Liefdesdriehoek lei glo tot verpleër se dood

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn 34-jarige verpleër van die Oos-Kaap is Saterdag glo deur sy meisie se eks-kêrel doodgesteek.

Die moord het glo in die verpleegstershuis op die perseel van die Zithulele-hospitaal, in Zithulele digby Mqanduli, afgespeel.

Volgens sers. Kaya Matola-Mvanyashe, polisiewoordvoerder, het die verpleër en sy meisie omstreeks 04:00 saam met die verpleër se kamermaat drankies in die verpleegstershuis geniet.

“Die meisie se eks-kêrel (21) het daar opgedaag. Hy het glo na die meisie gesoek. ʼn Struweling het tussen die eks-kêrel en die verpleër uitgebreek. Die verpleër is daartydens met ʼn mes gesteek,” het Matola-Mvanyashe bevestig.

Die kamermaat het die hospitaal se sekerheidsbeampte gebel, wat die oorledene op die vloer aangetref en hom na die hospitaal gehaas het waar hy dood verklaar is.

Die polisie is ook na die toneel ontbied en die eks-kêrel is in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Mqanduli verskyn.

Nomakhosazana Meth, LUR van gesondheid in die Oos-Kaap, het ʼn ondersoek gelas na hoe die eks-kêrel met ʼn wapen die hospitaal se perseel betree het.

Sy het ook haar skok oor die voorval uitgespreek en medelye aan die oorledene se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JM ·

Sal ook nooit leer dat om te moor geen saak oplos nie. Tyd dat die galg teruggebring word.

Pieter ·

Vieruur in die oggend? En die eks-kerel daag daar op? Waar is die aandklokreel, of is dit net van toepassing op ons wetsgehoorsame landsburgers?

Casper ·

Hoe kan sy haar skok uitspreek as dit deesdae ons nasionale sport is.Suid Afrika se nuwe leuse is deesdae “Ons Moor en verkrag”

Blomme ·

En bygevoeg Casper… ‘en kom weg daarmee net om ons volgende slafoffer by te kom.’. Wetstoepassing is so pateties!

koos10 ·

In my dae was verpleegsterhuise verbode vir die teenoorgestelde geslag.
Hier is soveel dinge wat verkeerd is. 04:00. Dis inperking en slaap tyd. Drank in die verpleegsterhuis?
Nomakhosazana Meth, hou op geskok wees, die JOU regering wat alles in wetteloosheid laat val het.

Misky ·

Ek was onder die indruk almal moet slaap daai tyd van die nag….. En mans toegelaat in verpleegstershuis was nooit toegelaat nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.