Lig aan einde van transformasietonnel, meen sportminister

Minister Tokozile Xasa. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Sportkwotas werk, sê die minister van sport, Thokozile Xasa.

Xasa het vanoggend haar departement se jaarlikse vorderingsverslag oor transformasie in sport bekend gemaak met die nuus dat verskeie sportsoorte – na die regering se mening – in die regte rigting beweeg en dat ʼn klomp sportsoorte reeds hul transformasieteikens oortref het.

Nasionale senior manspanne in atletiek, krieket, sokker, vlugbal, boks en tafeltennis het hul transformasieteikens verbygesteek terwyl netbal, skaak, gimnastiek, hokkie en rugby dit amper gehaal het.

Sowat 60% van die land se sportsoorte het nou swart mense aan die stuur en byna 70% het beheerliggame waarvan die meeste lede swart is. Sewe uit die 19 voorste nasionale sportsoorte het hul teikens vir vroue-verteenwoordiging oortref, het Xasa gesê.

In krieket het die aantal swart spelers vanjaar toegeneem van 45% tot 60%, in hokkie van 20% tot 45%, in rugby van 34% tot 42% en in netbal van 37% tot 56%.

Xasa meen dit beteken daar is lig aan die einde van die transformasietonnel, gegewe die feit dat 80% van die land se mense swart, 9% wit, 9% bruin en 2% Indiër is.

Die regering meet transformasie aan vyf onderafdelings, te wete demografiese verteenwoordiging in sleutelafdelings, toegang tot sportdeelname, vaardigheidsontwikkeling, standaard van bestuur en ekonomiese bemagtiging in die sportbedryf, het Xasa gesê.

Sporttransformasie word jaarliks deur ʼn onafhanklike paneel bekend as die groep van vooraanstaande persone gemeet.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

EQV ·

Ek kyk lankaaaaaaaaal nie meer suid afrikaanse sport nie..so ver ek weet is naas botha die kaptein vd springbokke en hansie cronje vd krieket span…ek ondersteun wel die ALL BLACKS,,,die woord swart en ‘all’ is deel van hulle naam,,en politieke twak oorheers nie die sport nie.

Piet Snot ·

Ek het op hierdie berig gekliek omdat ek ‘n lekker lag nodig gehad het.
Ek het egter nie gelag nie…

D P J ·

Mooi so, so sal RSA nie meer gouie madalise haal nie. Brons die hoogste!

Ag asb tog ·

JAAAAAAAAAAAA dit werk so goed die BULLE pleit en smeek op alle koerantvoorblaaie vir die publiek OM ASB Te kom rugby kyk . DIESELFDE BLOU BULLE wie se stadions altyd oorgeloop het van toeskouers .. ons het die AAND Voor die tyd al in die ry gestaan om kaartjies vir die volgende dag te koop … nou staan die stadions halfpad leeg….. JAAAAAAAAAAAA TRANSFORMASIE WERK 100% .. dit transformeer alles wat gewerk het na iets wat nie meer werk nie … GENIET DIT MAAR .. Stoere blou bulle doen nie eers meer moeite om Loftus toe te gaan nie .. en ek praat nou maar net uit bloubulwereld uit … MEESTE goeie spelers (ook Springbokke) speel vir alle lande . JAAAAAAAAA transformasie werk perfek . BAIE BAIE DANKIE!! TRANSFORMASIE is RASSISTIES en DISKRIMINEREND van aard .. glad nie iets om op trots te wees nie . HOEKOM moet mense op grond van velkleur gekies word? Toe die NP dit gedoen het was dit verkeerd, hoekom is dit nou reg?

Agja ·

Die leë stadions het niks met transformasie te doen nie, kyk in Aus of self hier in NZ, mense gaan kyk nie meer nie.

Snuffels ·

Watse kleur is die lig aan die einde van die die tonnel??? Want dit is n donker tonnel die

Afrikaanse Knaap ·

Ek wil die beste span sien speel. Tot kwotas nie afgeskaf word nie, kyk ek nie.
Ek dink egter SA sal die trofee kry vir die beste kwota span ter wereld, want ons is seker die enigste deelnemer?

bgj van der westhuizen ·

ja sy kan haar self geluk wens die sport in suid afrika was wan die beste nou van die swak ste ons kies mos nie op die beste nie ons kies op kleur en ons beste wit spelers speel in ander lande en speel teen suid afrika en ek onder steen geen sport van suid afrika nie mag hulle altyd verloor en n pak sla kry waar hulle ook al speel

Judge Dredd ·

En dis waarom volgens gemiddelde punte per wedstryd ons beste span huidiglik slegs 5de in Superrugbyreeks is. Die top 4 is almal NZ se spanne.

liamari ·

Sport moet in die eerste plek oor talent en harde werk gaan. Nie oor kleur nie. Dis belaglik hoe hierdie openlike diskriminasie en apartheid deur sports federasies in die wereld geduld word.

Izak ·

Blatante rassisme wat indruis teen die basiese grondreëls van sportbeheerliggame. Huigelary egter aan die orde van die dag in internasionale sport.

Schalk ·

Transformasie of Diskriminasie werk net vir politiek. In die harde ware werklike lewe daar buite is dit een van die getuienis van politieke teikens wat bereik is maar alles om dit tot niet gegaan het. Darem lekker om te lees soveel van ons jong sportmanne blink uit in die buiteland waar talent die faktor is. Verseker weet ek dat alle rasse talent het om te presteer maar die politieke inmenging het die geloofwaardigheid nadelig geskaad. Jammer as daar ander rasse veroordeel is en moet ly aan die negatiewe politieke inmenging.

Louwboepens ·

Ja, ag asb tog,Ek het self my rugby op Loftus Versveld gespeel toe daar nog A B en C velde was.Nou se dae kyk ek eerder gholf of tennis waar die talent van die speler tel en nie sy velkleur nie.Ek verlekker my elke keer daarin as die flou bulle in Mamelodie Sundowns kleure verloor.Soos Saterdag.Pateties.

JC ·

Is hierdie berig ‘n grap? Is dit 1 April?

Stomgeslaan. Lig aan die einde van die tonnel? Ja, seker die ligtonnel…donker aan die einde van die lig…nog baie…voordat ons sal vry wees en weer kan kompeteer en trots wees…op ons prestasies, WEDYWERING en standaarde.

Afrikaners kyk nie meer hul tradisionele sportsoorte nie, alles verval en niemand stel meer belang nie. Ek sal eerder kyk na Orania se Rebelle rugbyspan dankie !!!

Baie Afrikaners kyk nou maar Engelse Premierliga sokker en die Spaanse liga, asook Engelse en Franse Klubrugby, en hou hulle besig met suiwer kultuur-en Afrikaneropheffingsprojekte, maar die affere wil vir ons laat weet :”daar is lig aan die einde v/d tonnel” omdat kwotas van 80-9-9-2 amper behaal is !?

Geen wonder dinge lyk soos dit lyk nie. Wenk: Konsentreer maar eerder op individeel georienteerde sport waar selfidentifikasie belangriker is.

Die Europese, en Amerikas rugbyligas vervuil van ons boerekinders wat hulle geboorte land MET TROTS kon verteenwoordig, maar al waaroor hulle gepla is, is die kwota “formule”?

Die Here behoed ons… hierdie is niks anders as Marxisties- gedrewe sosiale ingenierswese toegepas op sport van ‘n onderdrukkende swart meerderheidsregering nie.

Jacques ·

Transformasie is net n ander naam vir rassisme . Die regering kan nie eers n Taxi bestuur nie , wat nog van n land . Regtig en dan kom julle nog met transformasie . Plaas fokus julle eerder op belangrike goed soos onderwys en mediese sorg nou kom julle met sulke snert
Is dit hoe julle ons belasting geld spandeur ?????? Nee wat hou verby .

Daan ·

Dis nie ‘n lig in die tonnel nie……dis ‘n trein wat aankom!!

Janneman ·

Kyk gerus na die 5 onderafdelings waarin hul sukses gemeet word. Verdeinstelikheid en prestasie is nie onder die 5 nie.

Janneman ·

Kyk gerus na die 5 onderafdelings waarin hul sukses gemeet word. Verdeinstelikheid en prestasie is nie onder die 5 nie.

humor ·

Soos ek die marxistiese werksmetode ken is die springbokembleem nie meer lank nie.

Janneman ·

Kyk gerus na die 5 afdelings waarteen hul sukses gemeet word. Verdienstelikheid en prestasie is nie onder die 5 nie.

Dit is bysake en van geen belang in die manupilasie projek nie. Uitnemendheid is n westerse konsep, die dat ons “junk” bereik het.

Vet kans dat Ramophosa nuwe beleggers sal lok.

Lollie ·

Hulle noem dit transformasie, ek noem dit inwurm en oorneem. Wys jou net, hulle kan niks op hul eie begin en doen nie. Soos die piet-my-vrou. Bou jy die nes dan sal ek daar kom bly. Kan nie sy eie ding doen nie.
Hoekom het hulle nie in al die sport soorte ń wit span en ń swart span nie? Hulle weet hulle gaan verloor!

Johannes van Rooyen ·

Dis net jammerdat agv die ANC regering se kwota beleid dat alle gekleurde sportmanne en vrou nou as kwotaspelers gebrandmerk word ongeag hoe goed hulle is en of hulle op meriete daar sou kon kom of nie en dit deur politici wat geen gevoel vir sport het nie DIS BITTER SLEG VIR DAARDIE MENSE

RH ·

Ek is al so moeg vir die “transformasie” woord wat EINTLIK NET RASISTIES is! Vat en sit net wie jul wil waar! My spanne is laaaaankal nie meer my span nie! Dis nou die regeering se span! ek voel niks meer vir sport en wat dit beteken nie! My kinders sal land uit gaan speel en daar naam vir hulle maak en die geld wat hulle gaan verdien sal nie n dooie sent na die land toe ooit kom nie! Alles is swart. elke advertensie ook. So bly ek het tv op gegee en alles wat daar op is wat Suid afrikaanse programme wys. Ek ondersteun Afrikaans op ander websites & sorg my geld gaan na DIE regte plekke toe! Stel nie belang in enige iets wat rasisties is nie.

John ·

Die lig aan die einde van die tonnel? Dis waar die tonnel eindig, nie begin nie. En met Eskom as ons ligdraer, is dit ‘n swart lig. Boem!

PJC ·

As ek kyk hoe in sy peetjie die meeste van ons sportsoorte is dan is dit duidelik dat transformasie wel werk.

Oom Kalahari ·

Die ou Transformasie woord is ‘n sieklike en afdwingbare proses om vertrapping en uitskakeling te bewerkstellig. Sport is al lankal verswak en gedoem en ek stem saam met RH hierbo. Ons wereld stand het al so verswak en daar is ‘n paar sportmanne/vroue wat nog valse hoop koester maar hul tyd mors. Gaan liewer buiteland toe en vind jul suksesvolle heil daar.

Sus ·

In ag geneem dat ongeveer 350 Suid Afrikaners in die buiteland rugby van hoogstaande gehalte speel, beteken die minister se uitlatings niks!! Sporttransformasie is ‘n dooie vandusie.

Vryheid ·

Transformasie is net n ander woord vir kry sonder om dit te verdien.

Siek en sat ·

Wat n breindood stelling om te maak. SA sport was nog nooit so swak soos nou nie. Hou aan droom. Gelukkig kyk ons net gholf want daar is jy goed genoeg om SELF te sorg om die ‘cut’ te maak. Niemand word met gholf ingehelp nie. Hiep hiep hoeraaaaaaa.

Johan ·

Wie worry nog oor sport, dit klink so 1990’s…. eerstens kan niemand amper bekostig om sport te kyk nie, tweedens is daar eintlik te veel sport, derdens neuk afgedwingde transformasie alle “credibility” van enige van die spanne op, en mens sien dit aan die resultate. Nee Suid Afrikaners en Afrikaners het groter bekommernisse as sport.

Ruby ·

As ek sport kyk verwag ek die bestes van die beste was gekies, ongeag kleur.

Die feit dat bogenoemde nie die geval is nie sal ek en my familie nie meer die stadions besoek nie want dit is ‘n klug.

Ek spandeer nie my geld op ‘n politiek gedrewe marionette speletjie nie.

Gertryda ·

Hoekom vertel sy ons…. weet dit mos lankal…..diskrimineerd teenoor blankes
Sokker nou ja sê liewer niks
Sport is n klug deesdae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.