Lid van provinsiale wetgewer vas oor winkeldiefstal

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou, glo ʼn lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer, is in hegtenis geneem nadat sy glo probeer het om naellak en oorbelle uit ʼn bekende kettingwinkel in Kaapstad te steel.

Konst. Denver Venketsamy, woordvoerder van die polisie, het gesê Moleleti Malitaba (56) is op 28 Mei omstreeks 15:50 in die Woolworths in Adderleystraat deur die operateur van die winkels se veiligheidskameras opgemerk.

Volgens die operateur het hy gesien hoe Malitaba oorbelle in die winkel neem, die verpakking verwyder en die oorbelle in haar sak druk. Sy is toe na die kosmetiese afdeling waar sy ʼn botteltjie naellak se prysetiket en verpakking verwyder het, voordat sy dit in haar handsak geplaas het. “Die operateur het op die veiligheidskameras gesien hoe [Malitaba] ʼn pakkie neute neem en by ʼn betaalpunt vir slegs die neute betaal,” het Venketsamy gesê.

Die operateur het die sekuriteitsbeamptes in kennis gestel en Malitaba is by die uitgang van die winkel voorgekeer. “Sy is na die beheerkamer geneem waar van die werknemers haar deursoek het en die naellak en oorbelle gevind het. Die pryse van die items was onderskeidelik R79,95 en R180,” het Venketsamy gesê.

Die polisie is ontbied en Malitaba is in hegtenis geneem. Venketsamy het gesê Malitaba het haar in haar polisieverklaring as ʼn lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer geïdentifiseer en gesê sy woon in Bloemfontein. Hy kon egter nie bevestig of sy wel ʼn lid van die wetgewer is nie.

“Sy het ʼn verklaring aan die landdroshof gelewer en die hof het haar tot ʼn afleidingsprogram gevonnis en die aanklag teen haar teruggetrek. ʼn Afleidingsprogram beteken dat die hof van die algemene vonnis van ʼn boete of tronkstraf afwyk en die beskuldigde tot gemeenskapsdiens of ʼn ander tipe program vonnis,” het Venketsamy gesê. Hy kon nie bevestig presies watter straf Malitaba opgelê is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Theresa B ·

And the amazement never stops………………….. REGTIG!!!

Juffrou ·

Hoekom word sy anders behandel? Sy is mos niks spesiaals nie!

KP ·

Natuurlik sal sy anders behandel word want sy is swart en nog n lid van haar netso skelm president se regering.

André ·

KP
Dalk kry haar President ook net gemeenskapsdiens. Ek meen of ek oorbelle en naellak steel…..en of ek belasting betalers se geld steel? Wat is die verskil?

Pam ·

Wat maak haar so spesiaal en dat sy bo die wet verhewe moet word. Steel is steel en jou titel vrywaar jou nie van die sonde wat jy pleeg nie !!!! SY BLY N DIEF EN N OORTREDER !

m ·

Ag nee rerig!!!! Hierdie mense kry nie klein salarisse nie en wat presies het sy nou gedink gaan gebeur. Gaan nou seker weer met storie kom sy was ingedagte….

Karma ·

@m – ek dink in gevalle soos hierdie gaan dit nie net daaroor dat sy iets geneem uit ‘n winkel wat sy nie kan bekostig nie. Dit was ook nie asof sy noodsaaklike items, soos bv. ‘n brood of liter melk, gesteel het nie; dit was naellak en ‘n stel oorbelle. Dalk ly sy aan kleptomanie – kleptomane kan hul ‘behoefte’ of hunkering om te gaps nie beheer nie. In regtig, sy het dit nie gesteel uit behoeftigheid nie, maar net omdat sy wou – dit is die “challenge” daaraan. Ek stem sam met die ander kommentators – dit is belaglik dat sy gedwing word om aan ‘n afleidingsprogram deelneem en die kriminele klagte teen haar laat vaar het. Die winkel ly steeds die skade (tensy sy daarvoor betaal het) en sy kom skotvry – ja, vir seker omdat sy 99.9% vir seker ‘n swart, ANC-lid is.

André ·

Laat dit nou EK was wat ietsie “per ongeluk” gegaps het……..
Kom ons blameer Jan Van Riebeeck.

christine ·

Ons weet al vir 66 jaar dis glag nie waar dat mense steel vir honger nie. Steel maar sommer van onoselheid en gierigheid. Kyk na onse pres. Skatryk dan vat hulle nog kanse in die winter steel hulle jou somersgoed in die somer jou winterssgoed as dit weer winter word bly dit net weg dieselfde middag kom klop haar vriendin ook op soek na ander werk

Tong innie kies ·

Sy het vergeet om vir haar n sonbril ook in te pak.

GES ·

Sy wou ‘n pianis word omdat sy lang vingers het maar gelukkig het sy nie musiektalent gehad nie en toe maar by cANCer aangesluit om haar pad oop te steel.

Leon Pit ·

Diefstal bly maar n passie vir sekere mense inni lewe, dis daai adrenalien rush wat so lekkkkkker is. Bou so voort aan n slapgat land.

Rapes ·

Ek sal my my kop op ‘n blok sit die landros is ‘n lid van die anc

Jan maak n Plan ·

Dis nie genoeg dat daar in dir provinsies gesteel word nie, hulle steel nou sommer in die winkels ook.

Christie Joubert ·

Ai tog. Maak nie saak hoe groot jou salaris nie, as jy lang vingers het, gaan hulle vir jou pla. Kap af dit wat jou pla….Lekker voorbeeld om vir Kanada te stuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.