Lid van Oos-Kaapse wetgewer sterf weens Covid-19

Mncedisi Filtane (Foto: Twitter)

Mncedisi Filtane, die United Democratic Movement se adjunk nasionale voorsitter en lid van die Oos-Kaapse provinsiale wetgewer, is weens Covid-19 dood.

Bantu Holomisa, leier van die UDM, sê Filtane is Vrydag met lae suurstofvlakke in ’n hospitaal opgeneem. Hy is vroeg vanoggend dood.

“Ons het ’n ware heer en ’n pa verloor,” sê Holomisa in ’n verklaring.

Filtane word oorleef deur ’n vrou en kinders.

Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, sê Filtane “het gehelp om die lewens van baie mense te red deur sy aktiewe betrokkenheid by pogings om die verspreiding van Covid-19 in die provinsie te beperk”.

Die DA het intussen sy medelye betuig. “Filtane was ʼn ware heer en ʼn uitgesproke lid van die wetgewer. Hy was hoflik en het altyd gesorg vir robuuste debatte, sê Bobby Stevenson, DA-lid van die Oos-Kaapse wetgewer.

Kommer bestaan oor ’n toename in Covid-19-gevalle in die Oos-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.