Lewensverwagting hoër vir SAners

Die lewensverwagting van ʼn gemiddelde Suid-Afrikaner het oor die laaste drie jaar toegeneem, luidens ʼn gesondheidsverslag van The Lancet.

“Belangrike veranderinge het in die land plaasgevind, wat die lewensverwagting tot 60 jaar verhoog het,” sê The Lancet. In 2009 was die lewensverwagting van die gemiddelde Suid-Afrikaner 54.

Navorsers sê die verbetering van die gesondheidstelsel het grootliks hiertoe bygedra. Die regering se pogings om mense oor lewenstylrisiko’s in te lig het ook ʼn impak gehad.

“Spesifieke beleids- en programveranderanderings is duidelik vir al vier die sogenaamde botsende epidemies: HIV en tuberkulose; chroniese siekte en geestesgesondheid; besering en geweld; en moederlike, neonatale en kindergesondheid,” lui die verslag.

“Groot rasverskille bestaan in sosiale bepalings van gesondheid, veral in behuising en sanitasiegeriewe vir die arms en ongelykheid tussen die geslagte.”

The Lancet bepaal dat die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NHI) die situasie verder kan verbeter. “Transformasie van die gesondheidstelsel na ʼn nasionale instansie wat op gelykheid en meriete baseer is en op ʼn doeltreffende menslikehulpbron-sisteem gebou is, kan verder daartoe bydra dat Suid-Afrika die lewe van sy burgers verbeter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.