Liefdesdriehoek lei tot PTA-man se dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 30s is Dinsdag in Pretoria se middestad doodgeskiet, het die polisie in Gauteng gesê.

“Die voorval hou verband met ʼn liefdesdriehoek tussen twee mans en ʼn vrou,” het sers. Ann Poortman, woordvoerder vir die polisie, gesê. “Drie skote is op die man gevuur. ʼn Vierde skoot het hom rakelings gemis en ʼn winkelvenster getref.”

Poortman sê die vermeende skieter, ʼn 35-jarige man, is Dinsdagoggend na die oorledene se werksplek en hulle het begin stry. “Die verdagte het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en die man in die maag geskiet. Die slagoffer het uit die gebou gehardloop en die verdagte het hom agternagesit.”

ʼn Tweede skoot het die oorledene in die rug getref. ʼn Derde skoot het hom gemis en ʼn winkelvenster getref. “Die verdagte het na die man toe gestap en hom van naby in sy kop geskiet. Die man is op die toneel dood verklaar,” het Poortman bygevoeg.

Die vermeende skieter is in hegtenis geneem en word aangekla van moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Hy sal na verwagting binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alet Viljoen ·

Hoekom kan mans en vrouens mekaar nie uitlos nie hulle behoort teen hierdie tyd al baie geleer het oor die probleme wat dit uitlok.Ek dink persoonlik die mens sal met hul sondige sedes aangaan,want die mense heg nie meer waarde aan goeie sedes nie,hulle glo seker ook nie aan GOD se woord nie nie,kerke loop leeg en mense gaan net aan met slegte goed,my eerlike opinie is die mens dink hulle sal vry kom met die slegte dinge wat hulle hul mee besig hou,los jul wellus en hou elke mens by sy gesin doodstil uit.

Slim Daan ·

Alet. Obsessiewe gedrags / persoonlikheids-steurnis is n helsem van n ding. Lsg. gaan gepaard met n sterk skeut psigopatie. ( Weens n lae selfbeeld bestaan daar altyd n vermoede dat persone na aan so n skarmunkel daarop uit is om hom te ” verneuk “. )
Gewoonlik die tipe wat hul skuldig maak aan ” stalking “.
Ergste is, hul blyk partykeer reg onder n mens se neus te wees. n Onlangse studie het aangetoon die gebruik van steroides verhoog die vlakke van paranoia.

Eddie Britz ·

Tot die kleur van Oscar Pistorius se onderbroek word vermeld in die moordsaak teen hom so waarom versuim Maroela om die ras van die verdagte en slagoffer in die geval te noem of mag die ras slegs genoem word as dit n witte is wat beskuldig word?

Sune van Heerden ·

Dagsê Eddie

Ons maak seker dat ons altyd die name van slagoffers en verdagtes/beskuldigdes bekend maak sodra die polisie dit aan die media beskikbaar gestel het. Indien die name nie in ‘n berig bekend gemaak is nie, dan het die polisie dit nog nie vrygestel nie.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Jasper ·

Hou jou eie gras groen en welig, dan het jy nie nodig om oor die draad te loer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.