Lewensverwagting in SA daal skerp weens Covid-19

Argieffoto (Foto: USA-Reiseblogger, Pixabay)

Lewensverwagting in Suid-Afrika het met ʼn paar jaar gedaal as gevolg van die Covid-19-pandemie, het Statistieke Suid-Afrika Maandag gesê.

Suid-Afrika is die land in Afrika wat die swaarste deur Covid-19 getref is met nagenoeg 2,3 miljoen infeksies waarvan 66 859 sterftes aangemeld is.

Diego Iturralde, hoofdirekteur van demografie en bevolkingstatistiek, het gesê die lewensverwagting vir mans het van 62,4 jaar in 2020 gedaal tot 59,3 jaar in 2021. Vir vroue het dit van 68,4 jaar in 2020 gedaal tot 64,6 jaar.

SSA waarsku dat die statistiek nie ʼn vooruitskatting is van individuele lewensverwagting nie, maar slegs ʼn instrument wat vir gesondheidsbeleid gebruik word en dit wys in hierdie geval slegs op die las van die pandemie.

Die bevolking word na raming op 60,14 miljoen mense bepaal. “Daar was ʼn beduidende toename in sterftes in 2021, ongeveer 34%, en dit het tot die daling in lewensverwagting gelei,” het Iturralde bygevoeg.

Vir meer inligting kan die volledige verslag hier afgelaai word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan ·

Nie weens covid-19 nie maar wel weens die wyse waarop covid-19 hanteer, misbruik en “bestuur” word.

Johan ·

100% Jan…daar is nie (genoeg) meer mense dood om die gem. af te bring nie, die verlies aan lewens standaard veroorsaak dat meer mense vroeër aan ander goed doodgaan. Dus is jy reg, dit is nie agv covid nie maar agv die regulasies. Piet, meer mense gaan bv. aan kanker dood omdat hul toegang to hospitale geweier word of eenvoudig te bang is om te gaan. Hul gaan nie aan covid dood nie, maar agv die hantering daarvan.

isabelle ·

skrikwekkend….ek wil skaars op ‘social media’ gaan want daar is gereeld RIP en was nooit so erg nie

Anoniem ·

Moenie vir “Covid” skuld gee vir alles nie, lewensverwagting daal skerp as gevolg van
STRESS waarin gelewe moet word want alles is onbeheerbaar in ons land

SjN ·

Sal graag verskil in lewens verwagting statistieke volgens etniese groepering wil sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.