‘Lig aan die einde van beurtkrag-tonnel’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die Staatsrede 2022 (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners in sy jongste nuusbrief die versekering gegee dat die regering alles in sy vermoë doen om die land se energielandskap te transformeer en dat nuwe energieopwekkingskapasiteit ontwikkel word om sodoende beurtkrag te beëindig.

Die regering wil met sy verkrygingsprogram vir onafhanklike produsente van hernubare energie bykomende krag deur middel van hernubare energiebronne opwek om die elektrisiteitstelsel meer doeltreffend en meer mededingend te maak. Dit sal gevolglik minder druk op Eskom se kragstelsel plaas, wat moontlik die einde van beurtkrag kan beteken.

Die regering het in 2018 die verkrygingsprogram laat herleef wat ná 2015 tot stilstand gekom het.

“Dit het verskaffers van hernubare energie, wie se botte reeds aanvaar is vir die opwek van 2 205 MW, in staat gestel om voort te gaan met konstruksie, waarvan die meeste nou aan die kragnetwerk gekoppel is,” sê Ramaphosa.

“ʼn Verdere 5 200 MW opwekkingskapasiteit, wat verkry sal word van son- en windkrag, sal van laat 2023 aan die netwerk gekoppel word.”

Volgens Ramaphosa maak die geïntegreerde hulpbronplan ook voorsiening vir ʼn verdere 3 000 MW van gas en 500 MW van batteryberging wat van onafhanklike kragprodusente verkry moet word.

In Junie 2021 het Ramaphosa aangekondig dat die lisensiëringsdrempel vir nuwegenerasieprojekte van 1 MW tot 100 MW verhoog sal word. Dit beteken dat private beleggers nie ʼn lisensie benodig om opwekkingsfasiliteite van hierdie grootte te bou nie en hul eie krag kan produseer of dit oor die netwerk aan ander kopers kan verkoop.

“’n Gesamentlike taakspan wat uit alle relevante staatsdepartemente en die private sektor bestaan, werk daaraan om beleggings in nuwegenerasieprojekte minder as 100 MW te versnel. Daar is 58 projekte in ontwikkeling in die pyplyn met ʼn gesamentlike kapasiteit van 4 500 MW, waarvan baie vanjaar met konstruksie sal begin. Die taakspan werk daaraan om omgewingsmagtiging en ander goedkeurings te bespoedig.”

Ramaphosa sê Suid-Afrika se energiesekuriteit kan slegs verseker word as sy afhanklikheid van ʼn enkele kragbron verminder en private beleggings opwekkingskapasiteit ontsluit. Dit is een van die belangrikste hervormings vervat in die konsepwysigingswetsontwerp op elektrisiteitsregulering wat in Februarie vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer is.

Die wetsontwerp maak voorsiening vir die vestiging van ʼn onafhanklike transmissie- en stelseloperateur. Dit beteken terwyl die nasionale netwerk in die staat se besit en beheer bly, daar mededinging sal wees tussen veelvuldige kragopwekkers wat krag aan verspreiders en kliënte verkoop.

“Die bekendstelling van ʼn mededingende elektrisiteitmark sal nuwe beleggings in opwekkingskapasiteit ontketen en sal ʼn sleutelaandrywer van ekonomiese groei wees.”

Volgens Ramaphosa het hierdie hervormingsproses reeds begin met die stigting van ʼn aparte transmissiefiliaal deur Eskom in Desember 2021, wat Eskom teen Desember vanjaar wil voltooi.

Ramaphosa wys daarop dat Eskom intussen voortgaan met sy instandhoudingsprogram en met die regstelling van ontwerpdefekte in sy aanlegte by Medupi en Kusile.

Die kragvoorsiener is ook besig om ou kragstasies wat die einde van hul lewe bereik het, uit diens te stel en ander weer te omskep om skoner energiebronne te gebruik. Eskom bring ook bykomende vaardighede in om met instandhouding te help, insluitend voormalige werknemers en ervare aanlegbestuurders.

Ramaphosa erken egter dit is moeilik om te verwag dat die miljoene Suid-Afrikaners wat worstel met die ongerief en swaarkry wat deur periodieke kragonderbrekings veroorsaak word, geduldig sal bly terwyl die regering aandag gee aan voortslepende uitdagings. “Dit is moeilik om hulle, terwyl hulle in die donker sit, te oortuig dat ons vordering maak in die rigting van veilige en betroubare elektrisiteitsvoorsiening.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Swerwer ·

Dankie vir die grappie , het nou lekker gelag. Die spreekwoord lui egter, na lekker lag kom huil.

SomeOne ·

58 projekte wat 4500MW sal verskaf , dws , 77.5MW per projek, ek dink dis uiterse swak projekte

Marius ·

Ek weet darem nie of eskom ooit die finansies sal hê om hul kragstasies weer 100% funksioneel te kan kry nie. Solank aswat mense gratis krag kry sal daar nooit genoeg geld wees om instandhouding te doen of om nuwe energie installasies te doen nie.

Swerwer ·

Gister op RSG was ‘n gesprek gewees waar dit duidelik uiteengesit was dat Eskom met die huidige kragopwekkingseenhede nie die pyp gaan/kan rook nie want die opwekkingseenhede se lewensduurte is verby en die huidige regering het nog nie ‘n vinger verroer om enigsins plaasvervangers daar te stel nie.

agnes ·

Ons stel voor dat die regering son energie subsideer , ons is n sonskynland en mors eintlik om nie die God gegewe krag te gebruik nie. Dit maak tog sin?

krodedil ·

Zuma het ook gese daar sal GEEN loadshedding wees nie. Die fout le by die regering en nie by Eskom nie.

Deon ·

As Ramaphosa daai eerste paragraaf kwyt geraak het dan is hy bietjie deurmekaar, wat wil hy ontwikkel? Die son en windplase staan die hele vlak vol en wag dat hy die regte goed moet teken om te begin elektristeit in die stelsel te stoot… Gee die groen lig en die krag is daar. Julle rek en trek die ding so dat die beleggers gaan begin ontrek en dan sit ons met areas vol sonpanele en wind laaiers wat staan en vergaan in die weer….as ek my beskeie raad aan hom kan gee, “talk is cheap, money buys the whisky”

domheks ·

en die wind turbines het ‘n 20 jaar leeftyd! Maar anc sal wat tot dit verby is!

...M... ·

Doen alles in julle vermoë???
Sit en vreet net al ons geld op – dis wat julle doen!

(ANC-regering blaas R1,4 miljard op verblyf, vermaak en spyseniering – Maroel Media 25 April 2022)

melaney ·

Hy kan net so wel erken dat die anc kans gegun word om nuwe metodes te vind om die miljarde wat hulle geleen het te verduister.

Deon ·

Presies my gedagtes, geen rede waarom die huidige groenkrag wat le en wag, nie gebruik kan word nie

Jr ·

Aagh gaan praat bollie op n ander plek. Your people will believe you and put a cross in front of your party on the ballot vote

Manie ·

Medupi was ook veronderstel om die lig aan die einde van die tonnel te wees, maar het meer as 10 jaar later as beplan, etlike miljarde rand meer, vroeg gesaboteer en hoevele jar en rande meer om te herstel daarvan afgekom.

Deon ·

Net maar nog politieke twak praaitjies. Kan niks meer glo wat hierdie land se politici kwytraak nie. Die lig wat hy sien is die trein wat in die tonnel aankom en een helse groot ongeluk gaan veroorsaak.

JohanR ·

Cyril jy moet ophou op ‘n Sondag dink en dan Maandag jou gekke gedagtes met die nasie te wil deel…..hou nou op!

Kobus ·

Aangesien MM my kommentaar sensor – seker ek is op hulle swartlys ( en nee, ek glo ek is binne perke) stem ek met almal saam.

Carel ·

Hoop nie daai lig is die koplamp van ‘n stoomlokomotief teen 120km/h nie…..

Renet ·

n Mens kan nie anders as om te wonder oor die sogenaamde “Projekte” nie– seker weer n geleentheid om geld te verdoesel!!

Hennie ·

Hoekom eers einde 2023? Die wind krag plase is nou al reg om krag by die netwerk te vroeg. Wat de HEL!!?

Swerwer ·

En uiteindelik het Pres. Cyril Ramaphosa in sy eie verdraaide woorde erken dat Staatskaping en die ANC verantwoordelik is vir ESKOM se gebrek aan kraglewering.

Jaco ·

En môre oormôre is my sonkrag plaas wat 10000MW kan opwek klaar en dan hoor ek dat ek nie mag krag lewer nie, want my besigheid is nie BEE-compliant nie. OF ek kry darem ‘n kans om krag te lewer, maar oor 2 jaar word my plaas met sonkrag stelsel en al onteien sonder vergoeding.

Jan ·

Whatever Ramaphosa miljoene mag jou glo maar ek lag vir jouwant as jy jou mond oopmaak praat jy nonsens

jzjz05 ·

Dit gaan ook gaan soos die celfoonfabriek van 3jaar gelede in Natal met n grootbrawada aangekondig is en nou insolvent verkoop word.met n magdom belasting geld verlies saam.nie een celfoon is verwaardig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.