direkte tronkstraf opgelê vir die moord op sy ma, Magda, en die gepoogde moord op sy pa, Barnie.

Magda en haar man is op 10 Januarie 2020 in hul huis in Pierre van Ryneveld in Centurion aangeval deur hul seun en glo sy vriend, Colson Phelps. Ruan was toe slegs 18 jaar oud en pas uit ’n rehabilitasiesentrum vir dwelmverslaafdes ontslaan.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Magda het die dag voor die aanval Ruan berispe omdat hy R200 uit sy pa se beursie gesteel het. Later die aand, toe sy in die sitkamer gesit het en Barnie reeds geslaap het, is sy deur haar seun oorval.

“Ruan het glo saam met sy vriend teruggekeer huis toe en ʼn mes in die kombuis gaan haal. Hy het sy ma herhaaldelik met ʼn mes gesteek, terwyl sy vriend glo na Ruan se ouers se slaapkamer gegaan het en Barnie met ʼn gholfstok aangerand het,” sê Mahanjana.

“Nadat Ruan sy ma gesteek het, het hy na sy pa se kamer gegaan en hom ook gesteek.”

Magda is sowat 36 keer gesteek en is eers byna twee jaar later dood nadat sy nooit volkome van haar beserings herstel het nie. Sy was vir sowat sewe maande ná die aanval in die hospitaal en was boonop ʼn lupuslyer.

Hoewel Barnie ook met ʼn mes getakel is, was sy beserings nie so ernstig nie en hy was kort daarna weer tuis.

Voordat die twee Ruan se ouerhuis verlaat het, het hulle van sy ouers se besittings gesteel, onder meer ʼn voertuig, ʼn  kringtelevisiestelsel, ʼn beursie, ʼn selfoon en ses bokse sigarette.

Ruan en Phelps is kort ná die voorval in hegtenis geneem, waarna Phelps versoek het om na die Weskoppies- psigiatriese hospitaal gestuur te word vir waarneming. Die psigiatriese resultate het egter aan die lig gebring dat Phelps geskik is om verhoor te word. Sy verhoor sal 10 Junie begin.

Barnie het in sy slagofferimpakverklaring gesê hy is erg deur die voorval getraumatiseer en ontvang tans behandeling vir depressie en angs.

Voordat Magda dood is, moes hy vir haar gesorg het, met geen kennis van die verpleging van so ʼn brose pasiënt nie, het hy aangevoer.

Hy het bygevoeg dat hierdie voorval hom nie net ʼn wewenaar gelaat het nie, maar ook kindloos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ek kan sekere dinge nie begryp nie en die vonnis is fantasties. Wat ek nie kan begryp nie is ons swart landgenote wat moor en byvoorbeeld n 12 jaar vonnis kry en na 6 jaar weer op straat is.

piet ·

Jy kan nie 12 jaar kry as jy aan moord skuldig bevind word nie. 15 jaar is die minimum straf vir moord. Daar is verskillende “grade” van moord en sekere versagtende (of verswarende) omstandighede word ook in ag geneem daarom die verskillende termyn vonnisse. Oscar het byvoorbeeld die minimum vonnis gekry vir moord. As jy nie lewenslank kry vir moord nie maar ‘n spesifieke termyn, kan jy waarskynlik in aanmerking kom vir parool nadat jy die helfte van die termyn gesit het (beteken nie dat jy wel parool gaan kry nie soos ons by Oscar sien waar hy reeds amper ‘n jaar teug al in aanmerking gekom het vir parool en steeds sit). Jy maak ook ‘n algemene stelling dat swart mense ligter strawwe kry, dis van alle waarheid ontbloot.

Nie Verbaas ·

Nkululeko “Flabba” Habedi se meisie het hom met mes gesteek en hy is dood so sy het moord gepleeg. Sy het 12 jaar gekry en ek neem aan daar was versagting. Sy is op parool en hoe lank voor sy weer besluit dat dit die beste uitweg is?

piet ·

Nie Verbaas – Dis regtig ongewoon en beslis nie die norm nie. Daar is definitief ‘n minimum voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar vir moord. Ek dink wat hier gebeur het, is dat die Hof buitengewone omstandighede gevind het wat die afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis “regverdig”. So dan het die Hof steeds ‘n diskresie om selfs die mimimum voorsgeskrewe vonnis te omseil maar dit is uiters buitengewoon en raar maar dan het ek ook nou iets geleer dat dit wel moontlik is. Interessant in hierdie geval dat sy na 7 jaar op parool vrygelaat is terwyl sy reeds na 6 jaar in aanmerking sou kom vir parool. Indien sy die minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar gekry het sou sy minstens 7 en ‘n half jaar moes sit, so sy het in die hele proses so 6 maande ge-“score”.

Nie Verbaas ·

Dankie vir die terugvoer. Laat mens net twyfel oor hoe konsekwent ons regstelsel is.

piet ·

Ek dink nie dit het iets met konsekwentheid te doen nie. Elke saak het sy eie unieke omstandighede. Soos ek se, dis ‘n uiters rare verskynsel dat die Hof van die voorgeskrewe minimum vonnis sou afwyk maar dis moontlik en in die geval is dit wel gedoen. Daar moes definitief spesiale omstandighede gewees het want dis ongehoord dat die Hof dit sou doen. Sal interessant wees om hierdie spesifieke uitspraak te lees want die regter sal redes verskaf hoekom daar van die voorgeskrewe minimum vonnis afgewyk is en die NVG sou geappelleer het teen die vonnis as dit heeltemal onvanpas was.

Wat op dees Aarde ·

Sy het haar loon betaal. Ek voel nogsteeds dat sy in ‘n toksiese verhouding was en het haarself verdedig. Die waarheid sal ongelukkig nooit uitkom nie, maar sy het ‘n blink toekoms gehad voor die tragedie plaasgevind het.

Rooikopheks ·

Tragies, hoeveel ouers word aangerand en vermoor omdat hul kinders dwelmslawe is?

Flip ·

Ja, dis baie hartseer om te dink dat daar skurke is wat miljoene maak met die dwelms wat hulle versprei en dan ander se lewens om te krap.

Jr ·

Indirectly it can be blamed on the govt of this country. As jong mense nie opbouende opvoeding en education kan kry wat sal ly na n ordentlike werk sal baie van hierdie insidente nie gebeur nie. If youth have value then they will value

Wat op dees Aarde ·

Ja, en dit is te blameer op die onwettige immigrante van Nigerië. Hulle kom hier aan, verkoop hulle dwelms, maar ‘n paar miljoen en verdwyn dan soos ‘n groot speld.

Clifford ·

Wonder hoeveel sulke gevalle daar was toe lyfstraf nie teen die wet was nie en ouers nog in staat was om dissipline te handhaaf.

piet ·

Ek twyfel of lyfstraf enigsins iemand met moordgedagtes sal beinvloed. Ek het ‘n vermoede dat so ‘n persoon nog meer aggressief kan grootword want hy sou sy ouers waarskynlik meer gehaat het as daar geweld in die huis was.

RB ·

Snert Piet!
Opvoeding wat van dag 1 af in n liefdevolle huis gebeur, met verantwoordelike ouer-optrede en konsekwente toepassing is meer werd as enige aardse skatte!
Ons het slae gekry as deel van n goeie, liefdevolle opvoeding. In my eie huis het ons diè opvoeding voortgesit – met groot sukses en n steeds liefdevolle, baie hegte familie.

Daar was geleer wat reg is sààm met die slae. Reel was dat daar na 1e oortreding gepraat word, na 2e weet jy dit was jou laaste waarskuwing. Gevolge van sulke tipe oortredinge wanneer jy volwasse is, is breedvoerig verduidelik. Volgende keer is dit slae. Jy IS mos gewaarsku, jy hèt verstaan, nou dra jy gevolge.
Ons het baie goed verstaan, geweet en gesien dit gebeur alles in liefde met ons eie toekoms in gedagte.

Ek sal dit nooit anders wou hê. Die Woord leer ook so.

piet ·

‘n Liefdevolle huis en pakslae gaan nie vir my so lekker saam nie. Ek het nooit slae gekry by die huis as kind nie (ek sal my ouers as redelik konserwatief beskryf) en was besonder voorbeeldig. Daar is baie beter en meer suksesvolle maniere om kinders te dissiplineer as om hulle ‘n pakslae te gee. Die Woord se jy moet jou kind “tugtig” (as ek reg onthou) en daar is wel verse wat praat van om nie die roede te spaar vir SEUNS nie. Ek wonder nou net oor al hierdie tienermeisies wat so onbeheerbaar raak, hulle is mos nou gespaar van die “roede” volgens die bybel.

Patch ·

Ek dink ‘n goeie pakslae wanneer nodig kan nie as geweld in die huis gesien word nie. Ons ouer garde is streng groot gemaak en ‘n pakslae op die regte tyd het nie skade gedoen nie, maar ons, ons ouers laat respekteer. As jy iets verkeerd gedoen het, wat jy geweet het gaan jou in die moeilikheid bring, kon jy maar weet ‘n pakslae is oppad en jy sal dit nie gou weer doen nie of liewers nooit weer nie. Nie ek, een van my sibbes of ons mans is vandag geweldadig of aggresief omdat ons as kinders ‘n goeie loesing gekry het as die daad daarna gevra het nie. My eie kinders (nou in hul 20’s) het pakgekry toe hul jonger was, albei hul laaste pakslae toe hulle reeds op hoërskool was en nie een is geweldadig of aggresief nie maar kinders met goeie maniere en respek vir hul medemens.

piet ·

Patch, ek reken ‘n pakslae sal net in sekere gevalle dalk voordelig wees en dit is by uitstek die gevalle waar ‘n andersins voorbeeldige kind iets verkeerds doen en dan ‘n pakslae kry. Dan sal dit nie as sulks die geweld van die pakslae wees nie maar meer oordat die kind (wat andersins voorbeeldig is) sal skaam wees oor sy optrede en dus ‘n pakslae moes kry. Pakslae help niks vir rerige (permanente) stout en opstandige kinders nie inteendeel die verdere geweld van ‘n pakslae sal hulle nog meer opstandig en ongedissiplineerd maak met nog minder respek vir hul ouers. Daar was seuns saam met my op skool wat elke dag pak gekry het. Dit het sommiges net meer opstandig en kwater gemaak en ander het dit al hoe meer afgelag en nog minder respek vir die onderwysers getoon.

May10 ·

Fisiese straf word geassosieer met verhoogde kinderaggressie, antisosiale gedrag, laer intellektuele prestasie, swakker gehalte van ouer-kind verhoudings, geestesgesondheidsprobleme (soos depressie) en verminderde morele internalisering. Ek wens julle wil ophou met dit, al wat julle daai kinders leer is hoe om hulle probleme op te los met agressie. Dit is al hoeveel keer bewys, en as jy my nie glo nie ,gaan kyk elke reeks moordenaar was geslaan deur sy ouers. Hou op bollie praat en gaan doen julle navorsing oor “corporal punishment”. My ouers het my geslaan en vandag is ek okay, se die man met agressie probleme wat sy vrou slaan. (Ek se nie jy saaln jou vrou nie)

Di ·

DWELMS verwoes so baie mense se lewens! Hierdie verslaafdes sal enige iets doen om dwelms in die hande te kry, selfs moor! So bly hy sit in die tronk waar hy hoort

Wondermaarnet ·

Net 25 jaar? Hoeveel keer moet ons nog pleit vir die doodstraf?

Helene ·

Net ietsie om oor te dink in terme van die doodstraf: Met spesifiek Suid-Afrika se verwronge regstelsel (en ek dink nou spesifiek aan die hofuitsprake & regsbeslissings van Penny Sparrow en die “k”-woord versus verskeie herhalende haatuitsprake van die EFF), wie gaan aan die spreekwoordelike “kortste ent” trek wanneer die doodstraf in ons huidige politieke klimaat her-ingestel word?

Wat op dees Aarde ·

Ek stem vir die doodstraf terugbring. Maar, dit moet behoorlik toegepas word. Ek is seker heeltemal té optimisties om daardie woorde te gebruik, maar in sake soos bogenoemde, met verdoemende bewyse, sal dit voldoende wees. Ook in sake van verkragting waar verdoemende bewyse soos DNS beskikbaar is wat die slagoffer direk koppel aan die oortreder.

ES ·

Ongelukkig sal dit teenstrydig wees met ons Konstitusie, so die kanse is minder as nul.

Hennie Biebouw ·

Wil jy regtig aan die ANC se kader deployed regstelsel die reg gee om oor jou lewe of dood te besluit? Be careful what you wish for….

piet ·

Maroela, hy het nie ‘n lewenslange vonnis gekry nie maar 25 jaar tronkstraf met die gevolg dat hy waarskynlik die helfte daarvan in die tronk sal sit voor hy in aanmerking kom vir parool. As hy lewenslank gekry het, moet hy 25 jaar sit voor hy in aanmerking kom vir parool.

Herpiet ·

Die wet word nie konsekwent toegapas nie. Gaan kyk. Moordenaars van ander kleur kom uit op parool na 7 jaar. As hulle nie al ontsnap het nie

Waarnemer ·

25 jaar is te min vir n 20 jarige moordenaar…op 4t is hy weer op straat terwyl sy slagoffer steeds dood is en sy pa steeds ly…..eintli behoort ons land die doodstraf terug te bring….n oog vir n oog en n tand vir n tand.

piet ·

Vragie vir jou – Dink jy ‘n persoon wat iemand doodmaak as hy gedrug of gedrink is, of in ‘n ander geval waar die persoon ‘n ander se dood weens nalatigheid veroorsaak (strafbare manslag) moet ook die doodstraf kry? En wat van daai uitsonderlike gevalle (dis raar maar gebeur)waar die persoon skuldig bevind word maar nie skuldig is nie…….

Delia ·

So is dagga gewettig vir persoonlike gebruik. Ek wonder hoeveel psigisters is geken in die besluit. Dagga is in baie gevalle die stepping stone na meer gevaarlike dwelms. Was seker maar n ekimomiese besluit.
Ek praat nie hier van medisinale dagga waar die hallusinogene komponent verwyder is nie.

Watsenaam ·

Hoekom is drank en dwelms so vrylik beskikbaar vir die jong mense. Hierdie is nou n pleistertjie wat op die probleem geplak word. Dit is tyd dat ons regeering wakker word en die werklikke oorsaak naamlik dwelmhandel aanspreek.

Andre ·

Jou ouers is jou Skepper, want hulle skep jou liggaam en hulle skep jou Gees. Hierdie kind het die lewe van een van sy twee Skeppers geneem en verdien niemand se genade nie. Ek sou hom op Death Row wou sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.