Life Esidimeni: Dokter weet steeds nie waar vermiste pasiënte is

Dr. Makgabo Manamela (Foto: ANA)

Die geskorste dokter wat geïmpliseer word in die mislukte oorplasing van byna 2 000 Life Esidimeni-pasiënte na ongelisensieerde NRO’s, is steeds onbewus oor waar die 59 pasiënte is wat vermis geraak het nadat hulle uit Life Esidimeni ontslaan is om by hul families te wees.

Dr. Makgabo Manamela, die geskorste Gautengse direkteur van geestelike gesondheid, is Maandag deur adv. Lilla Crouse ondervra oor die pasiënte wat steeds soek is.

“Wat het met die 59 mense gebeur wat vermis is?” het Crouse gevra.

“Wat ek gesê het, is wat ek gedoen het,” het Manamela geantwoord.

“Wat het jy gedoen?” het Crouse gevra.

“Moet ek dit weer verduidelik? Wat ek gedoen het, is wat ek gesê het,” het Manamela gesê.

Dikgang Moseneke, die afgetrede hoofregter wat die arbitrasieverhoor lei, het ingetree en vir Manamela gevra hoe daar vasgestel kon word waar die mense hulself bevind as hul name nie op rekord is nie. Manamela het uiteengesit hoe die distrikskoördineerder hul rekords gehou het, maar het volgehou dat sy nie weet hoe die 59 pasiënte vermis geraak het nie.

“Jy is ʼn staatsamptenaar, jy kan nie net enige antwoord wat in jou kop kom gee nie. Hierdie was mense, hulle het vermis geraak. Jy is betaal om die werk te doen, jy doen niemand ʼn guns nie,” het Moseneke gesê.

Die arbitrasieverhoor het ook gehoor dat die National Health and Allied Workers Union (Nehawu) wil hê dat Manamela verwyder word as uitvoerende hoof van die Natalspruit-hospitaal. Sy het egter volgehou dit was omdat hulle nie gelukkig was met die menslike hulpbronne- proses nie. “Die unies sal altyd kla,” het Manamela gesê.

Manamela was tydens die Life Esidimeni-projek daarvoor verantwoordelik om lisensies aan NRO’s uit te reik. Volgens haar het slegs een NRO nie ʼn lisensie gehad nie. ʼn Ondersoek het egter onthul dat verskeie van die NRO’s nie lisensies gehad het nie.

Van haar ander verpligtinge was om die fasiliteite te besoek en te bepaal of die NRO gepas was om na psigiatriese pasiënte om te sien. Sy het slegs vier van die 27 NRO’s besoek.

Ten minste 143 mense is dood nádat hulle van Life Esidimeni na ander NRO’s geskuif is. Manamela het egter aangehou om haarself te verdedig en gesê sy kan nie blameer word vir die sterftes nie.

Sy het gesê sy aanvaar dat die families kwaad is vir haar omdat sy lisensies geteken het vir NRO’s waar hul geliefdes dood is. Sy het egter gesê sy stem nie saam dat sou sy nié die lisensies uitgereik het nie mense nie sou gesterf het nie.

Manamela het die gehoor geskok toe sy gesê het sy het eers terwyl sy getuig besef dat die uitreik van die lisensies verkeerd was, want volgens haar was alles binne die raamwerk van die wet gedoen.

Adv. Dirk Groenewald, die regsverteenwoordiger vir van die families, het Manamela gepols oor die feit dat verskeie van die NRO’s nie voldoen het aan die wetlike vereistes nie.

Manamela het Groenewald se argument ontken en gesê sy het nie die lisensiëringsproses manipuleer nie.

Maandag was Manamela se vierde dag as getuie. Verskeie familielede het hul misnoeë uitgespreek dat Manamela net alles ontken.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

David ·

Sy is ‘n doktor in psigiatrise verpleegkunde en nie ‘n mediese dokter nie. Totaal onbevoeg.

christa ·

Is hierdie dokters regtig gekwalifiseerde dokters? Ek kan nie terugdink dat daar ooit so -iets in die “ou”tyd gebeur het nie. Was die verantwoordelikheid maar net daardie tyd beter?

Frikkie Geld en huis ·

Sy’t waarskynlik opleiding in Kuba ontvang, want sy word reeds lank as dokter aangespreek. Soos sake tans staan by ons universiteite, behoort sy dit hier ook te maak.

Griet ·

Sy moet strafregtelik vervolg/verhoor word en persoonlik verantwoordelik gehou word vir 200 mense se dood. Sy moet lewenslank tronk toe gaan.

Hennie ·

Dis wat gebeur met “regstellende aksie”. Eish . . . . . stupidy rules!

Eish ·

Lanklaas sulke kapasiteitsgestremdheid beleef, wratig lanklaas.
Geen sin vir verantwoordelikheid nie. Geen besef van die omvang van die werk wat sy veronderstel is om te doen nie. Geen insig in die implikasie van lukrake besluite nie.
Is dit enigsins n raaisel hoekom ons helhool is waar hy is?
Politieke korrektheid of te not, Afrikane in politiek kan nie n land, wat Westerse konsepte en instellings insluit, bestuur nie, hul kan eenvoudig nie, punt!

Piet ·

Nou as Zuma altyd net se disie ekkie, waarom sal sy? In die huidige SA hoef niemand aanspreeklikheid te aanvaar nie.

V ·

Ek hoop die Esidimeni slagoffers kry ook ‘n ere standbeeld soos die Gugulethu 7… Amper 200 mense vermoor deur die staat…

Robert Naude ·

Ja, en die mense wat haar daar geplaas het , kom ook maar skotvry daarvan af.

LOSKOP ·

Die slagoffers se naasbestaandes moet haar in n privaat hoedanigheid hof toe vat en haar laat aankla vir moord. Kry vir Gerrie Nel om haar te vervolg , sy ontken alles en sal tien teen een skotvry daarvan afkom indien sy nie privaat vervolg word nie . Wonder net hoeveel het sy ontvang ,geld gewys ,vir haar aandeel aan 143 mense se onnodige afsterwe

Mariaan ·

Behoede mens om eendag by só dokter uit te kom.
In al die maande het sy haar nie gesteur aan wat besig is om te gebeur nie en blameer nou almal omdat sý nie haàr werk gedoen het nie. Om net na haar te luister, laat mens stik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.