Life Esidimeni: ‘Beamptes moet uit hul eie sakke betaal’

Familie van die Life Esidimeni-slagoffers was vroeër tydens die arbitrasieverhoor in trane. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng, sal die media Dinsdag tydens ʼn perskonferensie toespreek oor stappe wat die DA gaan doen om te verseker dat beamptes wat in die Life Esidimeni-tragedie geïmpliseer is aan die pen ry.

Bloom sal na verwagting by dié konferensie, wat om 11:00 by die Nkululeko-huis in Johannesburg gehou word, die stappe bekendmaak wat “sal verseker dat beamptes wat in die tragedie geïmpliseer is gedwing word om in hul persoonlike hoedanigheid ʼn deel van die R159 miljoen bemiddelingsbedrag wat aan die familielede van dié wat gely het en gesterf het toegestaan is, te betaal.”

Dié beamptes sluit volgens die DA vir Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, Barney Selebano, voormalige hoof van die departement van gesondheid in Gauteng, en Makgabo Manamela, voormalige direkteur van geestesgesondheid, in.

“Die DA glo dat belastingbetalers nie moet betaal vir die regering se foute nie en dat die oortreders uit hul eie sakke vir die skade wat hulle aangerig het moet betaal.”

Maroela Media het vroeër berig altesaam 45 ondersoeke van voormalige Life Esidimeni-pasiënte wat in onwettige NRO’s gesterf het, is nog nie afgehandel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Emily ·

Daar is orals MENSE wat in posisies sit waarvan hulle nie n idee het wat aangaan nie.
Skroef hulle op, laat hulle betaal, Hoekom moet ons opdok.

CHRISTA ·

baie goeie besluit. Dit moet meermale toe gepas word. Ook by die plunderaars. Hulle moet betaal of dienste lewer vir hulle skade.

Ellisras ·

Dit is hoe dit moet werk. As ‘n persoon droogmaak moet die persoon betaal. Dit is tog nie in jou posbeskrywing dat jy verkeerde dinge moet doen nie. Iets buite jou posbeskrywing is vir jou eie rekening.

Johan H. ·

Sal nooiet gebeur nie, Wat van die Kabinet Skelms! Maar ja in n perfekte wereld is dit die aangewese ding om te doen, Da lyk my is besig met stemwerwery!!

Wessel ·

@ Waarom Die eintlike vraag moet wees, waarom voel die Regering nie sterk hieroor nie.

Nettie ·

Ha-ha-ha-ha!!!!!!!!!!!

‘Seriaasly” …….. Ons gaan in die volgende 6 maande of so die verbasendste, haas-onmoontlike, verstommendste beloftes en pogings ter “geregtigheidsviering” en “verbetering van ALMAL” se lewens sien – ter wille van ‘n swart kruisie langs die logo van ‘n sekere politieke party, hetsy ANC, DA, EFF of watookal.

Diegene wat hulle só aan het neus wil laat rondlei, moet dit gerus maar doen. Ek nie.

koos1 ·

Mnr. Bloom, ons betaal al vir die afgelope 20 jaar vir die regering se foute. Nog so ‘n bietjie kan seker nie saak maak nie!

Lizl ·

En dan gaan hy of sy hulself lieflik uit die terugbetaal storie uitwerk en skotvry kom. Betaal en tronkstraf. Dis immers so goed soos moord. Kan julle onthou van die student wat “per ongeluk” `n miljoen rand gekry het met verkeerde uitbetaling en dit toe alles geblaas het? Wat het toe met haar gebeur….. Ja, doodreg! NIKS! Sy sou ook kamma dit moes terug betaal.

koos1 ·

Nee Lizl, sy was sowat 2 weke terug in die hof vir bedrog (as ek reg is).
Haar saak gaan aan.

Nettie ·

@koos1 …… Kosie, Kosie, Kosie …. en hoe, presies hóé gaan ‘n “arm” student wat NSFAS-geld kry vir haar ‘studies’ daardie sowat R800 000.00 wat sy geblaas het, terugbetaal? Sy kan in die hof loop draai soveel as wat sy wil, maar ons weet mos nou al: die sakie gaan nét so ‘n morsdooie, stille dood sterwe ……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.