‘Liberty Fighters’ teleurgesteld oor staat wil appelleer

(Argieffoto: Riaan Cronje)

Die Liberty Fighters Network (LFN) wat vandeesweek ʼn oorwinning in die hooggeregshof behaal het toe regter Norman Davis bevind het die regering se afsonderingsregulasies vir risikovlak 3 en vlak 4 is ongeldig en ongrondwetlik, het hul teleurstelling te kenne gegee met die regering se besluit om teen die uitspraak te appelleer.

Reyno de Beer, president van dié netwerk, sê hulle het teen gisteraand nog geen kennis van die voorneme om te appelleer ontvang nie. Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Donderdag gesê die besluit om te appelleer is tydens ʼn spesiale kabinetsvergadering geneem.

“LFN is gereed om enige poging tot appèl deur die regering teen te staan en sal dié uitdagings as verteenwoordigers van die land aanvaar,” het De Beer laat Donderdagaand gesê.

Volgens hom is die organisasie verstom deur die boodskappe van dank wat hy nie net uit Suid-Afrika ontvang het nie, maar ook uit die res van die vasteland en selfs die VSA. De Beer sê die netwerk het ʼn nie-amptelike rol as afgevaardigde van die mense van die land aanvaar terwyl al die politieke partye in die parlement hulle afsonderingsteun vir ʼn duidelik gedisoriënteerde regering gegee het.

“Pleks daarvan om die regulasies in ooreenstemming met die Grondwet te bring en die voortslepende misbruik van menseregte stop te sit, het die regering op ʼn vreemde roete van teenstand besluit,” het De Beer gesê.

Die VF Plus het intussen ook gesê hy het ʼn probleem met die kabinet se besluit om die ramptoestand tot middel volgende maand te verleng omdat die parlement nie insae in dié besluit gehad het nie.

ʼn Ramptoestand kan vir drie maande verklaar word, waarna dit op ʼn maand-tot-maand-grondslag deur die betrokke minister – in dié geval Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake – verleng kan word.

“In die geval van ʼn nasionale noodtoestand bepaal die Grondwet dat die president die parlement moet toestemming vra om die tydperk na 21 dae verder te verleng. Die regering kan nou, ingevolge die nasionale ramptoestand, doen wat hy wil sonder parlementêre oorsig,” het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, gesê.

“Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar en vorm tewens deel van die party se huidige hofgeding om die inperking ongrondwetlik te laat verklaar.”

Groenewald het gesê die Rampbestuurswet stel geen verantwoordebaarheid van die betrokke minister voor die parlement nie en die parlement kan daarom nie ʼn oorsigrol speel oor die besluite wat sy neem nie.

Hy het gesê dit is ook vir die party teleurstellend dat die regering besluit het om appèl aan te teken in die LFN-saak.

“ʼn Verantwoordelike regering sou eerder sy trots in sy sak gesteek het en die 14 dae soos deur die hof bepaal, gebruik het om die betrokke regulasies in ooreenstemming met die uitspraak te bring.”

Volgens Groenewald is dit nie in die belang van die land of sy inwoners dat alle mag en besluitneming by die ANC en sy ministers lê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Dink enige iemand die heersers van die land sal toelaat dat howe vir hulle voorskryf wat om te doen ? Die grondewetlike hof is vir hulle geskep om onder die verwrongde persepsie van demokrasie , om alles plat te vee wat net lyk na teekanting . Daar sal niks teen hulle gedoen word nie . Dit het hulle al dekades terug besluit en dit word nou uitgevoer . Onaantasbaar .

Danie

@Melaney. Hulle mag in beheer wees maar hulle is nie die hoogste gesag nie. Ons mense is net nog aan die slaap en wanneer die realiteite regtig gaan inskop en ons dwing op ons kniee dan sal ons weer sien dat God die hoogste gesag is. Ons mense het die wereld gevolg en dit is tyd dat ons wegdraai. Luister hoe juig van ons mense dit is net Madiba voor en Madiba agter die vader van die volk. Hy is en was niks van my, nie my vader nie en ook nie my naaste nie net soos my hande vol… Lees meer »

Willem

Trots wat se trots

Michael 1

Die regering het soveel verskuilde agendas dat daar verwag kan word dat hulle teen alle redelike en regverdige uitsprake sal appelleer, eerstens omrede hulle onbevoeg is en tweedens gebruik hulle belastingbetaler geld en nie hulle eie nie.

Fedup

Well, first of all i want to thank mm for doing such a great job bringing us news that concern the public. Secondly, this circus want all of the south africans on our knees before them. Begging and asking permission to breath. Now i wish groenewald all the best in bringing the curcus to its knees. I will never bent the knee or beg from or for anyone. I will never let anyone take away my rights or my freedom. Which is one thing the media is forced to do to us. This circus has done so much damage to… Lees meer »