Lichtenburg-saak: Man weer in hof

Ondersteuners buite die hof tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA.

Die 46-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat ʼn 15-jarige seun tydens ʼn gewelddadige betoging doodgeskiet is, het Donderdag vlugtig in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.

Frank Lesenyego, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê die saak is tot 31 Januarie 2018 uitgestel wanneer die saak na verwagting na die hooggeregshof oorgeplaas sal word.

Maroela Media het vroeër berig Jaco du Plooy, wat werksaam is in die boubedryf, staan tereg op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord. Du Plooy word daarvan beskuldig dat hy op 10 Oktober vir Spencer Tshukudu van Blydeville, vermoedelik ʼn betoger, op die Boikhutso/Lichtenburg-pad doodgeskiet het. Twee jeugdiges, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, is tydens die skietvoorval gewond.

Du Plooy voer aan hy het glo skote afgevuur om homself te verdedig nadat betogers hom en sy werkers die oggend in sy voertuig met klippe bestook het.

Die staat voer aan hy is nie aangeval nie en het losgebrand op die tiener en sy vriende terwyl hulle verkeer herlei het om die betoging wat 700 meter verder in die pad plaasgevind het te vermy.

Die skietvoorval het gevolg nadat ʼn groep inwoners van Blydeville vroeër die oggend die dorp se strate ingevaar, verskeie paaie met voorwerpe versper en ook ʼn vragmotor geplunder en aan die brand gesteek het.

Die inwoners het betoog oor ʼn gebrek aan dienslewering en bewerings van korrupsie in die munisipaliteit. Hulle dring onder meer aan op bekostigbare behuising, ʼn kliniek wat 24 uur per dag oop is en ʼn skool.

Tshukudu is tussen die oë geskiet en is op die toneel dood. Du Plooy is in Oktober op borgtog van R20 000 vrygelaat. Sy borgtogvoorwaardes is Donderdag verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

lizl ·

Betogings is aanvaarbaar, dis aanvaarbaar om mense se goed af te brand, te breek, en dan ook onskuldige mense aan te val… maar wee jou as jy jou verdedig teen `n misdadiger….

Pietro ·

Ja en ‘n handwapen skiet 700m ver. Mens kan nie eers behoorlik sover sien nie.

Frikkie Geld en huis ·

Goeiste aarde!!!!! Ek hoop van harte Ouer se kinders kry nie ook tuisonderrig nie.

snoefie ·

wel die eintlike skuldiges is die spul freeloaders wat nie rekeninge betaal nie en perfekte diens geweldadig eis met padversperrings. kla hulle almal van medepligtigheid aan.

SlowJoe ·

Maar duPlooy se vuur is negatief met die koeël wat uit die kop verwyder is.

Rabes ·

Die jeugdiges het die verkeer herly om nie by die betogings probleme te ondervind nie. Buldust, dit is weer ‘n triek deur die staat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.