Liefdesrusie lei tot Kersfees-tragedie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Liefdesrusie op Kersdag tussen ʼn 26-jarige vrou en haar kêrel, twee keer so oud soos sy, het tragies geëindig toe hy haar gejaag en doodgeskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het gesê die vrou se 53-jarige kêrel het haar tydens ʼn huishoudelike voorval doodgeskiet in gaMoloi, Nebo. “Die voorval het Kersoggend omstreeks 09:00 plaasgevind,” het hy gesê. “Die vrou het na bewering tydens die rusie na die bure se huis gevlug en die kêrel het haar agternagesit. Hy het haar geskiet en sy is op slag dood.”

Die man is daarna huis toe waar hy homself doodgeskiet het.

“Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen. Dit was gelisensieer en het aan die oorlede man behoort.”

Die man, van Ndzhelele in Vhembe, het na bewering ʼn beskermingsbevel teen die vrou laat uitreik. Dit het gebeur nadat hy afgelê is by die werk, het Mojapelo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jaco ·

Ek weet van talle families wat op Kersdag baklei. So onnodig.

elize naude ·

dit is nie vreemd nie… waar onmin in n famielie heers vier gemoedere hoogty… ook n bewys hoe oppervlakkig kersfees gevier word… ware kersfees is om met ander reg te maak waar fouteer is…

DPJ ·

Dit is ‘n dag van vrede vreugde liefde genade en seën.
Mag die mense God se genade en vrede ervaar in die tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.