Lid van SANParke vas oor renosterstropery

Die Paul Kruger-monument by die ingang van die Krugerwildtuin (Foto: Karen Sandison/African News Agency (ANA))

ʼn Werknemer van SANParke is in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

SANParke het Dinsdag in ʼn verklaring gesê ʼn gewapende veiligheidswag by tegniese dienste in die Krugerwildtuin is Saterdagmiddag saam met drie ander verdagtes in hegtenis geneem. Hulle het later uit polisieaanhouding ontsnap.

SANParke het gesê die inhegtenisnemings volg ná ʼn veiligheidswag van SANParke Protection Services, wat by die Paul Krugerhek ontplooi is, het vier verdagte persone opgemerk wat die park in ʼn voertuig betree het. Die veiligheidswag het polisiebeamptes ontbied wat ook in daardie stadium by die hek ontplooi is. Die vier verdagtes is in hegtenis geneem.

“Daar is beslag gelê op ʼn geweer, ammunisie en toerusting wat tydens stropery gebruik word. Drie van die verdagtes het egter uit polisieaanhouding ontsnap toe hulle vervoer is. Hulle is steeds voortvlugtig.”

Die oorblywende verdagte het in die hof verskyn en is uitgeken as Absalom Manyike wat by Satara gestasioneer was. Hy is al sedert 2014 in die diens van SANParke. Hy sal binnekort ook die interne dissiplinêre proses ondergaan.

Glenn Phillips, uitvoerende bestuurder van die Krugerwildtuin, het Protection Services geloof dat hulle vinnig opgetree het, maar is teleurgesteld dat sommige verdagtes uit polisieaanhouding kon ontsnap. “Ons is dankbaar dat ons ʼn bedrieër uit ons span kon verwyder en ons sal geregtigheid sy gang laat gaan. Dit dien as ʼn waarskuwing vir enige ander werknemer wat kriminele ondersteun; ons sal jou vervolg en jy sal óf jou werk verloor óf jy sal lank tronk toe gaan,” het Phillips gesê.

Die ondersoek duur voort en ʼn soektog is van stapel gestuur na die drie voortvlugtiges.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Paul ·

Ongelooflik, net om daardie beeld in graniet te sien het my vasgevang. Dis soos Mount Rushmore met die Amerikaanse presidente.

IK ·

En hulle ‘ontsnap terwyl vervoer’ . . . dit raak nou alledaags.

Ina ·

Ja dis maklik. Werk by Sanparke, in die wildtuin en jy weet presies hoe áls werk…..Behoort sulke ouens nie sekerheidsklarings deur te gaan nie? Of was hy “toevallig” ‘n 1ste oortreder? Dis meeste van die tyd inside jobs omdat hulle eerstehandse kennis en inligting het.

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid… Ook bekend as regstellende aksie! Nou is daar kriminele in die SAPS, Sanparke en in elke denkbare staatsinstelling.

christa ·

ek sluk maar swaar aan die ontsnap terwyl Vervoer. Dan moet die bestuurder gearresteer word. Was dit nie sy plig om toe te sien dat die persone geboei word nie. Die lid van Sanparke…. wat van die doodstraf??????????????

Duppie ·

Toe ek nog diens gelewer het in die ou SAP, sou die bestuurder van die voertuig onmiddelik ondersoek word met departementele verhore. Of hy skuldig was of nie, dit sou neerkom op nalatigheid en dit sou ‘n “peck” beteken het. Die wat kon onthou ‘n “peck” was rang verlaging, verlies in inkomste omdat jou salaris ook dan gekrimp het, en jy sou die volgende bevorderings misgeloop het vir ten minste 5 jaar. En dit was beslis nie grappies nie. Ek wonder of daai lid ooit vervolg sal word wat die polisie voertuig bestuur het…….. seker deel gewees van die hele span.

Cheers ·

Nog altyd geweet dit is INSIDERS maar niemand wil ons glo nie . gaan maar toe oe deur die lewe, SA is verby die punt wat dit gered kan word.

liekie ·

Ek het dit nog altyd vermoed – Insiders betrokke – The proof is in the pudding.
Ek dink daar is ook meer beamptes betrokke. Net my 5c

Casper Labuschagne ·

Uit ‘n gesprek wat ek drie jaar gelede met ‘n veldwagter in die Kruger wildtuin gehad het, “It is very tempting to help the poachers, they talk to us all the time. One rhino means I can buy a new car right away.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.