Lielie Muis ‘is veilig by Jesus’

Leah de Jager. (Foto: Annelie Jonker Photography)

Leah de Jager, die ses maande oue dogtertjie van Uitenhage wat weens ʼn seldsame mediese toestand sonder ʼn immuunstelsel gebore is, het Maandagoggend gesterf.

Die tragiese nuus is bevestig in ʼn inskrywing op die Facebook-ondersteuningsblad vir “Lielie Muis” soos haar pa, Gerrit de Jager, na sy babadogtertjie verwys.

“Liewe Jesus het sy mooiste blommetjie kom haal vanoggend. Ons harte is bitter seer, maar ons weet sy is veilig in Jesus se hande. Rus sag kleine Lielie Muis. Almal gaan jou mis. Jy het baie mense aangeraak en los diep spore in ons harte,” lui die inskrywing.

Maroela Media het vroeër berig Leah is in Oktober verlede jaar met ernstige gekombineerde immuungebrek (SCID) gediagnoseer. Dit beteken dat sy in effek geen immuunstelsel het nie en haar liggaam dus geen vermoë het om teen infeksies, bakterieë en kieme te baklei nie.

Leah de Jager by haar ouers, Lezaan en Gerrit. (Foto: Annelie Jonker Photography)

Leah is in die neonatale waakeenheid van die Dora Nginza-hospitaal in Port Elizabeth opgeneem en het sedertdien daar om haar lewe geveg. Dokters het alles in hul vermoë gedoen om die babadogtertjie te help, maar verlede maand het Gerrit aan Maroela Media gesê daar is niks meer wat dokters vir haar kan doen nie.

Gerrit en Lezaan, Leah se ouers, het Donderdag gesê Leah was in daardie stadium vier dae sonder enige stuiptrekkings en dat sy rustig is en slaap. “Dit is net die Here wat haar so rustig maak en rustig hou,” het hulle gesê.

Boodskappe van medelye het Maandagoggend op sosiale media ingestroom. “Rus in vrede klein blom. Liewe Jesus het sy mooiste blom kom haal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Elria ·

Ons innige meegevoel met Jul Engel kind se heen gaan. God Sal Jul in die moeilike tyd vashou en AL Jul trane afvee. Bid vir julle in die tyd. Elria Jordaan is

Lollie ·

So tragies! Sy was bitter siek vir so klein mensie en ons dank God dat Hy haar vir julle geleen het.
Vir die ouers is dit baie moeilik maar niemand weet wat daardie klein mensie deurgemaak het nie.
Sterkte!

Yankee ·

Aan die ouers. So jammer om te lees!! Woorde kan nie beskryf.

Zandra ·

baie sterkte aan almal wat so hartseer soos ek is.
jy’t so diep in almal se harte geklim MUISkind
Jesus gaan jou troos en veilig hou tot mamma en pappa saam jou daar is
Sterkte Lezaan en Gerrit ons dink en dra julle op aan die Vader

Willie ·

Trane in die oe… Mag God jul styf vashou in die tyd! Baie sterkte aan die familie

monica ·

ag nee en sy was ‘n klein engeltjie pragtige ou dogtertjie sterkte aan die ouers ek sal vir julle bid,

Philip ·

Sy was ‘n pragtige klein mensie en Jesus het haar kom haal. Innige simpatie aan ouers en familie. Sterkte en hou julle in gebed.

Essie ·

Sterkte dit is groot hartseer my dogter se kleintjie ht vir 5 min na geboort gelewe,en dit mk seer,maar ons dien n Groot GOD wat sal troos

Spokie ·

Rus sag klein mensie nou gaan jy lekker met Jesus se Egeltjies speel….

Rustig slaap Leah ·

Rustig slaap Leah in God se stywe arms. Ek is ook baie hartseer hier waar ek sit want ek het die storie gevolg. Gerrit en Lezaan julle word opgedra aan God.

Paja ·

Ons Innige meegevoel…Christus Jesus maak en hou ons sterk….sys n regte Engeltjie te kosbaar!!!?

VanAfrika ·

So jammer vir julle, dis nie lekker nie. Vind troos in mekaar en in die Here. Om n kind finaal te groet en te begrawe is die moeilikste taak wat n ouer nog opgelê word. My hart is met julle in hierdie moeilike tyd. Ons kindertjies speel saam in die hemel.

Johnnie ·

Ons as lesers se innige simpatie met Gerrit en Lezaan met die afsterwe van klein Lean. Ons weet sy ons nou by Jesus. Ons almal is saam met julle hartseer, STERKTE.

**anoniem** ·

Ai, my hart breek vir die ouers en naasbestaandes van die pragtige klein poppie. RIV klein Lielie Muis!

Karen ·

Innige simpatie aan die De Jager’s met die afsterwe van hul kind..geen woorde om daardie hartseer te beskryf nie. Rus in vrede lielie muis.

GM ·

Rus in vrede poplap.
Sterkte mamma en pappa, mag jul styf vasgehou word deur hierdie moeilike tyd.

Ander Annie ·

Dit is so hartseer. Innige simpatie aan hierdie Pappa en Mamma en ook hulle familie. My gedagtes en gebede is met julle. Rus sag Lielie Muis. Jy is nou ‘n Engel Lielie Muis. ??

leser ·

woorde ontbreek, sterkte aan klein lielie muis se familie
die Here het gegee en die Here het geneem, dink net hoe pragtig is haar blommetjie gesig daar in die hemel, saam met baie ander blommetjies en saam met Liewe Jesus in Sy Tuin – tot ons mekaar weer sien, sterkte

Fanie ·

In woorde weet ek nie wat om te se nie Dit is n seer wat net baie seer is maar Jesus sal julle dra baie sterkte mense maar ons weet almal dat sy nou gelukkig is in die Hande van ons Hemelse Vader veilig en weg van hierdie boose wereld Ek bid vir julle as ouers

Charlotte ·

So jammer mamma en pappa om van jul verlies te hoor…..mag kleine Leah rustig in Jesus se arms wees…..pragtigekleine pop!!!!

Elsabie ·

Ai mamma en pappa, my hart gaan uit na julle toe. Die Here sal julle styf vashou en vertroos in hierdie moeilike tyd. Baie sterkte vir julle!

anni ·

Ai sit ek nou en huil, di muiskind was deel van nuus in my lewe.
Sjoe baie jammer julle twee.

DWS ·

Dit breek ‘n mens se hart aan skerwe, as ‘n pa van ‘n 17 maande oue dogtertjie self kan ek nie myself die seer en pyn begin voorstel nie.
Baie Starkte aan julle gesin en familie en weet dat Jesus julle veilig hou en wel betroosting sal bied !

Lea ·

Wat ‘n liefelike ou Muisie-meisiekind.
God het ‘n beter plan gehad vir haar.
Baie sterkte en innige simpatie.

Liefde in Jesus.
Tannie Lea van Pretoria-Noord
xxx

Estelle Louwrens ·

Baie sterkte vir julle! Ek is so jammer en hartseer.

Diefie ·

Geen woorde kan die seer verlig nie. Mag die liefde wat Lielie Muis julle gegee het julle troos.

Gesiggie ·

Die trane hou nie op, waar ek nou eers van die hartseer nuus verneem… Engel kind.. klein Leah jy is nou by Jesus, waar daar geen eina’s is… Jesus het voorwaar een van Sy mooiste blommetjies kom pluk, Mamma en Pappa se hartjies is baie seer en hul gaan vir Lielie Muis baie mis…. daar wag n baie lang en hartseer tyd, maar sy glimlag vir jul vanuit die Hemel, waar sy rond baljaar in die Hemel tuin… My innige meegvoel … sy was n pragtige klein sonstraal…. Mag Jesus jul dra en vashou in die tyd van hartseer. Rus sag by Jesus Leah…

Helien ·

Trane in my oe en so hartseer. Pragtige meisiekind. Bid dat julle vrede in julle hart sal vind bid vir julle.

Helien ·

Pragtige meisiekind. Bid dat julle vrede in julle hart sal vind bid vir julle.

Hanlie ·

Rus sag liewe Lielie Muis. Ek glo dat jy nou op Liewe Jesus se skoot sit en Hy jou baie stories vertel. Aan die ouers, baie sterkte in hierdie moeilike en seer tyd. Weet dat God met julle is en julle ook deur hierdie moeilike omstandighede sal dra.

Charmaine ·

Ons wik maar GOD beskik!!!! Sterkte aan mamna en pappa.???

Delani ·

Baie baie sterkte aan julle. Kan net dink hoe hartseer julle moet wees oor julle groot verlies, maar ja, sy is veilig by God. En sy was n engel hier op Aarde.

Karel ·

Ai, ons huil saam met almal. Sterkte aan die ouers, net die Here kan julle vertroos, maar vind ook vertroosting in mede kinders van God se woorde. Dankie ook aan Marola Media vir die mooi “sagte” berig.

Jacques ·

Baie sterkte aan die ouers en familie. So pragtige dogtertjie.

Magda Grundling ·

Innigste simpatie. Liwe Jesus sal julle bystaan in die tyd van droefheid.

Neels Roos ·

Ja Jesus het die mooiste jong blommetjie vir sy tuin kom haal. Sterkte aan jul as ouers en familie.

Willie ·

Jesus het n engel kom haal. Sterkte vir julle, julle is in ons gebede

JOHAN ·

Ek voel baie jammer vir die ouers.
Weet net dat ons God se plan perfek is, en dat sy in die hemel by Hom nou is. Alle kindertjies gaan reguit na Hom toe, en hy wil haar graag by Hom hê. Onthou asb dat ons God ‘n God van liefde is, en nog altyd was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.