ʼn 55-jarige vrou is lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van ʼn verstandelik gestremde man by sy huis in Krugersdorp.
Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê die vrou is as die man se versorger aangestel. Sy het hom verskeie kere verkrag en seksueel aangerand terwyl sy ouers nie tuis was nie.
Die 21-jarige slagoffer het die bure vertel wat aan die gang is en die saak is by die polisie aangemeld.
Die versorger is die afgelope week in die Krugersdorpse streekhof skuldig bevind en lewenslange tronkstraf vir verkragting en ses jaar vir seksuele aanranding opgelê. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.
Die polisie het die vonnis geloof as verdere bewys van sy toewyding tot die uitwissing van geslagsgebaseerde geweld.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Siek verby.
Ai mense hoe siek moet jy nie wees nie.
Hierdie is regtigwaar verby tragies en skokkend. Wat ‘n siek individu. Die jong man was geensins opgewasse teen die vrou nie. Sy verdien haar straf.
Disgusting
Walglike daad……