Lichtenburg-saak: ‘Seun tussen oë geskiet’

Spencer Tshukudu se ma, Dorah Tshukudu (tweede van links), saam met familielede in die hof tydens Jaco du Plooy se aansoek om borgtog (12 Oktober 2017) Foto: ANA

ʼn Tiener van Noordwes wat tydens betogings in Blydeville dood is, is tussen sy oë geskiet, het die Lichtenburg-landdroshof Donderdag gehoor.

Kapt. Ratati Monyai, staatsgetuie en ondersoekbeampte, getuig tans in die borgtogaansoek van Jaco du Plooy, wat daarvan beskuldig word dat hy die 15-jarige Spencer Tshukudu doodgeskiet en twee ander beseer het.

“Op 10 Oktober 2017 was vier individue op die hoek van Sannieshof- en Thabo Mbekiweg besig om motoriste te herlei, aangesien ʼn betoging in die gebied plaasgevind het. Hulle wou die motoriste help om die betoging te vermy en het alternatiewe roetes voorgestel.

“Die drie sluit raadslid Motlhamme van Boikhutso, die oorledene en twee ander in. ʼn Wit bakkie het by die toneel opgedaag en hulle het vir die bestuurder gewys hy moet omdraai, omdat die pad 700 meter verder versper is. Die bestuurder het uit sy voertuig geklim en op hulle geskiet. Die oorledene is tussen sy oë getref,” het Monyai aan die hof gesê.

Hy het gesê daar was nie enige betoging by die kruising nie; die betoging was 700 m verder in die pad af.

“Die beskuldigde se lewe is nie gedreig nie. As hy aangeval is, sou sy voertuig en raadslid Motlhamme se motor beskadig gewees het.”

Hy het getuig dat Du Plooy se lewe in gevaar sal wees as hy op borgtog vrygelaat sou word. Dit sal ook tot openbare onrus lei.

“ʼn Boer in die Rietfontein-gebied het my reeds gekontak oor dreigemente wat hy ontvang. Mense wil hom aanval, want die beskuldigde is van daardie gebied. Die enigste plek waar die beskuldigde veilig sal wees, is in aanhouding,” het hy aan die hof gesê.

Hy het bygevoeg Du Plooy se vrou het van hul huurplaas gevlug vir veiligheidsredes en sy bly saam met vriende in die dorp.

Du Plooy voer aan hy is aangeval en het homself en sy werknemers verdedig. “Ons was in groot gevaar. My werknemers het afgespring en weggehardloop. Ek het uit selfverdediging ʼn paar skote geskiet,” het hy in ʼn verklaring, wat deur sy prokureur Peet du Plessis aan die hof voorgehou is, gesê.

Du Plooy het gesê hy het nie eiendom op sy naam nie, hy is ʼn sakeman in die konstruksiebedryf. Hy huur die plaas in Rietfontein, ongeveer 10 km vanaf Lichtenburg. Hy is getroud en het vier kinders. Hy is die enigste broodwinner.

Hy het gesê hy is nie ʼn vlugrisiko nie, aangesien sy familie en finansiële belange in Suid-Afrika is.

Staatsaanklaer Rebaone Mokgosi het aan die hof gesê Du Plooy se aansoek om borgtog moet nie goedgekeur word nie, aangesien die gemeenskap ontstoke is oor Tshukudu se afsterwe.

Mokgosi het gesê die gemeenskap in Coligny het onskuldige mense se huise aan die brand gesteek nadat twee mans, wat daarvan beskuldig is dat hulle Matlhomola Mosweu vermoor het, op borgtog vrygelaat is.

Inwoners van Blydeville het buite die hof betoog en die hof gevra om nie Du Plooy op borgtog vry te laat nie. Hulle het in Nelson Mandelarylaan ʼn optog gehou nadat hulle gehoor het die saak is tot 19 Oktober uitgestel en Du Plooy bly in aanhouding.

Landdros Motlhopa Diale sal na verwagting op 19 Oktober ʼn uitspraak lewer oor die aansoek om borgtog.

Lees alle vorige berigte oor die Lichtenburg-skietvoorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Leahim ·

Die media manupuleer die feite om maksimum sensasie te kry net twee vrae .Die beskuldigde se voertuig is dit beskadig deur klipgooiers?Wat se die werkers hoekom het hulle weg gehardloop?

Buitestander ·

Die onskuldige bloedjie wat vreed saam op pad skoolt toe gestap het is sumier dood gedkied en die nogal stussen die oë.
Polisie treë met geweld teen sulke oortreeders op.

Domvraag ·

Monyai moet ook verduidelik hoekom die polisie nie die betogers verwyder het nie en hoekom “onskuldige ” mense die verkeer gereguleer het. Waar was die polisie? Nou wil Monyai aanvoer dat die skieter klaar skuldig is en nie borg moet kry nie. Hy is n polisieman en behoort die wet te onderhou wat sê jy is nie skuldig totdat die hof dit bewys het nie. My ervaring is dat die polisie weinig doen om die betogers inbeheer te hou.

Hanna ·

Ai Jaco, ek is bevrees die gemeenskap het reeds jou lot bepaal. Die landdros is net so bevooroordeeld. Mag die Here met jou wees. Ons dink aan jou en jou geliefdes.

Leahim ·

Nee nie die gemeenskap net die media met hulle alewige eensydige beriggewing.

Ben ·

Waarom betoog en optogte hou op plekke waar mense moet werk en verkeer moet beweeg Dis mos snert man , dit moet end kry .
Dit strem die hele ekonomie en veroorsaak woede want mense word geteiken wat net met hulle werk wil aangaan

Israel ·

In 1999, the Tel Aviv District Court ruled that damage caused by rocks thrown at a vehicle is considered a hate crime, not a traffic accident. Rock throwing may seem harmless, but rocks can kill. If we ignore rock throwing, we potentially encourage even more severe hate crimes and higher-scale terror attacks.

Wim Kotze ·

Ja, ons weet die Israelis hou nie van die filistyne nie, maar wat het dit met Lichtenburg te doen?

Frikkie (Nie pienk) ·

Ek dink in die meeste gevalle, waar die blankes dan nou so wreed optree teenoor (natuurlik) onskuldiges, is die landdros deel van die gemeenskap. Die gemeenskap bepaal dus die uitspraak.
Indien Du Plooy vrygelaat word, sal dit lei tot openbare onrus. Dus, daar is nie tans openbare onrus nie???

Gopro ·

Mens het nie tyd vir selfoon videos as jy in gevaar is nie. Ek dink maar aan Gopro kamera op die dash om my self te beskerm met die regte feite.
Waar gaan ons eindig?

Ig ·

Ek wonder net wat sou gebeur het as die 15 jarige vir Jaco raakgegooi het en hy het gesterf?

Gerrie ·

Ons sou nie eens daarvan deur media ingelig gewees het nie.

Frik ·

Hoekom is n 15jarige nie op skool? Hy reguleer karre saam met n raadslid? Ek dink hy is deel van die betogers ..hy kan ook nog nie werk nie so hoekom is hy nie by die skool nie?

Adam ·

Die geval is teen die tyd breedvoerig deur die media gedek. Dit blyk dat die skietery ver weg van die werklike protes plaasgevind het en dat die beskuldigde uit sy voertuig geklim het. Dit dui bt wyse van afleiding daarop dat sy lewe nie bedreig kon wees nie en dat die nog een van die “trigger happy” brigade se vergrype was. Misdaad bly misdaad, ongeag die kleur van die misdadiger.

Boerin ·

Hoekom ondersoek die polisie nie klagte van intimidasie teen die een wat gebel het en dreigemente maak nie? Nou word die regstelsel (onregstelsel) gyselaar gehou deur dreigemente dat onskuldige mense se eiendom in gevaar sal wees as hy op borg vrygelaat word. Nee wat, enige iemand wie se oë nog nie oop is oor wat in die land aan die gang is nie….

Dedicated hunter ·

Stem saam met Haan! n ‘kopskoot’ met n handwapen, rerig? Op watter afstand? In n ‘stressed ‘ omstandighede? Dis nie Western fliek nie! Wie kan daai “nuus” bevestig?

Piet ·

My genugtig, so die arme onskuldige kind was net besig om die verkeer te reguleer. Hy het natuurlik nie die bakkie gekeer omdat hy die voorbok was van die betoging nie. So tragies dat so n voorbeeldige seun wat hom so bekommer het oor n witman se doen en late so aan sy einde moet kom. Hy was nogal so besorgd dat hy uit die skool gebly het net om die verkeer te reguleer.

Boet Fasie ·

Storie klink nie vir my lekker nie. Klink meer vir my of hierdie manne voor die betogers ge-aas het en nie daar was om mense te waarsku nie. Hoekom sal enige normale persoon uit sy motor klim, as mense hom net mooi vriendelik waarsku, en dan een dood skiet en twee ander wond.

madels ·

Ag tog, het julle die vreeslike emosionele video van die ma gesien op newss24? Kwansuis met baie emosionele musiek daarby? Dit het so aangeplak gelyk as wat kan kom. Nou ek het baie simpatie vir die ma wat haar kind verloor het maar genugtig om dit soooooo erg aan te plak is nie nodig nie, die “ma” lyk ook verskriklik oud, is dit nie dalk sy ouma nie? Ek vra maar net…..

Chrisjan ·

Is daar iemand wat die man bystaan? Kan ons iewers hulp aanbied?

Denise ·

Hulle wil die man stenig en n sirkus maak van die geval en so word die aandag afgetrek van al die wrede MOORDE van onskuldige mense en boere ELKE DAG!!!!!!!!!!

Brandwag ·

Nadat ek al die berigte gelees het en daagliks die gebeure in Lichtenburg monitor kom een gedagte by my op LAE INTENSIETYD OORLOG en Jaco is n slagoffer daarvan.Eintlik is dit landwyd,die ekonomie het vir drie dae stil gestaan in Lichtenburg en almal het soos kluisenaars gelewe, paaie rondom die dorp word toegemaak(nie al die paaie nie maar dit is die gevoel wat jy kry), almal verloor!!!Die parate manne(buurtwag) ry patrollie en pas inwoners op asook die besighede.

Dan is daar die feite wat deur die media deurgegee word….2000 betogers het die hof verlaat,dit was 150 die Polisie was meer as hulle(dankie),die betogers(EFF) is van vroeg af aangery, besighede is gedreig.betogers(EFF) het in die winkels ingekom en personeel gedryg(as hulle nie huistoe gaan word hulle huise gebrand),praat jy met die Polisie op die grond se hulle vir jou dat hulle hande afgekap is,hulle kan nie optree nie.

Ons moet op ons self staatmaak….soos Jaco op homself moes staatgemaak het en in n breekdeel van n sekonde n besluit moes neem om hom en sy werkers te beskerm.Daar sal nog optogte kom, intesityd sal erger word en daar sal altyd onskuldige slagoffers wees.Staan op mense ons het almal regte,maak die rug styf hou op om polities korrek te wil wees.N ding is reg of verkeerd geen grys area nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.