Lichtenburg-man vra borgtog ná seun (15) se dood

Lichtenburg. Argieffoto: ANA

Jaco du Plooy (46), ʼn inwoner van Lichtenburg in Noordwes, het Donderdag in die dorp se landdroshof verskyn in verband met ʼn skietvoorval vandeesweek waarin ʼn 15-jarige seun tydens ʼn gewelddadige betoging doodgeskiet is.

Du Plooy, wat werksaam is in die boubedryf, staan tereg op ʼn aanklag van moord en twee aanklagtes van poging tot moord.

Hy word daarvan beskuldig dat hy Dinsdagoggend vir Spencer Tshukudu van Blydeville, vermoedelik ʼn betoger, op die Boikhutso/Lichtenburg-pad doodgeskiet het. Twee jeugdiges, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, is tydens die skietvoorval gewond.

Peet du Plessis, Du Plooy se regsverteenwoordiger, het Donderdag aan Maroela Media gesê sy kliënt het in ʼn vol gepakte hof formeel om borgtog aansoek gedoen. Du Plooy voer aan hy het glo skote gevuur om homself te verdedig nadat betogers hom en sy werkers die oggend in sy voertuig met klippe bestook het.

Die staat het die aansoek teengestaan en hanteer die saak as ʼn skedule 5-misdryf.

Die staat het die ondersoekbeampte in die saak geroep om te getuig. Die staat het aangevoer borgtog moet geweier word, aangesien dit die openbare orde gaan versteur en Du Plooy se lewe in gevaar gaan wees as hy vrygelaat word.

Du Plessis het aangevoer die hof moet met sy beslissing kan bewys dat dit wel die geval sal wees, sou borgtog toegestaan word. Hy het gesê Du Plooy is bereid om verhoor te word.

Die landdros het sy uitspraak voorbehou en sal dit op 19 Oktober lewer. Du Plooy bly tot dan in aanhouding.

Nagenoeg 2 000 betogers het buite die hof teen Du Plooy se vrylating betoog.

Maroela Media het vroeër berig die skietvoorval het gevolg nadat ʼn groep inwoners van Blydeville vroeër die oggend die dorp se strate ingevaar, verskeie paaie met voorwerpe versper en ook ʼn vragmotor geplunder en aan die brand gesteek het. Die inwoners betoog oor ʼn tekort aan dienslewering en bewerings van korrupsie in die munisipaliteit. Hulle dring onder meer aan op bekostigbare behuising, ʼn kliniek wat 24 uur per dag oop is en ʼn skool.

Betogers het vroeër vanjaar ook die strate ingevaar om oor dienslewering te betoog. Die betogers het op 24 Mei vir Daniel Buthelezi, die burgemeester van die Ditsobola-munisipaliteit, gyselaar geneem en ʼn gedeelte van die munisipale gebou aan die brand gesteek. Buthelezi is ure later bevry.

Spencer se ouers, Willem Mothoki (41) en Dorah Tshukudu (45), het Woensdag aan African News Agency gesê hulle is gebroke oor hul seun se dood.

Mothoki het gesê hy het die oggend sy seun in die straat gesien en hom aangesê om huis toe te gaan. Mothoki is daarna werk toe en is later ingelig sy seun is doodgeskiet. Joseph Esemang, wat beweer hy het die skietvoorval sien gebeur, het aan die verslaggewer gesê Spencer was nie deel van die betoging nie “en wou net motoriste waarsku oor die paaie wat versper was”.

Spencer Tshukudu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

MERAAI ·

Ag shame………………….. en die boere wat vermoor word????????

Frikkie (Nie pienk) ·

Hy wou net motoriste waarsku oor die paaie wat versper was!!!!! Glo my vry!!

Piet Snot ·

Daai onskuldige gesiggie op die foto: ek glo voorwaar hy kon nie by klipgooiery betrokke gewees het nie. Enigiemand anders, maar hy? Nooit!

Albaster ·

Waarom versprei die polisie en media altyd die sweet oulike kinderfototjies van aanvallers, hoekom nie soos hy nou lyk nie? Want hulle probeer die publiek manipuleer, simpatiek vir die krimineel wek.

Sê maar net1 ·

Daai foto is seker 10 jr oud en wek geen simpatie by my nie – as dit die bedoeling was.
Die beskuldigde het hom en sy werknemers beskerm – laat hul ook getuig.
Nogg’n geval waar die reg net eensydig is.
Ek bid vir jou mnr du Plooy

Ouma ·

Ja nee, tronk is jou voorland as jy jouself en jou werkers probeer verdedig teen ‘n klipgooiers wat nog ‘n kind is, en op die skoolbanke moes wees. Motoriste is al dood en het breinskade opgedoen agv ‘n klip wat deur ‘n motorvenster gegooi is. Maar dit is mos niks. Hoe gaan die toekoms lyk met kinders wat nou al so mooi geleer dat geweld die antwoord is? Hierdie is ‘n erfenis van die ANC. Hulle het die volk geleer dat oproer die goed en reg is, en nou sit hulle met die gebakte pere.

Racheltjie ·

Wat verwag die reg….hoe moes die man homself en sy kind beskerm het?

ECT ·

@Racheltjie – JY MAG NIE JOU EIE LEWE EN DIÉ VAN JOU GELIEFDES BESKERM NIE!!! Dit is nou, as jy blank is. As daar dan iets soos dié gebeur, word jy summier in die tronk gestop en moet jy weke daar bly voor ‘n borgtog aansoek gebring mag word. Dan moet jy boonop vlug vanuit jou eie huis en buurt of plaas, want die ‘gemeenskap’ soek jou bloed.

Maar die ‘betogers” (ek sou hulle graag ‘n ander woord wou noem, maar MM is mos polities baie korrek en sal dan nie my opmerking plaas nie) het al die reg: hulle mag jou bakkie, waarvoor jy hard gewerk het en wat jy dalk nog afbetaal, verniel, jou kop inslaan met ‘n baksteen of klip, maar jy mag jouself NIE VERDEDIG NIE!!!

Dit is hoe dit in die nuwe SA werk.

EJ ·

Ag al weer dieselfde storie. Vir sy eie veiligheid. Ja nee kyk as dit anders om was sou daardie persoon klaar borg gekry het. Dis n sirkus.

Hanna ·

En die gepeupel bepaal weereens n onskuldige (hy is mos nog onskuldig tot anders bewys kan word) man se lot. Hoe belaglik! Die skieter v die jong vrou in Montana, Pta so 2 mnde gelede, het nog nie n enkele dag agter tralies deurgebring nie… Maak nie sin nie.

Zak ·

As Willem in die skool was en nie in die pad klippe gegooi het nie, kon hy vandag nog geleef het……

Koos ·

You play by the sword you die by the sword… die man wou himself verdedig en is aangeval en gegooi met klippe maar hy is die verkeerde kleur en nou n moordenaar… RSA is n sirkus

Jaco ·

Jammer maar die een stem ek glad nie saam my bevolking. Dit is n kind. Ek is self n pa en as ons kinders af gemaai en vermoor word is deel van ons lewens weg. Dan wil ons he geregtigheid moet geskied as die persoon of persome gekry word. Net so se ek ook hier die verdagte moet vat wat na sy kant kom.
Sterkte vir jou wat soos Rambo net loop en skiet

pieterdp ·

Ek sit rustag en lees die mentare. So waar is daar iemand wat somer net klaar die oordeul vel. Reg of verkeurd.
Ek my self wou nie komentaar lewer nie wand ek het nie al die fuite nie.
Maar Jaco dit wil voorkom of jy als weet. Gee ASB vir ons ook die fuite dan kan ons ook oordeul.

Mayday ·

Ek kan nie glo dat ‘n normale mens sulke SNERT kan kwytraak nie. Gooi jou kinders klippe en bakstene en petrolbomme en brandende tyres na onskuldige motoriste (‘n man en ‘n klein seuntjie in ‘n kar) want dan hoort JY EN HY IN DIE TRONK~!!

Liewe Heksie ·

Stem saam met Jaco, kon die man nie gedink het daar gaan probleme wees nie. Hoeveel maal het ons dit nou al gesien, ons mense sal moet twee maal dink voor jy iets onbesonnig aanvang, want jy gaan nêrens kom in die land van ons nie. Daar word voorkeur gegee aan die swart mense uit en klaar, dit is nou hulle land.

Haan ·

Liewe Heksie en Jaco – ek het pas n baie lang antwoord aan julle getik en toe weer uitgevee omdat, ek besef het dat julle nie lekker verstaan hoe die wêreld werk nie en n MM kommentaar gaan julle ook nie van mening laat verander nie.

Baie sterkte aan julle twee hoogheiliges

Chrisjan ·

So nou is dit ‘n onbesonne daad om jou lewe te beskerm?

Vermeende ·

Jaco dis tyd om te leer, in die 70 is die kinders deur die ANC ingespan om vooer te loop is Sharpvill en die res is geskiedenis. Wat n ouer sy kind leer het die bree publiek nie beheer oor nie.
Vra jou self die vraag af, wat het die knaapie daar gemaak, was hy saam sy ouers daar om klip te gooi e getalle vol te maak?
Nee Jaco jy is verkeerd as jy dink enige persoon in nood gaan stop en eer ouderdomme vra voor hy sy wapen trek.
Plaas eerder die blaam voor die deur van die regering en die organiseerders en nie die “Rambo” soos jy se nie.
Gaan vind meer uit oor die maand voor die Sharpvill slagting, die hoeveelheid wapens waarop daar beslag gele is en hoeveel SAP lede daar vermoor was, dan kom versprei jy jou retoriek verder hier.
Alle kinders weet jy mag nie karre met klippe gooi of steel of moord pleeg nie behalwe die oorledene, hy was seker maar by n optog toe sy ma die ander kinders die reels geleer het.

Dit is jammer dat n kind aan die ontvang kant gestaan het van die veteloosheid wat heers in die land.

Marius ·

Jaco,
die “kind” het as ‘n misdadiger opgetree, nie ‘n kind. Die persoon het ‘n reg om homself en sy kind (wat nie misdadig opgetree het) te beskerm.

Lizette ·

Ek wil net weet, Joseph Esemang sê hy het die voorval gesien gebeur maar waar is die werkers wat saam met Jaco du Plooy was. Kan hulle dan nie vertel presies wat daar gebeur het nie? Dit is tog vir hulle wat hy verdedig het teen die betogers.

Astrid ·

Hier is nou net te veel stories, die een berig lees hy en sy seun was in die kar, die ander een lees hy was saam met werkers, die ander een lees skoon dat hy net uit die kar geklim het, gesê het hy gaan hulle doodmaak en toe net los gebrand???? Ek weet eerlik nie meer wat om te glo nie! Ek stem nie saam met wat hy gedoen het nie maar ek kan wel sê dat ek moontlik dieselfde sou dan as my seun in die kar was en hulle my wel bedreig het. Ongelukkig gaan ek ook byvoeg dat in vandag se rasistiese tye moes hy ook van beter geweet het! Laastens, die seun was nie in die skool nie omdat sy ma nie skoolvonds kon bekostig nie, ek weet van talle skole wat slegs ‘n R 100.00 ‘n maand vra en as dit nie betaal word nie word die kinders nie net uitgeskop nie. Daar is werklik geen verskoning nie, ek dink nie die man sou net geskiet het as hy nie bedreig was nie, nie in vandag se tyd waar elke wit man vervolg word vir ‘n skewe kyk nie!

Leahim ·

Die media manipuleer die nuus om die maksimum sensasie te kry dit is die rede hoekom hierdie gevalle so onwaar klink MM ,RSG,media 24 almal verskillende weergawes van wat gebeur het.

Gerrit ·

Mense glo dat as hulle dit in die media lees dan is dit so en in realiteit kom dit nie naby aan die waarheid nie

JG ·

Wat vir een groep n “seuntjie van 15” is, is vir n ander groep n “terroris van 20+”…so wie is reg ?

Chrisjan ·

Die een met klippe in die hand en die dooie oe is die terroris.

ME ·

Ek ken hierdie ou baie goed. Hy sou nie sonder rede net link en regs begin skiet nie en veral nie ‘n kind doodskiet met opset nie. Hy verskaf werk aan baie mense in Lichtenburg en het ook ‘n familie en kinders. Hy sal vir hulle sy lewe gee. Beslis nie die tipe ou wat met opset enige persoon sal skiet met die doel om dood te skiet nie. Was verseker uit self verdediging om homself en die mense by hom te beskerm. Sterkte Jaco!!

Butterfly ·

Ons almal wat vir Jaco ken weet hy sal nie so iets doen nie. Baie Sterkte aan Jaco en Sy familie!!!!!!!!!!!!

Jaco ·

Pieter.
Hier is n fuit vir jou. DIT WAS N KIND. Ek is jammer maar as dit by kinders kom pla velkleer my ni. Hy is n kind en heti van beter geweet ni. N kind verdien pakslae nie die dood no……..

Chrisjan ·

Kind se voet man. Ek daag jou uit om so ‘n kind ‘n pakslae te probeer gee. Jy sal hard en vinnig uitvind hoe voel dit om vir jou lewe te veg. Sy pa het nie eers beheer oor hom gehad nie.

Leahim ·

Daai pak slae is ook teen die wet en dit is die rede hoekom hy nie respek vir ander mense se eiendom het nie my kinders kry slae en sal hulle nooit skuldig maak aan die soort gedrag nie.

Mayday ·

JAnee nou dat dit weer ‘n wit man was wat homself en sy seuntjie teen ‘n stormende dreunende massa probeer verdedig het en nie geMIK het om die kind te skiet nie, nou sal daar weer 2000 opstokers om die hofgebou saamdrom. HOEKOM Is julle nie daar as die plaasmoordenaars verhoor word nie? WAAR kom julle almal nou vandaan? As julle nie so mal gegaan het tydens die onluste nie, was die kind nie nou dood nie. dit is JULLE skuld .. die betogers wat kinders opsteeek!!

Liewe Heksie ·

Dit is hoekom ek sê hy moes gedink het om nie sommer net te geskiet het nie, as hy gevoel het sy lewe is in gevaar, hoekom het hy nie om gedraai en weg gery nie? Vra maar net? En waar is ons wit mense as die moordenaars van wit mense in die howe voorkom, hoekom betoog ons nie ook nie, nee dit is darem te benede ons, ons sit liewers op die kantlyn en lewer kommetaar.

Ek ·

15 jaar oud maar hy wil betoog?? Wat weet hy tog?? As hy in die skool was waar hy hoort en nie saam die groep klippe gegooi het nie sou dit nie gebeur het nie.

Louise ·

Ella, Jaco en Liewe Heksie.
Ek stem 100% saam met julle.
Wanneer mens se dat hy verkeerd opgetree het om die 15jarige te skiet se mens nie dat die betogers reg was nie. Eintlik wil julle mense se dat as gevolg van die appartheidsjare kan ons net los trek en skiet as iets nie lekker lyk nie. Maak nie saak of dit n kind was of nie.
Ek stem nie saam nie. Hy het tyd gehad om sy geweer uit tehaal en so kon hy n skietgeveg veroorsaak het, maar hy het nie tyd om weg te ry nie. Dis baie meer onverantwoordelik om uit jou kar te klim en te begin skiet as om te probeer weg kom en so jou kind te beskerm. Ek gaan beslis nie rondstaan met n geweer en wag en sien wat gebeur nie. Hy het verkeerd opgetree punt. Hy het die lewe van n 15jarige gevat omdat hy kwaad was en nie bedreig gevoel het nie. Waar is ons land nie net dat ons die dood van n kind reg praat nie. Ek weet mense ie keelvol vir plaas moorde, ek is ook moeg daarvoor, Maar moenie laat ons dwaal van wat reg en verkeerd is nie. Die dood van n kind regverdig nie die plaas moorde en so regverdig plaas moorde ook nie die dood van n kind nie. Ons kan nie die verlede verander nie.

Elsabe ·

Wat het hy daar gesoek en nee borg sal nie toegestaan word nie sy kleur is verkeerd HY IS WIT

Ella ·

Dit is so hartseer om die kommentaar te sien van al die mense hier. Ja ek weet miskien het Jaco bedryg gevoel, maar geen mens het die reg om n ander mens se lewe te neem nie. Laat ons vir een oomblik bietjie vergeet van velkleur en dink aan die hartseer wat die familie van n jong oorledene se familie moet deur gaan. Ja ons almal maak foute maar wie gee ons die reg om te oordeel.

Verbaas ·

Ella/Jaco. Ja dit is hartseer omdat n lewe verlore is, maar ek sal graag wil weet wat julle sou sê indien dit met iemand gebeur wat julle ken. Ken die man al jare en was nog nooit iemand wat so iets sou doen sonder rede nie.

Ella ·

Verbaas al het ek die persoon geken as n goeie mens en hy het verkeerd opgetree dan moet hy/sy verantwoordelikheid aanvaar vir hom/haar optrede. Jy is reg miskien was daar n rede vir sy optrede , maar die feit bly staan dit was n verkeerde optrede en daarvoor moet hy verslag gee. Ons praat hier van n lewe wat hy geneem het.Maak nie saak wie of wat die persoon was nie, daardie persoon het familie wat lief was vir hom.

Jcd ·

Hello mense ek lees die goed wat almal nou se en te se het.
As dit jy en jou kind was en daar was opsie jy en jou kind of veg om weg te kom wat sou jy doen?almal kan praat en se net wat julle wil ek ken die man ook persoonlik en hy sou nooit so iets doen as hy enigstens n ander opsie gehad het nie.hy nie so mens nie hy het ok kinders en vrou dit was dalk hy of die ander een daar was dalk nie n opsie nie.nie een van ons was daar in daai voertuig om te kan se hoe en wat gebeur het nie.ek ok al 10 stories gehoor en gelees en ek glo nie die helfde nie want ek ken jaco baie goed en hy liefdevolle mens ek dink julle moet ophou oordeel en mooi dink wat as dit jy was.

JJVR ·

Ella, welke of die beskuldigde reg of verkeerd opgetree het, hy gaan ‘n prys betaal hiervoor. En daarin le die hartseer. Want hy’t homself, sy werkers en sy eiendom probeer beskerm en het heelwaarskynlik instinktief opgetree…die hofsaak, die publiek en die media gaan hom veroordeel sonder dat enige van hulle in sy skoene gestaan het. Net so min so wat jy voel hy die reg gehad het om ‘n lewe te neem, net so min het daardie mense die reg om sy lewe te bedreig. As jy in sy situasie was sou jy met sekerheid se jy sou anders opgetree het? Niemand van ons weet werklik hoe ons sal optree as duisende betogers op ons afstorm nie! Betoon eerder empatie met hierdie man en sy gesin, staan hom by of at the very least moenie oordeel nie!!! Hy en sy familie gaan deur hel en daar le nog ‘n lang pad voor vir hulle, wees dankbaar jy staan nie in sy skoene nie.

Nossob ·

kind? In ander landfe was hy al n ervare soldaad wat geblinddoek n AK uit mekaar kon haal en weer aan mekaar sit. as jy oud genoeg is om te betoog is jy glad nie meer n kind nie.

Zoro ·

Ai! Dis nou al weer een van daai gevalle – ek is ook bekommerd oor die beskuldigde se veiligheid en ander inwoners dis sal wys wees as hy nie nou al borg kry nie.

MM ·

Soos ek verstaan het sy net die 1 kind – so se hulle almal as iets gebeur – As jou kind by die skool was soos dit moes wees – dink die skole het al begin – was alles okay – 17 & 20 jaar die ander 2 – Soek eerder werk – of kyk julle waar daar winkel afgebreek word sodat julle weer kan steel – DIT IS TOG AL WAAROOR DIE BETOGINGS GAAN!!!!!Jammer maar geen gevoel hier nie – wat julle so lekker uitddeel – ontvang julle maar net. Hoop die ou gaan okay wees. Sterkte

Theresa ·

Plundery en gyselaars neem en aan die brandsteek van duur vragmotors! DIS die mense wat gevang en nou moet wag vir vonnis.
As hul dit nie gedoen het nie – was dit nie nodig dat ‘n man homself (en sy werkers) moes beskerm nie!! 2000 wag buite om hom moontlik aan te val. Hoeveel wag binne om dit in elk geval te doen! Skandelike manier van geregtigheid. Kry die twee werkers se verklarings?

Ten spyte van die ernstige graad van hierdie berig en kommentare kon ek nie help om te glimlag te midde van ei van y wor’; ee wat eu word nie…

Daladin ·

Wat van die weermag man wat die vrou in die bors geskiet het??? hy was nie eers op ge sluit nie. EN SY HET NIE EERS KLIP GEGOOI NIE!

Vermeende ·

Hel ek is baie oud of seniel maar daai kind op die foto kan onmoontlik nie 15 wees nie, daai kind lyk so 9 of 10.

MM kan julle nie in die opvolg van die storie net by die foto van die kind byvoeg dat dit dalk n ou foto kan wees nie????

Kabouter ·

Punt is wat het hy daar gesoek as hy onskuldig was? Hulle kan moor, steel, verkrag, brand, martel, afbreek ens…………..!!!!!!!! Maar as jy jouself en jou mense verdedig is jy n rasis en dan moet jy betaal vir jou dade. Hy het gekry wat hom toekom een minder om oor te worry. Ek is n ouer en 2 van my kinders en hulle gesinne was deur gewapende rowers oorval in hul huise en my kleinkinders rond gegooi soos poppe en onskuldige diertjies dood geskop en 9mm teen hulle koppe gedruk nee wat ons is die sagte teiken. Jaco ek bid dat die Here jou en jou familie en jou regsgeleerde gaan by staan en jou ly in die donker tyd. Glo en vertrou want ons God is n regverdige God. Amen

bgj van der westhuizen ·

kinder van van dag word te veel beskerm pas op hulle doen net wat hulle wil en is altyd onskildig maar daar moet eerder gevra word waar was die sapd om die mense te beheer as hulle hulle werk gedoen het sal die mense nog gelewe het en sal die man nie nodig gehat het om te skiet om sy lewe en ander en eiendom te beskerm nie

MM ·

Wat die die BOER WAT WREED DEUR SY WERKERS AANGEGERAND IS – WAT VAN DIE VROU WAT IN HAAR HUIS VERMOOR IS – SORRY MAAR DEESDAE IS DIT MAAR ELKE KLEUR VIR HOMSELF.

Johnny smith ·

‘n Klip is in staat om iemand te dood – of dit nou deur ‘n volwasse terroris of ‘n tiener terroris gebruik word. Ek was self 3 jaar gelede deur ‘n oproerige terroris in die gesig gegooi met ‘n klip, ernstige beserings opgedoen bv. tande uit sinus kanale beskadig en derduisende rande se mediese kostes, sonder mediese fonds. ‘n Paar sentimeters hoër en ek was heel moontlik nie meer hier nie. Vir iemand wat nog nooit in so vreesaanjaende situasie was is dit baie maklik om op die kantlyn te sit en te oordeel.

Renette ·

Mense n saak het altyd 2 kante en dan kom daar nog altyd n klomp stertjies aan wel kom ek stel dit so, Meneer jy het n uitstekende Prokureer alle strekte met jou hofsaak en jammer oor die feit dat jy nie borg op die oomblik kan kry nie.
Hulle wil nou die selfde maak as wat hulle met die Coffin case in Middelburg gemaak het jou in die tronk hou vir jou eie veiligheid, ek dink regtig nie dit is veilig in die tronk nie.

SO BAIE,BAIE STERKTE.

HJ ·

Dis hartseer dat ñ kind van 15 gesterf het en nie reg opgevoed was nie. Ek glo nie vir een oomblik dat hy so onskuldig was nie. Vra jouself gou-gou een ding? Wat as die situasie omgekeer was en daai 15 jarige kind was die oorsaak van die WIT man…..sy kind of een van sy werkers se dood, wat sou dan gebeur het. Kom ek sê jou wat sou gebeur het. Niks!! Ons lewe in ñ land waar die Polisie ons en hulself nie eers meer kan beskerm nie. Ons leer ons kinders van reg en verkeerd. Om klippe te gooi en te betoog is beslis nie deel van ñ kind se opvoeding nie.

Johnny smith ·

Die enigste fout wat hy gemaak het was om homself aan die onbevoegde owerhede te gaan oorgee het. Dit is ook baie duidelik dat die gepeupel nie glo aan onskuldig tot skuldig bewys bo enige redelike twyfel.

FielaSeKind ·

Wie van julle was al self in so ‘n situasie?
Wie van julle was al deur ‘n massa omring en gedreig?
Ek was al en dis skrikwekkend om die minste te sê. As my kinders by my was sou ek verseker ons verdedig het as ek gedink het dat dit nodig was. In daai situasie waag jy nie om op te tree nie tensy jy geen ander uitweg het nie.
Hulle het gisteraand 3 van ons trokke in die area aangeval. Voorruite en vensters uitgegooi in ‘n poging om hulle te kry om te stop. Die manne het kop gehou en bly ry. Een van die drywers moes hospitaal toe vir behandeling. Hulle voel niks vir jou of jou familie nie. Wat van ons menseregte???

Johnny smith ·

Stem saam – as jy nog nie in so situasie was bly eerder stil. Heeltemal te veel “keyboard warriors & bleeding heart’s”

Vlam ·

Soveel verkeerde inligting. Baie minder as 2000 betogers gewees, alhoewel dit geklink het soos 3000.

Leslie Reynolds ·

Eerstens, wat doen hierdie jong knaap van 15jr op straat daardie tyd van die dag? Hy moes op skool wees. Die betogers het geen reg en, onder geen omstandighede die publiek se eiedom te beskadig en, lewens in gevaar te stel nie. Hulle oortree die wet en dit is jou volle reg om jou eindom en lewens van jou familie te beskerm. Mnre, selfs ‘n klip in jou hand is ‘n gevaarlike misiel wat ‘n lewe kan eis. Dus, het die man en elke mens in hierdie land die reg om sy en, sy familie te beskerm ten alle koste. Die Staat het nie ‘n saak nie.

Israel ·

In 1999, the Tel Aviv District Court ruled that damage caused by rocks thrown at a vehicle is considered a hate crime, not a traffic accident. Rock throwing may seem harmless, but rocks can kill. If we ignore rock throwing, we potentially encourage even more severe hate crimes and higher-scale terror attacks.

honourable member ·

Nee wat glo nie vir n oomblik hierdie “kind” was so onskuldig nie. Hierdie storie word weer so verdraai. Alles vir sensasie en aandag.

Pieter ·

En as die army en die polisie hulle werk Kon doen was die strike gestap nog voor hy begin het nou moet mense self die betogings stop en Dan nog tronk toe gan omdat hulle die saps se werk moet doen nee wat gee Mar op in die land is krimenele vry

Mariana ·

n Mens lewer jou kommentaar maar dit word nie eers geplaas nie.

bkzee ·

Wat soek die kind by betogings hy moes sy agterent op die skoolbanke gehad het. Op daardie ouderdom het ek nie eens aan sulke goed gedink nie my ma sou letterlik my basvelle aan die wasgoeddraad opgehang het!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.