Life Esidimeni-families ontvang hul vergoeding

Voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke (Foto: Skermgreep uit eNCA-video)

Die families van die pasiënte wat in die Life Esidimeni-tragedie gesterf het, het hul vergoeding van R1,2 miljoen elk ontvang – en wel vóór die afgespreekte spertyd.

David Makhura, premier van Gauteng, se kantoor het Dinsdag in ʼn verklaring gesê alle betalings is Woensdag gemaak voor die spertyd van 19 Junie soos gestel deur afgetrede hoofregter Dikgang Moseneke.

“Die kantoor van die premier het altesaam R159 460 000 aan die 134 eisers wat deel was van die alternatiewe dispuutoplossingsproses betaal,” lui die verklaring.

In Maart is R1 miljoen grondwetlike skadevergoeding en R200 000 algemene skadevergoeding vir lyding en begrafniskoste aan oorlewendes en gesinne van die oorledenes toegeken.

Dit het tydens die arbitrasieverhoor aan die lig gekom dat die pasiënte van koue, honger, ontwatering en algemene verwaarlosing gesterf het.

Minstens 144 psigiatriese pasiënte is dood ná die Gautengse departement van gesondheid in 2016 sowat 1 700 pasiënte van Life Esidimeni-fasiliteite na NRO’s sonder lisensies en die nodige geriewe verskuif het.

Dié pasiënte het sowat drie maande in fasiliteite deurgebring wat nie opgeleide personeel of geldbronne gehad het om na hulle om te sien nie.

Altesaam 28 van dié pasiënte is steeds soek.

Maroela Media het vroeër berig die geld benodig vir skadevergoeding aan al die families van die pasiënte wat in die Life Esidimeni-tragedie gesterf het, is nie deur die nasionale tesourie voorsien nie, maar wel deur verskillende provinsiale regeringsdepartemente in Gauteng bewillig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nee Dankie ·

Die prys van iemand se lewe is maar min…en dan nog so gemartel te word ook. En hoeveel mense is al agter tralies vir dit??? Druk daai geld waar in jou Fanus!

Ja nee ·

En die beste van alles is baie van die mense wat geld gekry het die mense wat dood is gelos en nie eers omgegee vir hulle(Hulle se ‘n man se dood is vir ‘n ander man brood)

Belastingbetaler ·

So vee die ANC hulle gross menseregteskending met ons belastinggeld skoon.

Hennie ·

So dok die Suid-Afrikaanse belastingbetaler op vir politici en hul meelopers. Hul onbekwaamheid en afwesigheid skrei ten hemele.

Colleen ·

Geen wonder SARS vervroeg die datum waarop opgawes ingedien moet wees nie. Hierdie geld moet so gou moontlik verhaal word van die belastingbetalers. Wonder maar net as die eisers wit was hoe lank sou die uitbetalings sloer?

Annamarie Olivier ·

Hoe sien jy toe dat iemand doodgaan van die honger en doen niks. Of is hulle toegesluit en gelos om dood te gaan? Niemand nog skuldig of aangekla nie?
Wat word van ons menslikheid, respek vir lewe? Dit is verskriklik en nou betaal ons en die saak is afgehandel. Sies!

Jacques ·

Colleen – Ek reken so 15 jaar plus , kyk na die transnet storie . Belaglik verby

Manie ·

Van die mense het so min in hulle familie belang gestel dat hulle nie eens bewus was die familie is oorlede. Die groot hartseer het begin toe daar begin praat is van vergoeding toe is almal aan die huil. Skande

Lorita ·

Was my sienieng ook nog die heel tyd. Familie lede is daar “gedump” en vergeet van. Niemand gaan oornag dood van honger of verwaarlosing. Mens sou tog kon agterkom as jy so af en toe ‘n besoekie aan jou familielid gedoen het???

Arak ·

En wie is nou al vervolg vir die moorde en wanneer begin hulle tronkstraf? Nee wat, as jy dink ‘n wit mens se lewe is min werd in Afrika, ‘n swart mens s’n is nog minder werd. Om hierdie ‘n skande te noem is nie ‘n sterk genoeg uitdrukking nie, dit is verby skokkend/verskriklik.

Mich ·

Ja,wie IS vervolg na die tragedie?
Ongelukkig is daar die dooies agv. die tragedie en Dan is daar die ” lewende-dooies” wat in sulke Staatsfasiliteite tans daagliks deur dieselfde hel gaan. Wat van hulle? Word hul “vergoed” vir die trauma waardeer hul gaan?

Wonder maar net. ·

Ai nou die dag moes minister van Gesondheid sê, die departement is nie bankrot. Moet die bedrag R47 miljoen
nie uit gesondheids begroting kom nie?
Kan wees dat daar dan régtig nie geld vir pasiënt EN verpleegster! se kos gaan wees.

Hanna Hoekom ·

Ek het n paar jaar gelede by twee van hierdie staatsinstansies naby Pretoria gewerk. Glo my, die meeste van hierdie pasiente is “weggegooi” en selde (indien ooit) deur familie besoek! Nou trek die families finansiele voordeel uit die reeds bestaande tragedie… Siek, siek spul!

Alida ·

En die geld vat al die skyn trane weg. Siek en walglik verby. Ons wil sien dat die skuldiges tronk toe gaan vir MOORD.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.