‘Lift’ vlieg Donderdag eerste keer

Die laekoste-lugredery se eerste vlug is Donderdag. (Foto: Lift/Facebook)

Suid-Afrika se jongste laekostelugredery, Lift, sprei Donderdag vir die eerste keer sy vlerke op ʼn vlug tussen Johannesburg en Kaapstad.

Die redery sê hy konsentreer aanvanklik op vlugte tussen Johannesburg, die Moederstad en George.

“Baie dink dis waansinnig om in hierdie tyd ʼn lugredery op die been te bring. Ons dink dis die beste tyd ooit,” sê Gidon Novick, medestigter van die redery. Novick was ook ʼn medestigter van die laekoste redery Kulula.

Die ander stigter is Jonathan Ayache, ʼn voormalige bedryfshoof vir Uber in Afrika suid van die Sahara.

Novick sê dit is hoog tyd dat die aanbodgedrewe, skuldgedompelde benadering tot rederye verander en meen die Covid-19-pandemie het bewys dit is nie ʼn volhoubare benadering nie.

Die bemanning se uitrustings is van Superbalist. (Foto: Lift/Facebook)

“Pleks daarvan is dit tyd vir ʼn aanvraaggedrewe sakemodel.”

Lift voer aan in ʼn tyd waarin dit moeilik is vir mense om hul lewe behoorlik te plan, kan vlugte 24 uur of meer voor die tyd teen geen bykomende koste of boetes verander word nie. Indien die koste vir ʼn veranderde vlug meer is, betaal die kliënt bloot die verskil in. As ʼn reisiger vroeg by die lughawe is, kan hy of sy navraag doen om te hoor of plek op ʼn vroeëre vlug beskikbaar is – en indien wel, vlieg jy saam teen geen bykomende koste nie.

Die redery se bemanning word geklee in uitrustings van die aanlyn-handelaar Superbalist en spyseniering aan boord word behartig deur Vida e Caffè. Passasiers op middagvlugte kan ook uitsien na ʼn keur van Suid-Afrika se voorste wynlandgoedere.

Lift word bedryf deur Global Aviation en maak gebruik van ʼn vloot Airbus A320-vliegtuie.

(Foto: Lift/Facebook)

Die maatskappy sê die naam van die redery is die geesteskind van agt kreatiewe Suid-Afrikaners wat deelgeneem het aan wat die redery bestempel as die land se grootste naamgee-kompetisie. Meer as 25 000 voorstelle vir ʼn naam vir die redery is ontvang.

Die maatskappy sê die naam is ʼn vergestalting van nie net die wonder van vlieg nie, maar ook van ʼn spesifieke beskouing van die wêreld en die land. Die wenners van die naamgee-kompetisie kry gratis vlugte en hul name is op die heel eerste vliegtuig aangebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Die Wolf ·

Word deur professionele persone bestuur. Pryse baie goed.

Anel ·

Nou ja, maak SAL toe. Hulle het geen bestaansreg meer nie en hulle het genoeg van ons pensioengeld gevreet. Hulle kry massiewe bonusse en ons kry skaar ‘n behoorlike aanpassing. VAN ONS GELD WAARVOOR ONS JARE GEWERK HET!! So baie geluk en hoop julle vlieg lekker. Hoop nou net nie julle is ook so geBEE dat julle ook nie verder gaan kom nie.

Misky ·

Baie geluk en ek sal julle definitief ondersteun. Ek dink meeste SA’ners voel soos ek en ons keelvol van die sinkende SAL en al die drama saam met dit.

Elmarie ·

Kom vlieg tog van Lanseria af asb! Verpes OR Tambo. En ja, stem saam sal uit beginsel SAL nooit ondersteun al is hul goedkoper. Hou ook van uniforms en gemaklik skoene – hoop nie Lift is weer eendagsvliee om dit so te stel nie, mag hul laaank met ons wees

JohanR ·

Nou soe baie keuse in SA om by wie te vlieg, wie het dan nou nog SAL nodig- Lift, Safair, Kulula, Mango, Airlink. In Engels se mens “spoilt for choice.”

tweeling ·

Mango is SAL se goedkoop opsie, kanse is goed as SAl heeltemal vou dat Mango ook sal gaan

Mad Mike die Rhodesiër ·

Tipies Joods. Gee ‘n Jood ‘n uitdaging en hy skep ‘n weg! Die stigters is almal Jode.

Eend Bessinger ·

Ek hoop hulle “LIFT” so vinnig dat hulle SAL kan oorneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.