Life Esidimeni: Slagoffers nog nie vergoed

David Makhura, premier van Gauteng Foto: GCIS

Die families van die pasiënte wat tydens die Life Esidimeni-tragedie dood is sowel as die oorlewende pasiënte en hul families het steeds nie vergoeding ontvang nie ondanks die naderende spertyd.

David Makhura, premier van Gauteng, het Donderdag bevestig die families het nog nie vergoeding ontvang nie. “Die proses is aan die gang om die bankbesonderhede van al die begunstigdes te verifieer en nuwe aansoeke te bekragtig.”

Makhura het gesê daar sal aan die spertyd voldoen word wat deur oudregter Dikgang Moseneke vasgestel is. Makhura het die besonderhede bekend gemaak in antwoord op ʼn vraag van die DA in die Gautengse wetgewer.

Moseneke het in Maart vanjaar beveel dat die families van die pasiënte wat tydens die Life Esidimeni-tragedie dood is sowel as die oorlewende pasiënte en hul families R1,2 miljoen elk as vergoeding moet ontvang binne drie maande.

Moseneke het verder opdrag gegee dat ʼn monument opgerig word wat vir komende geslagte sal dien as ʼn herinnering aan die menswaardigheid en kwesbaarheid van mense met geestesongesondheid. Hy het die NRO’s waarna pasiënte oorgeplaas is as “persele van dood en marteling” beskryf.

Die DA het verlede maand bekend gemaak dat minstens 28 Life Esidimeni-pasiënte steeds nie opgespoor is nie. Volgens Jack Bloom, DA-LPW in Gauteng, is hy deur die polisie in kennis gestel dat talle vermiste pasiënte gevind is, hoewel 28 steeds nie opgespoor is nie.

Volgens die lys van die Gautengse departement van gesondheid wat die polisie aan Bloom gegee het, word 18 mans- en 10 vrouepasiënte steeds vermis. Hulle is tussen 27 en 79 jaar oud.

Meer as 140 pasiënte is dood nadat hulle na dié NRO’s oorgeplaas is, meestal weens wanvoeding en verwaarlosing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

GM ·

Ag lekker man. Hoeveel van die sogenaamde familielede het die gestremde persoon gaan besoek. Nou is almal vreeslik hartseer. Wat gebeur het is wreed, maar hoekom word die geld nie van die oortreders verhaal nie? Hoekom moet die belastingbetaler alweer pa-staan vir die regering se wanbestuur van ALS in hierdie land. En wat van boere wat vermoor word? Hul families ly ook. Die persone wat aan die hand van misdadigers dood is, se families ly ook. Betaal vir die mense se begrafnisse, hoekom nou R1.2 miljoen gee? So hartseer soos wat dit is, die families het nie ‘n broodwinner verloor nie, en as hul vir hulle gaan kuier het, sou hul die verwaarlosing opgemerk het. Die wat gely het, is die pasiënte self. Begrawe hulle met respek, en laat die personeel boet.

Mammon ·

Ek stem GM . dit gaan alles oor GELD< daar is 'n handjievol mense wat hulle gestremde dogter/seun/ma/pa in die instansies gaan besoek het want as hulle hulle besoek het sou hulle al lankal onraad vermoed het. Dit gaan alles oor GELD, nes die landvergrype oor GELD gaan .. 90% wil die GELD he en nie die land nie, maar hulle skreeu saam land want daar is 'n kans dat hulle eerder vir GELD kan vra en dan die land aan die regering afstaan .. EERLIK dink ek daar is mense wat omgegee het vir hulle familielede maar die blinkogies sien nou net GELD . daar is dan selfs 'n klomp weg ?? NOU hoe weet jy nie as jou familielid WEG IS NIE?? Eish .. het maar min daar gekom hoor …

koos1 ·

Daai monument sal nooit gebou word nie, want dit stel eerder die onbevoegdheid van die regering ten toon vir alle nageslagte om te sien!

Penellope Jones ·

…..en die skuldiges nog nie gearresteer nie.
En waar gaan die geld heen gaan?
Geld vervang nie ‘n lewe nie . . . .

piper ·

stem met alles saam. maar dink net hoe gaan die familielede baklei oor wie kry wat van daardie geld.

GES ·

Sal dit glo as die geld uitbetaal word. Die meer tragiese gedeelte is dat lewens gemeet word aan geldwaarde.

marous ·

En die wat krokidil trane gehuil het voor ‘n komissie wat met belasting geld vir maande geduur aangegaan het het NIKS oorgekom nie en is nou onbevoeg om die hof se bevel dat belasting geld betaal moet word na te kom ?

Michael ·

En hoeveel van die geld gaan weer in die amptenare se sakke?

Siek en sat ·

Betaal sommer AL die slagoffers van plaasmoorde se families ook uit. Niks minder as reg nie. Ons is mos n reenboognasie. What is good for the geese is good for the gander.

Dibby ·

Waar was hierdie familielede toe hulle familie hulle nodig gehad het… nou word hulle betaal omdat hulle geskitter het in hul afwesigheid…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.