Liedjie oor Reeva se “laaste woorde”

Mathew Gold, Facebook

Mathew Gold, Facebook

Die sanger en liedjieskrywer Mathew Gold het ʼn liedjie geskryf oor Reeva Steenkamp se “laaste woorde”.

Gold het Maandag ʼn foto van homself langs ʼn foto van ʼn jong Oscar Pistorius, wat hy by die Universiteit van Pretoria afgeneem het, op Facebook gelaai.

“Ek het hierdie liedjie met ʼn fiktiewe mening van Reeva se laaste woorde geskryf en opgeneem,” sê Gold. “Dit is my nie-amptelike storie. Hierdie liedjie gaan nie net oor Reeva en Oscar nie. Talle mense is daagliks in moeilike omstandighede. Dit is ook vir julle.”

Gold was een van die top 12 tydens Idols SA se vyfde seisoen in 2009.

By die foto van Oscar Pistorius skryf hy: “Ons het stadigaan begin om van hom te vergeet. Dit was so ʼn groot inspirasie hoe hy sy lewe verander het, en net so hartseer hoe dit binne een aand geëindig het.”

Die Olimpiese atleet word van moord beskuldig nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 by sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ‘n inbreker aangesien. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte. Pistorius moet Maandag weer in die hof verskyn wanneer die saak hervat. Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

‘n Klankgreep van die liedjie volg onderaan die lirieke:

Reeva

When did I choose the wrong love?
Must have thought about some wrong love.
Take your ring and your good luck.
Since when have I lost touch?
Since when have I lost love?
Now you got my ring baby, good luck.

I don’t need you.

I might be going crazy.
I might be going blind.
I got something to tell, I got something on my mind.
But I keep, keep composure.
You know, they don’t want emotions.
I keep, keep composure.
I had a dream that I dreamt that I choked ya…

I don’t need you.

[soundcloud url=”https://api.soundcloud.com/tracks/156845038″ params=”auto_play=false&hide_related=false&show_comments=true&show_user=true&show_reposts=false&visual=true” width=”100%” height=”450″ iframe=”true” /]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tanja ·

Ag asseblief man. Wat weet jy van haar laaste woorde?? Jou liedjie is die teenoorgestelde van die “I love you” boodskap in haar kaartjie!!

Anne ·

Dis tragies dat twee mense wat so baie gehad het om voor te leef, alles in ‘n oomblik verloor het

Elizabeth ·

Om geld te maak uit iets wat niks met HOM uit te waaie het nie is myns insiens siek! Nou is dit kammig vir ander mense wat daagliks in moeilike omstandighede is …ugh – asseblief! Hoe kom hy daarby uit met woorde soos ” I had a dream that I dreamt I choked ya..” Reeva is in elk geval nie verwurg nie. Asof ons nie al genoeg het van die hele ou sage nie…Pure snert!

amore ·

wat is die verskil as die man nou die liedjie geskryf het oom hulle en oor allerdaagse mense .
die liedjie se woorde praat met mense

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.