Lichtenburg-saak: NW-regering vra vir kalmte

Tonele buite die hof. Foto: Molaole Montsho/ANA.

Die provinsiale regering in Noordwes het inwoners van Blydeville gemaan om kalm te bly nadat Jaco du Plooy (46), ʼn plaaslike inwoner wat in hegtenis geneem is nadat ʼn 15-jarige seun tydens ʼn gewelddadige betoging doodgeskiet is, op borgtog vrygelaat is.

Sello Lehari, LUR vir onderwys en sportontwikkeling in Noordwes, het gesê die feit dat Du Plooy se borgtog op R20 000 vasgestel is, wys dat die hof die saak ernstig neem.

Hy het inwoners gemaan om kalm te bly sodat die reg sy gang kan gaan. Du Plooy word daarvan beskuldig dat hy op 10 Oktober vir Spencer Tshukudu van Blydeville, vermoedelik ʼn betoger, op die Boikhutso/Lichtenburg-pad doodgeskiet het. Twee jeugdiges, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, is tydens die skietvoorval gewond.

“Die plaaslike munisipaliteit doen alles in sy vermoë om die familie [van die slagoffer] in dié tyd by te staan. Sy begrafnis sal dié naweek gehou word in Blydeville,” het Lehari gesê.

Hy het ʼn beroep op die inwoners gedoen om die oorledene se gesin die ruimte te gee om hom in vrede te kan begrawe.

Lehari het ook gesê ʼn taakspan doen sy bes om te verseker dat daar dienste na die omgewing gebring word. “Laat diensverskaffers saam met regeringsamptenare toe om die omgewing binne te gaan,” het Lehari gevra.

Lehari is die voorsitter van ʼn taakspan wat vroeër vanjaar op die been gebring is deur die Noordwes-regering om die oorsaak van betogings in Ditsobotla vas te stel en stabiliteit te herstel.

Maroela Media het vroeër berig ten spyte van ʼn groep inwoners wat Donderdag buite die hof saamgedrom het om teen Du Plooy se vrylating te betoog, het die landdros in ʼn volgepakte hof borgtog toegestaan. Die saak is tot 30 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Tonele buite die hof. Foto: Molaole Montsho/ANA.

Maroela Media het vroeër berig Du Plooy, wat werksaam is in die boubedryf, staan tereg op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord.

Du Plooy voer aan hy het glo skote afgevuur om homself te verdedig nadat betogers hom en sy werkers die oggend in sy voertuig met klippe bestook het.

Die staat het die aansoek teengestaan. Die staat het aangevoer borgtog moet geweier word aangesien dit die openbare orde gaan versteur en Du Plooy se lewe in gevaar gaan wees as hy vrygelaat word.

Die skietvoorval het gevolg nadat ʼn groep inwoners van Blydeville vroeër die oggend die dorp se strate ingevaar, verskeie paaie met voorwerpe versper en ook ʼn vragmotor geplunder en aan die brand gesteek het.

Die inwoners betoog oor ʼn tekort aan dienslewering en bewerings van korrupsie in die munisipaliteit. Hulle dring onder meer aan op bekostigbare behuising, ʼn kliniek wat 24 uur per dag oop is en ʼn skool.

Betogers het vroeër vanjaar ook die strate ingevaar om oor dienslewering te betoog. Die betogers het op 24 Mei vir Daniel Buthelezi, die burgemeester van die Ditsobola-munisipaliteit, as gyselaar geneem en ʼn gedeelte van die munisipale gebou aan die brand gesteek. Buthelezi is ure later bevry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Gee dan beskerming nie tronkaanhouding ·

As die hof bang is dat vrylating n bedreiging inhou, gee dan beskerming en handhaaf orde, moet nie onskuldige mense in tronk aanhou net om hulle sogenaamd te beskerm nie.

Peet J ·

Moes du Plooy nou eers die geweldadige betogers se ouderdomme gaan vasstel het alvorens hy waarskuwingskote mag afgevuur het. Dit het lankal tyd geword dat ‘n beperking deur die leiers wat hierdie onluste voorstaan ingestel word dat alleenlik persone wat stemgeregtigdes is daaraan mag deelneem Dit sal ook kriminele aksies uit die weg kan ruim.

Christo Conradie ·

Hulle moet leer om op te hou klipgooi na onskuldige mense. Wie gee vir hulle die reg om dit te doen? Word hulle ge-arresteer en aangekla van poging tot moord of ernstige aanranding as hulle dit doen? Die polisie kan of wil nie wet en orde handhaaf in sulke gevalle nie. Of hulle KAN nie want hulle is of onbevoed of te min! Hulle hamer daarop dat hulle mense en eiendom sal beskerm, maar hulle slaag nie daarin nie. Dit lei tot frustrasie wat aanleiding gee tot voorvalle soos hierdie!

Kiepie ·

Mnr du Plooy, indien en sodra jy onskuldig bevind word in die hof lê ‘n siviele klag teen die staat omdat hulle gebrek aan dienslewering direk daartoe bygedra het dat jy in ‘n situasie geplaas is waar jy ‘n lewe moes neem ten einde jouself te beskerm.

Gielie ·

Ja, ek weet, raak al afgesaag, maar ek gaan dit skryf: as my 15-jarige seun vandag in sy kamer sit en huiswerk doen, en ‘n mens breek in en skiet hom dood vir sy selfoon, gaan die LUR van onderwys betrokke raak? En gaan die plaaslike munisipaliteit my familie bystaan en help met die begrafnis? En gaan my gemeenskap gemaan word om kalm te bly? Ek weet: Nee.

Annie ·

Stem saam met almal hierbo – ‘n kind van 15 behoort in die skool te wees (dis as die skool ook nie afgebrand is deur hulle nie), maar hulle leer by hulle ouers om te betoog want hulle het ook seker almal net st 3. Nou betoog hulle sommer vir swak dienste en wat nog – geen wonder hierdie land is in die gemors nie. In hierdie land as jy swart is kom jy met alles weg – BOER ons staan almal agter jou.

Sê maar net1 ·

Wat sou dié jeugdiges en die ander betogers aan die man en sy werkers gedoen het as hy noodgedwonge moes stop agv hul klipgooiery? Hom vredeliewend laat gaan het? Hy hét homself verdedig

Tarina ·

As die plaas boere so vermoor word, word die families ook bygestaan en gehelp met begrafnis reelings en en en…..vra maar net, want duidelik vang hulle 99% van die tyd nie eens die wat betrokke was nie.

honourable member ·

Hierdie arme man gaan nou vir die res van sy lewe moet sorry se. Boere word daagliks uitgemoor maar dis nie belangrik nie.

Loeis ·

“”Die plaaslike munisipaliteit doen alle sin sy vermoe om die familie [van die slagoffer] in die tyd by te staan.””

Kom ons spel dit maar uit: die man is aangeval, en was dus ook ‘n slagoffer, maar natuurlik staan die munisipaliteit hom nie by nie, want hy is wit.

marous ·

Gaan die aanklaer , landdros en ondersoek beamptes stil sit as hulle deur mense met klippe gegooi word? Gaan hulle uit hulle karre klim terwyl die klippe op hulle reen en hulle afgesper word om ID nommers te vra om vas te stel wie minderjarig is en wie nie? Gaan hulle gearresteer word as hulle optree deur hulself te beskerm? Ek hoop van harte hulle en hul families word elke dag hieraan blootgestel vir jare!

Bokkie Langeveldt ·

Ek bly ook in Lichtenburg.En glo my dat ons almal geraak word deur hier groot gemors waarin ons dorp is.Ongeag van jou ras of. Kleur.Almal kry swaar.Baie saterkte aan Jaco en sy familie.

Awie Opperman ·

Hi Bokkie, dit klink of jy vir Jaco persoonlik ken. Weet jy of hy die borgtog bedrag kan bybring en of ons moet help. Baie sterkte daar vir julle, ek glo dat Jaco onskuldig bevind sal word, soos hy behoort te word, indien ek die omstandighede reg verstaan. Alle rasse word geraak, maar een spesifieke ras word altyd uitgemaak as die skuldige party en die ander word net gevra om te bedaar en nie die hele plek af te breek nie. Ons moet verstaan dat ons krag in die Here lê en dat Hy ons wil seën in alle omstandighede. Ek bid dat Hy julle ook hierdeur dra en dat geregtigheid sal geskied.

Willie ·

My 15-jarige kind is in die skool, besig om opvoeding te kry sodat sy eendag n bydrae kan lewer tot die samelewing. Sy is nie besig in strate om optogte te hou, te toy-toy en onskuldige mense in karre met klippe te gooi nie. Die mense se mentaliteit kan en sal ek seker nooit verstaan nie…

Boet Fasie ·

Sy ouers moes gesorg het dat hy by die skool is waar jy kan leer, dit gebeur as jy in die strate wil rondhardloop saam met betogers. Kla die ouers ook aan vir nalatigheid.

knor ·

As ek so tuseen die lyne lees, het die staat Du Plooy gedreig deur te sê sy lewe sal in gevaar wees as hy op borgtog vry gelaat word.

Hennie ·

Daar bestaan nie iets soos ‘n waarskuwings skoot nie, as jou lewe in gevaar is dan het jy die reg om jouself te verdedig. Die vuurwapen wet stel dit duidelik, “until the threat has been eliminated”.

Die polisie lyk my het dit eens dat ‘n persoon se lewe net in gevaar is as die ander party ‘n vuurwapen het, asof mens nie aangerand of vermoor kan word met ander voorwerpe of wapens nie.

Andy ·

Hennie, Ek ken die wet op die beheer van vuurwapens redelik goed. Die wet het te doen met die beheer van vuurwapens terwyl die strafproseswet en gemenereg te doen het met selfverdediging of die beskerming van lewe. Watter wet en spesifiek watter artikel van daardie wet spel die woorde uit soos jy aanhaal?

Callie ·

Ek wil net dankie sevir die blankes wat by die hof was. Glo my, die swartes het nie gedink die wittes gaan bymekaar begin staan nie. Asb, alle blankes kom ons begin ook net soos almal ons mense by hof ondersteun

Chrisjan ·

Jy is reg, saam met dit benodig ons ‘n regskoste fonds om mense by te staan.

theo ·

ek stem saam, as ons blankes nie gaan saam staan , gaan ons ingesluk word. ek woon in PTA maar in denke is ek saam met Lichtenburg. dis presies wat die Koisan doen anders het hulle taal, kutuur vedwyn.

se net ·

Dis die trotse Boerelegioen lede, sluit gerus aan – kyk op facebook. Jul sal nog baie van BL te sien kry, dis net die begin!

Alicia ·

Waarom is kinders by geweldadige betogings betrokke. Kla ouers ook aan vir kindermishandeling, kinders ONDER 18 jaar behoort nie betrokke te wees in optogte of betogings.

snoefie ·

“Die staat het die aansoek teengestaan. Die staat het aangevoer borgtog moet geweier word aangesien dit die openbare orde gaan versteur en Du Plooy se lewe in gevaar gaan wees as hy vrygelaat word.”.
as dit die geval sou wees, het die onus op die staat gerus om seker te maak dat “, openbare orde gehandhaaf word. maar dis n gerieflike skuifmeul om swart misdadigheid weg te steek.
buitendien, persone met agterstallige munisipale rekeninge wat aan sulke optogte deelneem moet summier van openbare oproer aangekla word. jy kan immers nie DIENS verwag as jy nie daarvoor betaal nie.

Karlien Venter ·

Jy is 100% reg. Die probleem is vat die wat nie betaal nie se Dienslewering weg dan wil hul plunder en brand. Meeste kry dit verniet dan wil hul nog klippe gooi. Kom ons vind uit of daardie area ooit betaal vir krag ens. Eskom gee mos vir miljoene gratis krag. Grants..grants..grants.. die belastingbetaler moet mos inboet en gaan kyk wie hulle is. Meeste armlastiges is nie meer armlastig nie en hul kinders bly in hul huise en ontvang dienste gratis… nog n rede hoekom Munisipaliteite onder gaan. Die gesteel na krag … nog erger.

hannes marais ·

dit gaan so erg gaan,ons witmense gaan gedwing word om saam te staan…

anton ·

Ha ha. Wittes gedwing word om saam te staan………Dit sal die dag wees. Ons weet nie wat die woord beteken nie!!!

Adam ·

Anton, ek het lekker gelag. Blankes kan nie “saamstaan”nie, maar wel “saam staan”. Lg is om rugbykaartjies te koop, konserte by te woon ens.

Cobus Pretorius ·

Die bloed is op die hande van korupte amptenare wat net hulle self wil verryk en nie ‘n flenter voel vir ander mense nie…

Guillaume Jordaan ·

Was die skietvoorval gepleeg deur n ander ras sou geen haan daarna gekraai het. Dit is lankal tyd dat die regering daadwerklik ingryp en ALLE betogings verban. Dit word gebruik as toegang om wetteloos en krimeneel te ” mag ” optree. Betogers sien dit as hul reg om te plunder en ander onskuldige wet-gehoorsame mense te beseer met hul wettelose optredes. Hierdie mispersepsie van betogers moet in die kiem gesmoor word. Hierdie onbenullige opsetlike plundery van betogers is mense lankal keelvol. Ons sit op n tydbom waar meer en meer mense na “mob justice” begin neig. Wie op hierdie stadium in ons huidige regering, is mansgenoeg om hierdie bom se lont op die regte manier te trek. Wet en orde het ons land verlaat 22 jaar terug. Wie gaan dit weer herstel?

Stofskoen ·

Die blankes in die land is te wyd verspreid. Om enige impak te hê nou en die toekoms in, sal moet besluit word om baie of alles materialisties te verloor en te verhuis na een spesifieke provinsie bv. waarvan die Wes Kaap seker die meeste sin maak.

Slegs dan sal sal die Verenigde Nasies hoor wat ons behoeftes is.

Ons sal mekaar moet bystaan soos die Voortrekkers dit gedoen het.

Dit klink onmoontlik, maar is daar enige ander oplossing?

Dit is moelik om te aanvaar, en ek sluit myself in as ek noem om alles hier in Gauteng te los, en wild en wakker êrens heen te vaar.

Dereck Le Roux. ·

Kinders word al van die vroegste tye in die struggle as kanonvoer gebruik veral in geweldadige betogings omrede daar nie ernstige nagevolge is vir ‘n kind indien hy/sy grarresteer word nie en as die kind gedood of gewond word is die propaganda waarde soveel hoer en kry gewoonlik aansien in die gemeenskap en daarom misbruik kriminele kinders ook om dieselfde redes terwyl hul moontlik saam met die ouers “betoog” of selfs deur die ouers op die voorgrond gestoot word vir die politieke waarde aan die “betoging.”

vonnue ·

Die staat bevestig met hulle rede teen borg inderdaad dat die man uit self verdediging op getree het. Indien hulle beweer dat sy lewe in gevaar is deur dat dieselfde mense hulself nie kan beheer nie. Bevestig hulle ook dat die mense n wesenlike gevaar vir sy lewe in gehou het toe hy homself verdedig het

Gerhard Swanepoel ·

Die betogers wat teen die swak diens lewering van die regering en sy munisipaliteite betoog moet hieruit n les leer. Hulle moet ander lede van die publiek wat ook onder swak dienslewering ly se eiendom respekteer en uitlos. Hulle moet ophou om die publiek se eiendom aan te val en te brand. Indien hulle aanhou daarmee moet hulle die volle verantwoordelikheid vir die gebeure aanvaar en ook as die lede van die publiek wat aangeval word hulle self met geweld verdedig en daar dan lewens verlies voorkom. As iemand my en my eiendom aanval gaan ek voor die voet die aanvallers onskadelik stel. Al beteken dit dat ek hulle moet doodskiet. As my eiendom en lewe bedreig word gaan ek dit met alles tot my beskikking beveg. En as iemand my daaroor wil arresteer gaan ek hulle ook doodmaak of hulle vir my want dan is hulle aan die kant van my aanvallers.

Karlien Venter ·

Hy was nie n vermoedelike betoger nie, hy was dan daar. Hy was n betoger!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.