Lewenslank vir verkragter

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 16-jarige meisie is tot lewenslange tronkstraf gevonnis in die Greytown-landdroshof in KwaZulu-Natal.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die 16-jarige meisie is deur haar kêrel se vriend verkrag. Mvunyelwa Ndawonde (19) het die slagoffer by sy vriend se huis in Msinga gekry en haar met ʼn mes gedreig voor hy haar verkrag het. Ndawonde het na Estcourt gevlug na die verkragting en is later in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.