Lid van ‘Zuma se binnekring’ privaat vervolg

kallie-kriel-en-johan-booysen-deur-reint-dykema-01

Kallie Kriel, hoof van AfriForum, en genl.maj. Johan Booysen. Foto: Reint Dykema.

Adv. Gerrie Nel en AfriForum het Donderdag aangekondig dat hulle adv. Nomgcobo Jiba, voormalige waarnemende hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), privaat gaan vervolg.

Nel en dié burgerregte-organisasie se private vervolgingseenheid tree namens genl.maj. Johan Booysen op en wil Jiba privaat vir bedrog en meineed vervolg.

“Ons is baie opgewonde oor die saak omdat Jiba beskou word as ʼn prominente persoon in pres. Jacob Zuma se binnekring,” het Kallie Kriel, hoof van AfriForum, gesê. Sy kan ook glo verbind word met die kaping van die NVG.

“In Jacques Pauw se boek The President’s Keepers word Jiba as een van hierdie sogenaamde keepers uitgewys.”

Booysen het in sy tyd as die hoof van die Valke in KZN ʼn ondersoek op Thoshan Panday, ʼn sakeman en tenderpreneur van die omgewing, van stapel gestuur. Panday het nabewering ook noue bande met Zuma.

“Daar was ʼn poging gewees om Booysen te intimideer en te verhoed om die saak verder te ondersoek. Jiba was in dié tyd die waarnemende hoof van die NVG en sy het ʼn veldtog teen Booysen gedryf waarin sy hom van rampokkery aangekla het.”

Ten spyte van ʼn hofsaak wat bevind het Booysen is nié skuldig nie en die menings van senior advokate in die NVG wat haar afgeraai het om Booysen te vervolg, het sy steeds voortgegaan.

“Sy het wanvoortstellings gemaak in ʼn poging om Zuma se vriende te beskerm,” het hy bygevoeg.

Die web van intrige span volgens Kriel nog veel verder: Mxolisi Nxasana is in Jiba se plek as NVG-hoof aangestel. Hy het ʼn ondersoek na Jiba ingestel en besluit om haar te vervolg op gronde van bedrog en meineed.

“Zuma het vinnig ontslae geraak van Nxasana en ek dink dit wys net hoe sterk Jiba in die Zuma-kamp staan. Wonder bo wonder, toe hy uit is, word een van Zuma se ander goeie vriende, adv. Shaun Abrahams, hoof van die NVG. Die eerste ding wat Abrahams doen is om die klag teen Jiba terug te trek. Om die waarheid te sê, Abrahams het besluit om haar te bevorder en selfs nog meer verantwoordelikhede te gee.”

Kriel het gesê AfriForum se private vervolgingseenheid is dankbaar dat iemand met integriteit soos Booysen besluit het om hierdie saak verder te neem. “Daar is reeds deur die NVG besluit om nie die saak verder te neem nie en dit open natuurlik die deure vir ons om namens Booysen die saak privaat te vervolg.”

In terme van die wetgewing doen die eenheid nou aansoek vir ʼn nolle prosequi-sertifikaat waarin die NVG bevestig dat hy nie verder teen Jiba gaan optree nie.

Adv. Nomgcobo Jiba. Foto: GovernmentZA/Flickr

Die wet sê die NVG het ʼn billike tyd om so ʼn sertifikaat uit te reik maar spesifiseer nie presies wat so ʼn billike tyd is nie. “Ons glo ons moet binne twee tot drie maande so ʼn sertifikaat ontvang. Ons weet die NVG sal bes moontlik verkies om te sloer, maar alles is dan nie verlore nie, ons sal ʼn  mandamus-aansoek by die hof doen.

“Dit is ʼn aansoek wat die regering kan dwing om sy werk te doen en die sertifikaat uit te reik, of self besluit om Jiba verder te vervolg. Wat ook al die NVG besluit om te doen, dit is ʼn oorwinning vir ons. Al wat ons wil sien is dat geregtigheid geskied en dat iemand met politieke bande nie net iemand soos Booysen goedsmoeds uit die Valke kan verdryf nie.”

Volgens Kriel vorder dié soort sake dalk nie so vinnig soos wat ʼn mens wou sien nie, maar hy glo geregtigheid sal uiteindelik wel geskied. “Ons taak is om toe te sien dat die wiele van die gereg aanhou draai. Ons is bereid om private vervolgings te doen en sodra ons suksesse begin behaal gaan die kaartehuis vinnig in mekaar tuimel.

“Ek dink pres. Zuma en die mense in sy binnekring het gedink hulle is onaantasbaar omdat hulle onder meer die NVG beheer.

“Ons is dankbaar vir AfriForum-lede se steun wat dit vir Nel se eenheid moontlik maak om private vervolgings te doen om te verhoed dat die NVG geneutraliseer word.”

  • Kallie Kriel, hoof van AfriForum, het met Esté Meyer Jansen oor adv. Gerrie Nel se jongste private vervolging gesels. Hy verduidelik wie adv. Gerrie nou sal vervolg en op watter gronde. Esté het Kallie gevra waar die private vervolgingseenheid tans met Duduzane Zuma se saak staan, en hy verduidelik ook wat sal moet gebeur indien die eenheid pres. Jacob Zuma sou wou vervolg. Luister na die gesprek bo-aan hierdie berig vir meer hieroor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Speedguard ·

Wat het van “Grace “geword, die pibull blaf maar die byt is maar min !! Waarom vervolg jul nie die Min van Polisie nie, hy versaak in sy doel !!

Kannaland ·

Nou wat gaan JY DOEN, Speedguard, om die land n beter plek te maak? Jy sit net op die kantlyn en kritiseer. Nee man, ek daag jou, DOEN jy ook iets produktief toe.

Johannes ·

En hoe gaan hierdie hofsaak die volgende marteling en moord van ‘n Boer keer? Is plaasmoorde en aanvalle op ons mense nie ‘n baie hoër prioriteit nie? Waarmee is julle besig?

Piet Snot ·

Speedguard, die reg gee jou persoonlik die reg om solank Grace, die minister, en sommer jou skoonma ook privaat te vervolg.
Gaan jy solank teen dié individue voort, dan sal die “bytlose pitbull” sy individue vervolg.
Kom ons kyk wie het eerste sukses.

Scientia Munit ·

Mooi so! Sa, vat hulle !
Ek doen n beroep op almal wat inligting of n vaardigheid het om met hierdie tipe sake te help, om Solidariteit te kontak. Pro bono.

Scientia Munit ·

Mooi so! Sa, vat hulle !
Ek doen n beroep op almal wat inligting of n vaardigheid het om met hierdie tipe sake te help, om Solidariteit te kontak. Pro bono.

Eish ·

Wonderlike nuus. Ons sal die JC le Roux op ys hou vir die eerste suksesvolle vervolging, wie dit ookal mag wees.

My bekommernis is dat Afriforum in die algemeen en Gerrie Nel in die besonder, soos Jaques Pauw, uitgelewer gaan word aan doodsdreigemente wat dalk nie by dreigemente gaan bly nie. Jul sal julself moet beveilig want hierdie optrede openbaar nie net soos Mnr. Pauw se boek nie, die aksies jaag die skapies kraal toe. Sodra jy hoek toe gaan, word jy vreeslik kreatief om uit te kom.

Die kleptokrasie het die hele gekaapte Zuma diens tot sy beskikking. Fyn trap.

KOOS LE ROUX ·

Kallie en Gerrie … vir my soos die noodsaaklike bestandele in die kookpot brousel van die Zuma era. Mag ons eendag met historiese waardering terugkyk op hierdie dag van klein dingetjies – waarvan die Skrif ons maan: Moenie die dag van geringe dingetjies verag nie!

Al ·

Daarom knyp ek met graagte geld af vir Afriforum en Solidariteit.
As ons nie gaan baklei vir geregtigheid, sal daar eenvoudig oor ons geloop word.
Al draai die wiel soms baie stadig, kan hy met n onverwagse verassende spoed toeneem.
Die skroewe word net al stywer gedraai. Sterkte Afriforum met jul taak.

Janneman ·

Ek stem Al. Die ekonomie byt maar ek sal aanhou met my beskeie maandlikse geldjie aan Afriforum.

En hier dink Jibe nog die heeltyd die wiel is vierkantig – draai wielietjie draai!!

Gerda ·

Ek praat onder korreksie, maar is sy nie van die rol geskrap? Dus is sy nie meer ‘n “advokaat”. Iemand met so ‘n titel en in so ‘n posisie is veronderstel om eerbaar te wees

Drikus ·

Lekker man, lekker. Sy het dit nie sien kom nie. Ek gun vir Johan Booysen dat dit ‘n regverdige uitkoms sal hê. Na Jiba kom nog. Die staatskapers dink mos die burgery gaan net bly sit en niks doen nie.

Jaco ·

Nee wat maat, jy praat baie maar doen niks. Jy het my al begin teleurstel met Oscar se hof saak.
Jy is net `n koue vis, kom ons kry mense wat rerig die werk kan doen!

RB ·

Ag Gerrie Nel asb wie bluff jy, jy sou Zuma se seun vervolg en toe Grace Mugabe wat nou??? Jy praat maar doen niks???

RB ('n ander een) ·

Hul wag nog vir die sertifikaat om Zuma se seun te vervolg, ek glo dit is nog binne die tydsraamwerk. As hul dit nie kry nie gaan hul dit deur die hof probeer kry…lees of dink voor jy sommer net negatiewe kommentaar lewer.

Eish ·

Ja née RB ek stem. Die podcast bo die artikel verduidelik ook alles. Genade, maar hul is gou om te oordeel!

Pieter ·

Om Jiba te probeer vervolg maak beter sin as om die mugabe brats se sker te probeer verdedig. Die publisiteit van die mugabe saak trek seker meer aandag.

LODEWYK ·

Aan almal wat so lekker negatiewe kommentaar lewer. Hou asb op daarmee. Ons weet almal dat dit bitter moeilik is om enige vordering te maak by enige staatsdepartement. Rompslomp is aan die orde van die dag. Afriforum probeer hul bes en ek kan net dink wat se stryd dit is om iets uit te rig. Dinge gaan nie oornag gebeur nie. Ek sal my paar rand aanhou gee omdat ek in hulle glo.

@ Lodewyk ·

Ek verstaan nie, as iemand nie met julle saamstem nie mag hulle nie kommentaar lewer nie? Op kommentaar kolomme is die ENIGSTE plek waar mense hulle vrese en of kommer kan uitspreek teenoor iets. Of dit negatief of positief is het NIKS met jou te doen nie, jy het mos ook die kans gehad om jou mening te lug dan nie? Moenie omdat jy iets goedkeur dink ander moet dit ook goedkeur nie. Die NP is nie meer aan bewind nie, en jy kan nie meer vir mense se hoe hulle moet voel en dink nie, GEE mense die kans om gebalanseerde opinies te gee al stem jy nie met dit saam nie.

dries ·

As hierdie vervolging suksesvol is, wat gaan dit nie vir ons suid afrikaners beteken nie. Maar is ons howe nie ook gekaap?

Max Berg ·

Genl. Booysen laat weet asb. as u n ou Ysterbaadjie benodig om te help. Groete, Max.

Andre ·

Jaco, baie dankie dat jy jouself beskikbaar stel om iets te doen. Of praat jy ook maar net?

Adriaan ·

Ons moet nie toelaat dat die negatiewe kommentare ons beinvloed nie. Hulle enigste doel is om tweespalt en twyfel te saai. Ignoreer hulle, don’t feed the trolls.

PJC ·

Dit is duidelik dat die meerderheid mens nie weet hoe werk privaat vervolgings nie vandaar al die negatiewe kommentaar.

Kennis ·

Dis duidelik dat hulle nie met JOU geld dit doen nie. Vreemd hoe almal skielik regters of prokureurs moet wees om hier te mag kommentaar lewer maar as jy oor jou dokter wil kla mag jy ‘n mediese mening hier uitspreek SONDER ‘n mediese graad. Te vreemd hoe sekere beroepe untouchable is en ander wat BAIE meer kennis en ervaring verg sommer so aangeval kan word deur leke.

karen ·

ag jippie ! die sowaar die 3de saak in hoeveel maande?
Sprak geen sprook oor die ander twee sake waaroor ons ook “so opgewonde”was. die man gaan hulle sommer kafdraf en dan …. wa jo tanne ?

Ai ai ·

Liewe Karen en ander, moet tog nie jul onkunde so uitbasuin nie. Dis is ‘n lang en komplekse proses om iemand privaat te vervolg, dit gaan nie net oor ‘n nolle prosequi sertifikaat van die NVG nie, daar moet goeie getuienis ingewin en ‘n ondersoek gedoen word. Getuies is dikwels nie bereid om saam te werk nie. Boonop is dit ‘n helse geveg tussen Afriforum en die staat. Die staat en regering se beskerm-amptenare doen alles in hul vermoë om die vervolgings te laat misluk. Dit vat maande selfs jare om so iets te doen

Waarheid ·

Hulle het nie ‘n sertifikaat gekry nie, so dus geen vervolging vir nou nie. Hulle was te haastig, daar is ander prosesse wat eers afgehandel moet word voordat hulle haar kan aanvat. Steeds vreemd die keuse van WIE hulle aanvat en WIE hulle help. JA ek verstaan die storie van dat hulle slegs mense mag vervolg wat die NVG nie wil vervolg nie, maar regtig, het ons ‘n belang by al hierdie goed? Wie is lede van Afriforum? Hou een van hierdie mense wat vervolg word se saak iets positiefs vir ‘n sekere lid of lede in of befonds die lede al hierdie sake sonder om iets daaruit te kry?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.