Lid van metropolisie red vrou van kaping

Argieffoto

’n Beampte van die Tshwane-metropolisie het Donderdag ’n vermeende kaper geskiet toe hy ’n kaping voor hom in Pretoria sien afspeel het. Hy was nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die beampte was omstreeks 19:40 vanaf werk op pad huis toe toe die voertuig voor hom op Britsweg ’n rooi verkeerslig nader.

’n Vrou was alleen in dié voertuig en het net by die verkeerslig tot stilstand gekom toe twee mans op haar motor toeslaan. Een van die verdagtes het na die kant van die bestuurdersitplek beweeg, terwyl die ander die ruit aan die kant van die passasiersitplek breek.

Volgens Mahamba het die verdagte ’n vuurwapen op die vrou gerig waarna die beampte gereageer het en die verdagte geskiet het.

Die verdagte is op die toneel gewond terwyl sy makker op die vlug geslaan het.

Die gewonde man is onder polisiebewaking na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling en sal op ’n latere stadium in ’n hof verskyn op aanklagte van gepoogde kaping en die besit van ’n onwettige vuurwapen.

“Die Tshwane metropolisie-departement is baie trots op die beampte van die dwelmeenheid en loof hom vir sy dapperheid. Hy het beslis nie gehuiwer om te dien en te beskerm nie, al was hy nie aan diens nie. Welgedaan, jy is ʼn ware held,” het Mahamba gesê.

Karen Meyer, burgemeesterskomiteelid van Tshwane en verantwoordelik vir gemeenskapsveiligheid, het ook die beampte se lof besing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Adri ·

Die beampte is ‘n held! Noem sy naam sodat hy bekend word!

Cherokee ·

Ek verbaas my aan die klem wat gelê word, selfs meer as een keer, dat hy nie aan diens was nie. Gaan hy oortyd betaal word? Dit was netjiese werk en hy verdien die lof wat hom toegeswaai word.

aj ·

Bravo!
Welgedaan!
Só maak ‘n professionele polisieman!
Trots op jou!

Delia ·

Fantasties. Dankie Heer. Hy was op die regte tyd daar.
Plaas n foto van hom. Hy is n held.

Stebastiaan ·

Moet liewer nie sy naam bekend maak of ‘n foto plaas. In die “gangster paradise” van ons sal sy lewe aan ‘n draadjie hang uit weerwraak omdat hy ‘n kaping durf fnuik het.

Frikkie Geld en huis ·

Wat van ‘n foto van die man. Hy’s sy sout werd !!!!

Renee ·

Daai man verdien om beloon te word hy was nie aan diens nie. Dankie daarvoor jys ‘n Juweel

Strandloper ·

Hallllooooooo hy het sy WERK GEDOEN! Verstaan nie die bohaai nie? Maar aan die ander kant het hy n helde daad verig deur SY WERK TE DOEN. Hoop die res volg sy voorbeeld dalk net dalk is daar hoop!

Cherokee ·

Nee Frik, jý is die een wat sukkel om te begryp wat Strandloper sê. Julle perke van oordrywing wanneer iemand sy plig uitvoer, skep werklik vrae oor julself. Mensig, die man het gedoen wat enige van ons behoort te gedoen het as ons in dieselfde posisie was.

Gert ·

Soos ek dit het mag mens glad nie meer skiet op kriminele nie, hulle het meer regte as wetsgehoorsame burgers, so ek bid maar dat die arme beampte nie opgesluit gaan word hiervoor nie.

Karolis ·

Het self gewonder wat met die lid gaan gebeur.
Hy was wel nie aan diens nie maar het hierin die kaper verhoed om sy pligte na te kom.
Het die kaper nie genoeg rede om die lid te vervolg nie aangesien die krimineel mos meer regte het as die wetsgehoorsame burgers?
Laat mens wonder.

Vraagteken ·

Nee, dis nie altyd so nie. In hierdie geval is alles reg.

Strandloper ·

Kan jy dit nou oorvertel? Ek sukkel regtig om die kloutjie by die oor te bring as iemand net sy plig doen

Cherokee ·

So met ander woorde Frik Potgieter, as jy in dieselfde posisie was as die metro-lid, sou jy bloot anderpad gekyk het en gesê het dit is nie jou werk nie. Tyd om wakker te word.

Sarel ·

Dankie aan die lid wat bereid was om te doen wat hy gesweer het dat hy sal doen. Waar n misdryf gepleeg word in die teenwoordigheid van n beampte MOET hy/sy optree en kan ook lede van die publiek aan se om te help waar nodig. Selfs al is n beamte nie amptelik op diens nie moet daar opgetree word teen misdaad in sy/haar teenwoordigheid.

Michael P ·

Onthou die polisieman
gaan moet voorkom want. die krimineel het mos mense regte. Ek stem as die hele mag so kan wees sal ons weer in vrede kan leef

Hoekom ·

Hoekom altyd iemand beloon as hy sy werk doen. Uiteindelik wil almal belonings hê as hulle doen wat reg is. Materiële beloning werk net vir sekeres (Maslow). Wat het van net dankie sê en dankbaarheid geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.