Life Esidimeni-gesinne woedend oor omstrede aanstelling

Qedani Mahlangu. Foto: ANA

Die Life Esidimeni-komitee wat die gesinne van die psigiatriese pasiënte wat geïmpliseer is in dié tragedie verteenwoordig, is geskok en woedend oor die heraanstelling as Qedani Mahlangu, voormalige LUR van gesondheid in Gauteng, as lid van die ANC se provinsiale komitee (PUK) in Gauteng.

Christine Nxumalo, woordvoerder van die komitee, het gesê daar is bevind dat Mahlangu verantwoordelik was vir die Life Esidimeni-tragedie en dat dit skokkend is dat sy, in die lig van die oorweldigende getuienis teen haar, weer verkies is.

David Makhura, heraangestelde voorsitter van die PUK en premier van Gauteng, het gesê dat Mahlangu se saak aan die ANC se integriteitskomitee voorgehou is.

“In stede daarvan om haar voor die provinsiale verkiesingskonferensie aan die komitee te onderwerp wil hulle (die ANC) nou die verskoning gebruik om die publiek om die bos te lei. Sou die ANC regtig wou wys dat hulle die regte ding wou doen sou dié proses onmiddellik ná die Life Esidimeni bemiddelingsverhore plaasgevind het,” het Nxumalo gesê.

Volgens Nxumalo is die komitee van mening dat iemand wat betrokke was in so ʼn groot nalatige of opsetlike besluit wat tot so ʼn groot tragedie soos die Life Esidimeni-voorval gelei het, nie verkiesbaar moet wees nie.

“Deur Mahlangu toe te laat om op die PUK te dien praat die ANC in effek die verskriklike dade wat onder Mahlangu se toesig plaasgevind het goed.”

Nxumalo meen die bemiddellingsverhore was nie ʼn alternatief vir politiese of kriminele verantwoordbaarheid nie.

“Ons as die geïmpliseerde families wag steeds vir inligting by die polisie oor die strafregtelike ondersoeke, insluitend Mahlangu se rol.”

Nxumalo het verder gesê die Nasionale Vervolgingsgesag het ook aangedui dat hy nog nie die Life Esidimeni-sake afgehandel het nie.

“Die nagedagtenis van dié wat gesterf het in dié tragedie is onteer en verkleineer deur Mahlangu se heraanstelling en die komitee sal nie rus totdat sy verwyder is en aan die pen ry nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

kobus ·

Hulle doen net wat hulle wil en niks gebeur.met hulle nie.lekker in SA.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag nee mense, komaan…..julle kan mos nou nie verwag dat sy verantwoordbaar moet wees nie? Waar kom julle vandaan? Sy MOET tot so ‘n posisie her-kies word sodat sy R30 miljoen se pensioenfonds kan terug koop……sodat haar goue handdruk nie aandag trek nie. Wat verstaan julle nie?

Mielie ·

Wat n grap….die ANC se integriteitskomitee. Rerig in n party wat nie weet wat dit is nie en nie eens waarde heg aan enige vorm van integriteit nie. Almal behalwe hulle kiesers kan sien die party kom eerste….hulle voel n vet veer vir die kiesers en landsburgers. Geen respek vir die publiek. Maar wat verwag jy van mense met dubbel standaarde……ons mense ……die ANC se mense

Adri ·

Inderdaad! Die woord “integriteit” bestaan nie in die ANC se woordeskat nie, behalwe miskien om diegene met integriteit te probeer bluf met so ‘n komitee. Ek kan nog oor die weg kom met ‘n om ou wat erken hy is dom, maar ‘n dom ou wat dink ek is dommer as hy dryf my teen die kranse uit.

TinRSA ·

Hulle kan nie daartoe kom om die mense wat verantwoordelik was vir die Life Esidimenini tragedie te vervolg nie (4 maande nadat die arbitrasie verhoor klaar is) maar die NPA is gou om aan te kondig dat hulle die man wat synseun per ongeluk doodgeskiet het, aan te kla. Seker maar omdat laasgenoemde nie ‘n politikus is nie. 142 mense se lewens is nie belangrik vir ‘politikus nie.

Mands ·

Ek stem saam hier. Waar is Zuma se seun heen? Landuit. So geregtigheid lyk my is debateerbaar…

Johan H. ·

As enige iemand na dese nog anc stem, moet hulle maar kry wat hulle gaan kry,, Geen simpatie van my af nie,, Dit gaan vir hulle nog baie warmer raak,,,Geniet jul toekoms dof anc stemmers!!!

Yebo ·

HEHEHE .. kry vir julle . julle stem vir die ANC, julle stem vir die betrokke leiers julle stem vir die mense wat julle keer op keer teleurstel, mense wat by bedrog en korrupsie betrokke is (solank hulle net nie wit is nie) .. julle moet dit maar net aanvaar, want julle bly stem ANC en julle bly stem vir die besluite wat hulle neem .. DIE ANC het skielik weer gegroei vandat hulle grond aan alle AFrikane belowe het .. so nou sit julle maar met die gebakte pere .. die grondissue gaan net so uitdraai soos die Life Esidimeni, maar ek begin dink die mense wat ANC stem VERDIEN DIT!

Hanna Hoekom ·

Integriteitskommisie in die ANC?! You must be joking…

ne ·

Marikana is deel van CR…. Hy was ook betrokke! GOEIE ANC….

Grassie ·

Die ANC het beslis nie respek vir menselewens nie en ook geen meegevoel nie. Dat hierdie vrou se belangelose optrede bygedra het tot die lyding en afsterwe van hulpelose mense is ‘n bewese feit en haar heraanstelling dui op gevoelloosheid. Die uitdrukking op haar gesig in die foto spreek boekdele.
Van die foto gepraat – gestel jy hoor in die nag iets verdags op jou perseel en gaan stel ondersoek in en wanneer jy jou flits aanskakel sien jy dit – die aggressiewe gesig en grypende hande. Wanneer jy uiteindelik weer in jou huis tot stilstand kom sal jy beslis ‘n hele glas Klippies moet afsluk om te kalmeer voordat jy ‘n ander pijamabroek kan aantrek en weer gaan slaap.

Chris ·

Ai tog die mense word mislei en hulle glo elke rede wat voor gehou word. Lyk my hoe meer jy aanjaag hoe beter is jou posisie in die ANC. Volgende stap is sy seker in die parlement en adjunk minister van gesondheid

Francois le Cochon ·

Volgens “Google Translate” is daar nie ‘n woord in een van ons inheemse tale wat dieselfde betekenis het as “aanspreeklikheid” nie. ‘n Gevolgtrekking kan dus gemaak word dat daar in die Afrika kultuur nie so iets “aanspreeklikheid” bestaan nie.

Ella ·

@ Francois: ook nie vir “onderhoud” of “maintenance”.
Dis hoekom geboue wat aan die Staat behoort al byna tot niet is van roes en afdop en breekskade: geen onderhoud.
Ons arme, arme land is besig om tot niet te gaan weens n gebrek aan kennis en selfverryking.

Johan ·

En tog gaan almal steeds vir die moordenaars stem. Skokkend.

Zumie ·

“Comrades” wat aanjaag val met hulle agterstewes van een botterpot na ‘n ander ….. geen meritokrasie maar gewone kleptokrasie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.