Morné de Bruin (34) is Donderdag uit die NG Kerk Culembeeck in Witpoortjie, Roodepoort, begrawe ná ʼn liefdesdriehoek glo in ʼn dubbele selfmoord geëindig het.
Die Rekord-gemeenskapskoerant berig De Bruin het homself verlede week tydens spitstydverkeer by ʼn verkeerslig in Centurion in die kop geskiet.
De Bruin, ʼn versekeringsmakelaar van Johannesburg, het glo selfmoord gepleeg nadat sy hoërskoolliefde, wat in 2011 ʼn finalis in die Mev. Suid-Afrika-kompetisie was, selfmoord gepleeg het.
“Hy het haar sedert hoërskool geken, maar hulle het kontak verloor en sy het uiteindelik getrou en ʼn seuntjie gehad,” het Rob Chidrawi, De Bruin se stiefpa, aan Rekord gesê. “Hulle het mekaar weer raakgeloop en ʼn skelm verhouding aangeknoop. Sy ma het egter nie die verhouding goedgekeur nie.”
De Bruin het glo die vrou se man van die verhouding vertel en hy het daarop aangedring dat sy tussen hulle twee moet kies. Die vrou het glo later haar man se vuurwapen gevat en haarself in sy motor doodgeskiet. Chidrawi vermoed De Bruin het homself uit skuldgevoel geskiet. Lees meer hier.
Bron: Rekord Centurion
Tragies
Bitter tragies !